• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Laerskool Swartland Primary 2 2010

laerskool-swartland

Ons leerders-gerat vir die toekoms. Our learners-geared for the future

Die jaar het goed weggespring en die leerders gaan van krag tot krag.

Ek glo en vertrou dat die leerders goed aangepas het en dat hul die beste gebruik gaan maak van elke geleentheid wat op hul pad kom.

Opvoeding in sy totaliteit is seker die belangrikste taak waarmee u as ouers en ons as onderwysers elke dag besig is. Watter wonderlike taak is dit nie? Ek sien die Graad 1’tjies in die gange en op die speelgrond met hul kinderlike blydskap-ek sien hoe vinnig hul in selfstandige leerders van Laerskool Swartland ontwikkel en dit vul my met trots,   blydskap en veral dankbaarheid.

 

Dit gebeur periodiek dat ons bo en behalwe die nuusbriewe ook aan u   inligtingsvorms uitstuur. Dit is gewoonlik maatskappye wat ‘n sagteware program aan die skool skenk ens. As die skool die inligting uitstuur, beteken dit nie noodwendig dat ons dit aanbeveel, voorskryf of ondersteun nie. Indien u in enige van hierdie produkte belangstel kan u self met die betrokke maatskappye skakel.

We sometimes  send out information brochures from certain companies. This doesn’t necessarily mean that we support or prescribe the product. We are doing this because these companies  sponsor us with softwear etc. If you are interested in these products, you can contact the specific company directly.

Prosedures en kriteria by Prestige-funksies 

Daar was navraag gewees  i.v.m die prosedures en kriteria wat deur die skool toegepas word met die verkiesing van die Leer-  lingraad en die bepaling van die sportman en –vrou. Die beleid van die skool in hierdie verband is taamlik lywig. Ek sal nie vir u die volle beleid kan deurgee nie, maar ek nooi u uit om enige tyd met die koördinerende onder-    wysers te skakel. Mnr. D. Malan vir die Leerlingraad navrae en Mej. E. Marais vir Prestige-navrae.

Daar is niks geheim of klandistien aan die proses verbonde nie. Nadat die Leerlingraad verkies is, is die proses nie gesluit nie. Enige Graad 7-leerder wat deur die jaar onder my aandag gebring word, a.g.v. leierseienskappe,  kan ook ‘n prefek gemaak word deur sy of haar werk en voorbeeld.

I have received enquiries about the procedures and criteria that are applicable at our Prestige function, inter alia the prefect election  and the selection of the sportman of the year. The policy in this regard consists out of a lot of paper, but any parent can feel free to come and make an appointment with the responsible teachers namely Mr D. Malan for the prefects and Me E. Marais for the Prestige function. There is nothing clandestine involved in the whole process.

Any Grade 7-learner can be elected as a prefect through the year as a result of their work, attitude and leadership ability. The process is not closed.

Klerebank / Wardrobe 
Die volgende tye sal vir 2010 van toepassing wees:
Dinsdag: 10:00-11:00
Woensdag: 10:00-12:00
Donderdag: 12:00-14:00
The following times are applicable for 2010:
Tuesdays: 10:00-11:00
Wednesdays: 10:00-12:00
Thursdays: 12:00-14:00

Mev. Mariaan Malan is verkies tot  die Boland A Tweekampspan . Baie geluk!

Leerderprestasies  /  Learner achievements

Tweekamp
Carla le Roux en Jana le Roux is  vir die Bolandspan gekies.

Toutrek
Milandre Janse van Rensburg is die jongste deelnemer in die Stewel afdeling wat baie goed gevaar het  by die West Cliff byeenkoms.

Swem
Die volgende leerders het baie goed presteer tydens die Barracuda Swemgala op 16 Januarie: Micke Smit, Wilhelm Dürr, Van der Bijl Blake, Berdine Dürr, Heike du Plessis en Renelda Scholtz. Laasgenoemde het onder andere 4 goue medaljes verower.

Van der Bijl Blake (1x goud;1 x silwer) en Micke Smit (1 x silwer; 2 x brons) het deelgeneem aan die WP Jack Curry Kampioenskappe.

I would like to make a special mention to all our teachers and parents and especially our sponsors, who worked behind the scenes to make the swimming gala a great success.

Congratulations to Renelda (4), Heike  (1) and Berdine (1) who improved some of the records.

Jeugskou
Toeloe Basson is genooi om aan die Jeugskou op Worcester deel te neem. Baie geluk!

Atletiek / Athletics

Baie geluk aan die Blou  span wat hierdie jaar die Kleurebyeenkoms en  die    sangbeker gewen het. Die mooiste was egter die groot aantal leerders wat deelgeneem het en die leerders se gedrag en sportmangees.

Congratulations to the  Blue team who won the athletics and  song cup. What have been  particularly pleasing was the behaviour and participation of our learners! Thank you to the PTA and parents who supported this special event.

Neem kennis. Take notice

Ons is dringend op soek na aflospersoneel (onderwysers) en persone wat kan help met die bestuur van busse. Indien u belang stel kan u, u besonderhede by Mnr. J. Paterson ingee om op die aflos lys geplaas te word. Die busbestuurders moet in besit wees van ‘n openbare bestuurspermit en ‘n kode 10 lisensie.

We are urgently on the lookout for substitute teachers as well as bus drivers. If you  wish  to help us please  hand in your information at Mr. Paterson’s office. The bus drivers must be in the possession of a RDP and a code 10 licence..

Hieronder verskyn die statistiek van die ouervraelys wat verlede jaar uitgestuur was . Baie dankie vir die positiewe terugvoering en onder-steuning.

Underneath are the results of the  parent questionaire we sent out last year. Thank you for the positive   feedback and support.

Indien u sou belangstel om aansoek te doen vir”My School” kaart, kan u ‘n aansoekvorm by die kantoor afhaal.

If you are interested in applying for a “My School” card, application forms are available at the office.

OUERVRAELYS 2009

Vraag   5          4          3          2          1          GK

1          231       91         26         0          1          7

2          268       63         15         0          0          5

3          279       61         14         0          0          6

4          254       69         26         5          3          1

5          247       72         25         5          1          5

6          219       83         31         3          4          10

7          216       86         32         7          2          10

8          184       89         51         7          6          5

9          259       77         21         4          1          2

10         228       82         38         2          1          2

11         252       68         8          1          1          1

12         248       73         23         3          3          3

13         190       99         42         6          4          12

14         238       83         26         3          3          4

 DATUMS / DATES

 Vrydag, 5 Februarie

Atletiek-Swartland 

Saturday, 6 February

Athletics-Swartland

Woensdag, 10 Februarie

Swemgala

Vrydag, 12 Februarie

OOV Valentynsdans

Friday, 12 February

PTA Valentine’s Dance

Dinsdag, 16 Februarie

Skadu van die Berg Atletiek-Gim

Saturday, 20 February

West-Boland Athletics

Donderdag, 25 Februarie

Atletiek-Panorama (Gr.1-3)

Saturday, 27 February

Boland Athletics (Dal Josafat)

Donderdag, 4 Maart

Mini-krieket-Gim

Saterdag, 6 Maart

Wes-Kaap Atletiek (Dal Josafat) en Mini-krieket (Panorama) Vrydag, 12 Maart

0/13 Rugbytoernooi-Eikestad

0/13 Netbaltoernooi-Paarl  
Meisieskool

Friday, Saturday and Sunday, 12 to 14 March:  Féte and Family Weekend

Vrydag, Saterdag en Sondag,

12 tot 14 Maart: Kermis en Gesinsnaweek.

Saterdag, 20 Maart

SA Atletiek te Oos-Londen

Vrydag, 26 Maart

Skool sluit om 10:30

Friday, 26 March

School closes at 10:30

26 tot 31 Maart

0/13 Rugby te Marlow

You are here: News Schools Laerskool Swartland Primary 2 2010