• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Laerskool Swartland Primary 10 2009

laerskool-swartland

Die einde van die skooljaar /The end of the school year
Geagte Ouers/Dear Parents
In U lig sien ons die lig, daarom was dit ons tema vir die jaar 2009. LSS staan in die brandpunt van ‘n veel eisende tydperk in ons land se geskiedenis. Terwyl ekonomiese, morele, sosiale en negatiewe beriggewing in die pers ‘n donker prentjie skilder , staan ons skool as Ligdraer vir die toekoms, soos ‘n baken van lig uit bo hierdie omstandighede en bewys ons daagliks dat probleme omskep kan word in geleenthede.

Ons leerders het puik op akademiese, sport en kultuurgebiede presteer. Met die 2009 AMESA finaal het ons leerders puik presteer! Met die pare was Swartland van Graad 4 tot 7 in die eerste posisie. Die Flinkdinkspan het verskeie projekte aangepak waarvan die mees suksesvolle die Spelmaraton was, wat  R 103 000 opgelewer het.

Great enjoyment was again displayed  by the performance of our players on the academic, sport and cultural fields. What has been particularly pleasing is the behaviour, pride and dedication with which most of our teams uphold the name of our school. 47 Provincial caps have been awarded to our players. If you look at these achievements,  you will notice that they have excelled at the highest level.

Baie dankie vir alles wat vanaf u kant vir die leerders en die skool gedoen is hierdie jaar. U was ‘n mede beeldbouer en ondersteuner van u kind se opvoeding! Mag u as gesin hierdie Kersvakansie saam geniet en mag u die vreugde van ‘n ware Christusfees ervaar. Ons wens aan u ’n voorspoedige 2010 toe!

Thank you for your contribution in making this a successful year for your child. You have supported us in the education process. May this coming holiday be a family holiday and may you experience the love of Christ during the Festive Season. We wish you a prosperous  2010!

Graad 7’s / Grade 7’s

‘n Spesiale groetwoord gaan aan ons Graad 7-leerders! Baie dankie vir julle bydrae op akademiese, sport en kultuurgebiede en vir die mooi voorbeeld wat julle gestel het. Voorspoed vir volgende jaar!

Special greetings go to our Grade 7 learners who have contributed to our school academically, in sport and culture. We will never forget you and we will follow your career in the high school with interest.

Personeel

Die skool groet die volgende onderwyseres en sportadministrateur wat vir baie jare gewaardeerde werk vir ons skool en leerders verrig het:

Mev. Petro Knoetzen was vir 26 jaar aan hierdie skool verbonde waarvan 15 jaar as Departementshoof, Grondslagfase. Sy het deur haar werk en voorbeeld diep spore in hierdie skool getrap en baie jong leerders se lewens aangeraak.

Mnr. Carel van der Merwe was vir 12 jaar aan ons skool verbonde as Sportadministrateur en onderwyser. Hy het deur sy werk, lojaliteit en positiewe gesindheid ‘n besondere bydrae tot die skoollewe gelewer.

Mev. Heidi Myburgh, wat vir 10 jaar die Sonskynklas uitgebou het tot ’n voorbeeld van wat met inklusiewe onderwys bedoel word! Ons wil haar bedank vir dit wat sy in ons skool vermag het, deur haar werk en voorbeeld.

Ons groet hierdie drie baanbrekers van ons skool  met waardering en wens hulle voorspoed  toe op hul pad vorentoe.

Die kunstenaar verdwyn maar sy werk bly voortbestaan!

Mev. Sandra Snyman sal in die Sonskynklas voortgaan en Mev. Ingrid Burger sal die Senior klas behartig.

Mrs. Karin van Zyl has been appointed by the SGB as Head of Department Foundation Phase, the position Mrs. Knoetzen held for 15 years. She will be responsible for the English Grade 1-class.

Mnre. Dirk van Niekerk (Graad 7) en Stephan Elsbury (Graad 5) is deur die BL benoem.

Ons harte gaan uit na Mev. Garetha Hamman en gesin met die heengaan van haar moeder.

LEERDERPRESTASIES / LEARNER ACHIEVEMENTS

 Baie geluk aan die volgende leerders wat op die Leerlingraad vir 2010 verkies is:

Hoofseun: Marius Nell

Wernich Baumgarten, Chris Erasmus, Geo Erasmus, Austin Fortuin,  Melvin Garisch,  Arno Huisamen, Leon Kotze, Marnus Steenkamp, Craig Strahlendorf.

Hoofdogter: Lida Kotzé

Kristin Barnard, Anya Botha, Deoné Burger, Tanya Myburgh, Stasha Pretorius, Mieke Relihan, Renelda Scholtz, Marina Smuts, Annelize Steyn, Elaine Steyn, Elzaan Steyn, Tiana Strydom en René von Abo. 

Congratulations to the following learners who have been selected to the Scholar Patrol for 2010:

Christelle Binneman, Gaynor Cupido, Tienie Kotze,  Shannen Larey, Mekayla Barnard, Simoné Karsten, Tashé Spence Helen Truter, Marilé van Waardhuizen, Dané van Niekerk, Zhaunder Amerika, Zander Bain, Brandon Campher, Franco Coetzee, Johan Roux, Pieter Kotze, Luan de Gruchy, Wynand Hofmeyr, Michael Lambrechts, Juan Louw, Monrey Phillips, Nicol Smit, Jaco Wiese, Nikki Coetzee, Wessel de Kock, Stefan Erasmus,  Kobus la Grange, Renier Roestof, Shane Scholtz, Michael Williams, Tristan Steyn, Alvin Schoeman,  Ezra Geldenhuys, Tyrone Mulder and Robin Domingo.

Baie geluk aan die volgende Snoepwinkelassistente vir 2010:

Melissa Bergh,  Jorine Bester, Andries Burger, Surine Cotter, Lize Engelbrecht, Nicole Joseph, Franke Keyser, Kelsey-Leigh Kraak, Phirlynn Lategan, Roza-Leigh Pekeur, Chrizanne Versfeld, Alicia Visser, Aisha Parker, Nadine Don en Elvina Swarts. 

Baie geluk aan Jan-Hendrik Basson wat in die Boland Laerskole Krieketgroep opgeneem is!

Voortrekkers

 Die Voortrekkers is ‘n jeug kultuurorganisasie, wat hulle daarop toespits om die Afrikanerkultuur aan die jeug oor te dra, gegrond op drie bene nl. Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Daar word sterk gefokus op die ontwikkeling van leierskap onder die jeug. Dit word bereik deur middel van kampe, waar leerders blootgestel word om in spanverband te funksioneer soos byvoorbeeld nagmarse, vlotvaarte, oorlewingskampe, aksiedae en spesialiseringskampe.

 Malmesbury Voortrekkers het vanjaar hul 71 ste bestaansjaar gevier. Plaaslik is hul aktief in die gemeenskap met projekte wat aangepak word vir die verligting van behoeftes in die gemeenskap, sodat die jeug ook bewus kan word van die nood wat sommige ondervind.

Die Voortrekkers is ook ‘n tuiste vir die hele gesin, daarom word u uitgenooi  om betrokke te raak. Aktiwiteite begin weer op Woensdag, 20 Januarie om 17:30. Die terrein is geleë agter die sportgronde van die HSS.

Indien u meer inligting verlang, kontak gerus vir Jan en Helene Nel by 022-4872172 of 0834555299.

Belangrike inligting / Important information

Die skool heropen vir die leer ders op  Woensdag, 13 Januarie 2010 om 07:15

The school re-opens for the learners on Wednesday, 13 January 2010 at 07:15.

Die “Klerekas” sal oop wees op Vrydag, 8 Januarie vanaf 10:00 tot 11:00 asook op Maandag en Dinsdag, 11 en 12 Januarie   vanaf 10:00 tot 12:00.

The “Klerekas” will be open on Friday, 8 January from 10:00 to 11:00 as well as on Monday and Tuesday, 11 and 12 January from 10:00 to 12:00.

The headmaster will be in the office from Wednesday, 6 January between 09:00 and 12:00.

The school fees for 2010 will be R4 000 per learner per year.

Die skoolfonds vir 2010 beloop R4 000 per leerder wat oor 10 maande betaal kan word. Ons bring dit net weer onder u aandag dat slegs   leerders wat hul naaste skool bywoon, in aanmerking kan kom vir aansoek om verlaging/ vrystelling van die skoolfonds. Indien u voor of op 28 Februarie 2010 die volle bedrag betaal kry u R200 afslag.

If you pay before 28 February 2010 you will receive a R200 discount.

U moet asseblief die leerders se klere en besittings baie duidelik merk.

Please clearly mark your child’s school clothes and belongings .

DATUMS / DATES

Woensdag, 13 Januarie

Skool open om 07:15

Wednesday, 13 January

School opens at 07:15

Donderdag, 28 Januarie
Interkleure Atletiek

Friday, 29 January

Inter-house Athletics

Tuesday, 2 February

Inter-house Swimming Gala

Dinsdag, 2 Februarie

Interkleure Swemgala

Donderdag, 4 Februarie

Atletiek-Mikro

Thursday, 4 February

Athletics-Mikro

Vrydag, 5 Februarie

Atletiek-Swartland

Saturday, 6 February

Athletics-Swartland

Woensdag, 10 Februarie

Foto’s en Swemgala 

Vrydag, 12 Februarie

OOV Valentynsdans

Friday, 12 February

PTA Valentine’s Dance

Dinsdag, 16 Februarie

Skadu van die Berg Atletiek-Gim

Saturday, 20 February

West-Boland Athletics

Donderdag, 25 Februarie

Atletiek-Panorama (Gr.1-3)

Saturday, 27 February

Boland Athletics (Dal Josafat)

Donderdag, 4 Maart

Mini-krieket-Gim

Saterdag, 6 Maart

Wes-Kaap Atletiek (Dal Josafat) en Mini-krieket (Panorama)Vrydag, 12 Maart

0/13 Rugbytoernooi-Eikestad

0/13 Netbaltoernooi-Paarl  
        Meisieskool

Friday, Saturday and Sunday, 12 to 14 March:  Féte and Family Weekend

Vrydag, Saterdag en Sondag,

12 tot 14 Maart: Kermis en Gesinsnaweek.

Saterdag, 20 Maart

SA Atletiek te Oos-Londen

Vrydag, 26 Maart

Skool sluit om 10:30

Friday, 26 March

School closes at 10:30

26 tot 31 Maart

0/13 Rugby te Marlow

You are here: News Schools Laerskool Swartland Primary 10 2009