• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 7 Mei 2010

hoerskool-swartland
Uit die Hoof se kantoor
Rockies vir Christus saamtrek Vrydae
Daar is ‘n behoefte by ons leerders om ‘n Christelike aktiwiteit tydens skoolure by die skool te hê.  Die CSV gaan normaal voort op ‘n Donderdagaand soos dit altyd was.

Vrydae het ons net een lang pouse waartydens ons sprekers en/of sangers kry om met die kinders te praat.  Die sprekers word vooraf deur die verantwoordelike persoon met oorlegpleging met myself en die jeugwerker gereël.

Die afgelope paar weke het ons groot getalle leerders gehad wat na ‘n wye verskeidenheid sprekers en sangers geluister het en hulle het dit terdeë geniet.  Ons wil dit graag onder u aandag bring dat die doel van hierdie interkerklike aktiwiteit is om die Christelike waardes by die skool vas te lê en uit te brei.

Ons vestig u aandag daarop dat mev P van der Westhuijzen van ons finansieskantoor, sowel as mnr D Marais op 12 Mei ‘n finansieskursus sal bywoon en dus nie by die skool sal wees nie.  Hierdie 2 kantore sal dus vir die dag gesluit wees.

GROETNIS

DJ MARAIS

Finansies

Ons het weer ‘n paar direkte inbetalings ontvang wat geen verwysing het nie, daarom kan ons dit nie aan ‘n leerder se rekening allokkeer nie.  Kyk asseblief of u hierdie onderstaande inbetalings herken en laat weet vir mev P van der Westhuijzen by ons finanskantoor :

- Op 26/04         Kontantdeposito       Malmesbury              R    50.00

- Op 28/04         Kontantdeposito       Vredenburg               R1600.00

- Op 04/05         Kontantdeposito       Malmesbury              R  200.00

- Op 05/05         Kontantdeposito       Vredenburg               R    45.00

Ons wil u vriendelik versoek om tog u inbetalingsbewyse aan ons te faks by 022-482 1177.  Dan is dit net makliker om u inbetalings op die bankstaat te identifiseer.  Baie dankie vir u samewerking!

Voorligting

Daar is beurse beskikbaar vir graad 12 leerders vir Besigheid / Ingenieurswese en Wetenskap (medies uitgesluit) by die volgende universiteite :

Universiteit Pretoria, Johannesburg, Witwatersrand, Rhodes, Nelson Mandela Metropolitan en Kaapstad.

Verpligte vak : 60% plus in Wiskunde in graad 11 en slaag graad 11 met 70% of meer.

Sluitingsdatum : 31 Mei 2010.  Meer inligting hieroor by juf C Greeff.

INTERESSANTE PITKOS!

Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

Your parenting toolkit”

Wisdom for the week.....

I’ve learned...that money doesn’t buy class or happiness.

I’ve learned...that it’s those small daily happenings that make life so spectacular.

I’ve learned...that under everyone’s hard shell is someone who wants to be appreciated and loved.

I’ve learned...that to ignore the facts does not change the facts.

I’ve learned...that when you plan to get even with someone, you are only letting that person continue hurt you.

I’ve learned....that love, not time, heals all wounds.

I’ve learned...that the easiest way for me to grow as a person is to surround myself with people smarter than I am.

I’ve learned...that everyone you meet deserves to be greeted with a smile.

(to be continued)

Groepfoto’s

Ons skool se groepfoto’s is op Vrydag 7 Mei geneem.  Leerders kan foto’s by hul registeronderwysers bestel.  Let asb daarop dat die betaling die bestelling moet vergesel.

-           Gewone foto :                                     R25

-           Vergroting :                                         R45

-           Eerste span foto’s met name :            R55

-           Matriekfoto met name :                      R60

Die sperdatum vir bestellings is 14 Mei.

Sportuitslae

Rugby

 

HSS

Schoonspruit

HSS

Milnerton

O/14B

 

 

44

0

O/14A

24

0

44

0

O/15B

 

 

13

17

O/15A

26

24

36

3

O/16B

 

 

70

0

O/16A

55

5

83

0

O/19C

17

5

66

0

O/19B

10

17

34

18

O/19A

20

9

42

17

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Netbal

O/14B vs Drostdy O/14A wen 13-2

O/19D wen 17-6

O/16B wen ook goed teen Drostdy O/16A en ons O/19B wen ook goed teen Drostdy O/19A

Leerderprestasies

Netbal

Baie geluk aan die volgende speelsters wat vir die Wes-Bolandspan gekies is :

O/14 : Marzanne de Beer, Chané Erasmus, Suzaan Nel

O/15 : Kelly Lombard

O/16 : Helena le Roux, Esté Nel, Diané van Wyk

O/17 : Chanique Langenhoven, Dirkjé Stoffberg

O/18 : Helani Blom, Andria Pieters, Jacobi Sadie, Jolene Slabbert

Tydens die Bolandproewe op Saterdag 1 Mei is die volgende speelsters tot die Top 30 groep verkies :  Marzanne de Beer, Esté Nel, Dirkjé Stoffberg, Helani Blom, Andria Pieters en Jolene Slabbert.  Hulle speel op 7 Mei in die finale proewe.  Baie geluk en sterkte aan hierdie leerders!

Toutrek

Tydens die O/23 SA Interklubbyeenkoms op 24 April het Quinten Carelse, Ruben Liebenberg en Sanele Mthembu brons medaljes verower.  Baie geluk julle ouens!

HOËRSKOOL SWARTLAND

JAGTERSGESINSAAND

saam met HERMAN JONKER en ander kenners om die kampvuur!

Vrydag 28 Mei ’10

Tyd :     18:30 vir 19:00

Koste : R60 per persoon

(volwassenes & kinders)

Spyskaart :

- Tradisionele potjiekosgeregte

(vars en stomend uit die pot!)

- Interessante broodtafel

KINDERS OOK WELKOM.

MOET DIT BESLIS NIE MISLOOP NIE!!

Kaartjies by HS Swartland beskikbaar – skakel 022-482 1469

Hokkie fondsinsameling

Ons vra dat u as ouers en ondersteuners asseblief ons hokkie six-a-side op Woensdag 12 Mei van 16:30 – 20:30 op ons skool se boonste hokkieveld sal kom ondersteun.

Mev Louise Coetzee het baie moeite gedoen om hierdie geleentheid te laat realiseer en ons hokkiespelers wat ingeskryf het is reeds vuur en vlam oor hierdie geleentheid.  Dit beloof om ‘n opwindende aktiwiteit te wees!

REVUE NUUS!

Oefening : ALMAL oefen Woensdag 12 Mei van 15:00 – 18:30

Alle kabaretlede (seuns en dogters) moet asb. teen Woensdag 12 Mei ‘n wit langmouhemp bring sodat dit swart gekleur kan word.  ‘n Ou groterige skoolhemp is ideaal.  Bring ook solank elkeen ‘n hanger met jou naam op.

Onthou : Merk jou hemp duidelik in die kraag met jou volle naam en van. 

Baie dankie aan mev Felicity Meiring wat skaakspelers vervoer het toe ons dit nodig gehad het.  U ondersteuning en gewilligheid word regtig waardeer!

WEEKPROGRAM

Maandag 10 Mei (Dag 2)

Erekleuretoekenning in saal

Geen kooroefening vandag, maar wel weer op Maandag 17 Mei om 14:00

Dinsdag 11 Mei (Dag 3)

Direkteur van Onderwys, mnr Beukes, kom besoek die skool 07:30

Woensdag 12 Mei (Dag 4)

Detensie : 14:00 – 16:00

Hokkie ses aan ‘n kant (six-a-side) vanaf 16:30

OLOK bestuur vergader om 18:30 in konferensiekamer

Rugby vs New Orleans vanaf 14:30 (tuis)

Kabaret deelnemers oefen 15:00 – 18:30

Donderdag 13 Mei (Dag 5)

Beheerligg. Subkom. Bemarking en beeld vergader om 18:00

Vrydag 14 Mei (Dag 6)

Uitnaweek

Saterdag 15 Mei

Uitnaweek

Hokkie vs Parel Vallei (weg)

Maandag 17 Mei

Eksamen begin gr 8 – 12

OOV bestuur vergader om 18:00

EKSAMENROOSTER VIR DIE EERSTE PAAR DAE

 

Graad 8

Graad 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Ma 17/05

Sosiale wet.

Engels 2

Engels 2

Afrikaans 2

Lew wet. 1

Ekonomie

Geografie 1

CAT teorie

Di 18/05

Wiskunde

Tegnologie

Wiskunde & Wisk. Geletterdheid

Lew wet. 1, Ekonomie

Geografie 1, CAT teorie

Lewens-oriëntering

Wo 19/05

Kuns & Kultuur

Afrikaans 1

Verbruikerstudie teorie

Rekeningkunde

Landbouwetenskap

Ingenieurs 1 & 2

IT

GP Wiskunde

Afrikaans 2

Do 20/05

Afrikaans 1

Wiskunde 1

Afrikaans 1

Fis wet. 1;Geskiedenis; Besigheidstudies

Wiskunde & Wisk Gelett.1

Vr 21/05

Engels 2

Natuurwet.

Lew. Wet; Ekonomie; Geografie 1; CAT teorie

Verbruikerstudie teorie

Landbouwetenskap

Rekeningkunde

Ingenieurs 1 & 2

Engels 2

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:30 – 14:30

Woensdag : 09:30 – 14:30

Vrydag :       09:30 – 14:30

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 7 Mei 2010