• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 5 Maart 2010

hoerskool-swartland

 Uit die hoof se kantoor - INTERESSANTE PITKOS! - Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

 

Your parenting toolkit”

Happy Homes = Happy Communities = Happy Nation!

“Every father should remember that one day his son will follow his example instead of his advice. The personal example you set will do more to convince someone than all the eloquent speeches in the world.  When you expect your children to demonstrate a certain type of behaviour, ask yourself if your behaviour exemplifies what you expect of them. You can preach a better sermon with your life than with your lips.” (word vervolg)

2.  Gespreksaand vir matrieks

 Die NG Kerk Swartland Noord beplan ‘n gespreksaand vir alle matrieks op Sondag 14 Maart om 18:30.  Die onderwerp is ‘saambly buite die huwelik’.  Ds George Prinsloo is verantwoordelik vir die reëlings en nooi ons matrieks en ouers wat belangstel vriendelik uit na hierdie geleentheid.

3.   Wêreldkennis Olimpiade

Ons jaarlikse Wêreldkennis Olimpiade vind plaas op Donderdag 22 April vanaf 14:00 tot 15:15.  Die inskrywingsfooi is R15 en die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Maart.  Navrae kan gerig word aan die organiseerder by die skool, mej I du Preez.

4.   Hokkie inligtingsaand

U word uitgenooi na ‘n hokkie inligtingsaand op Maandag 8 Maart om 19:00 in die OLOK-saal (Sportsentrum).  Die beplanning van die hokkie seisoen sal bespreek word byvoorbeeld afrigtingsklinieke, fondsinsamelings, ens.  U sal ook die afrigters kan ontmoet wat u kind sal afrig.  Kom luister na die interessante seisoen wat beplan word en word betrokke by die sukses daarvan.  U kan ook na afloop van die verrigtinge ‘n ligte versnapering en tee of koffie geniet.  Ons organiseerders is mnr George Sabbagha en mev Louise Coetzee.  Kontak asseblief vir Louise by 083 662 8186 of 022-482 1839 indien u beplan om dit by te woon.

5.   Finansies

Baie dankie aan al ons ouers wat sommer vroeg in die jaar al getrou hul maandelikse bydrae betaal het.  U het onlangs ons departementele kontrole-vorm ingevul waarop u self moes aandui hoe u verkies om die skoolfonds te betaal.  Ouers wat die “kwartaallikse” opsie gekies het, moet onthou, wanneer u per kwartaal betaal, moet dit binne die eerste twee weke van die kwartaal geskied.  Ons kan ongelukkig nie tot aan die einde van die kwartaal vir u bydrae wag nie, want dan moes ons reeds drie keer salarisse en munisipale rekeninge betaal het.  Help ons asseblief in hierdie opsig.

U kan ons ook help deur die kind se naam en van OF die leerdernommer korrek as verwysings te plaas.  Leerdernommers werk as volg : alle graad 8’s begin met 214..., vir graad 9’s sal dit 213... wees, vir graad 10’s sal dit D212...wees, vir graad 11’s D211...en vir graad 12’s sal dit D210... wees.   Hierdie nommer staan net bokant u kind se naam op die rekening. Moet asseblief nie die letters en syfers aan die linkerkant van die rekening gebruik nie – dit is ‘n lukrake kode wat die rekenaar gebruik en dui nie u spesifieke kind aan nie. Ouers met leerders wat inwoners van die koshuise is, moet ook onthou dat die leerder ‘n rekeningnommer vir die skool, en ‘n aparte rekeningnommer vir die koshuis het.

Skakel gerus vir mev Van der Westhuijzen indien u enige probleme het om die rekening te verstaan.  Onthou ook dat die rekening wat u ontvang het, na die Januarie rekonsiliasie gedruk is en dus nie enige direkte deposito’s van Februarie weerspieël nie.

6.   Sportuitslae

Toutrek

Saterdag 27 Februarie op HSS se bane:

Afdeling

Span

Posisie

480 kg seuns

Swartland A

5de plek

480 kg dogters

(net een span)

4de plek

520 kg seuns

Swartland A

Swartland B

Swartland C

5de plek

3de plek

5de plek

520 kg dogters

(net een span)

3de plek

560 kg seuns

Swartland A

Swartland B

Swartland C

6de plek

4de plek

6de plek

600 kg seuns

Swartland A

Swartland B

Swartland C

6de plek

3de plek

5de plek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Altesaam 70 spanne van 8 skole het deelgeneem.  ‘n Totaal van ongeveer 560 leerders.  Komende naweek vind die Boland en WP kampioenskappe te Jan Kriel skool plaas.  Daar sal die Boland en WP spanne gekies word wat aan die SA’s sal gaan deelneem van 18-20 Maart.

Gholf

Swartland vs Hopefield op Langebaan : Ons A en B spanne het gewen.  Joubert Spies het die beste gevaar met 20 punte.

Swartland vs Vredenburg : Ons A en B spanne het gewen.

Swartland vs Schoonspruit : Ons A-span wen met 91 punte teenoor 31 en ons B-span wen met 23 punte teenoor 5.  Nicolaih Burger het die beste gevaar met 28 punte.

Tennis

Ons seuns het ‘n tweede liga wedstryd op 26 Februarie teen HS Velddrif gespeel.  Benco Kemp, Joubert Spies en Alno Carstens het elk hul wedstryde met 11-2 gewen en Johannes le Roux, met 7-6.  HSS wen dus toe algeheel met 15 punte teenoor 3.

7.   Leerderprestasies

Oudleerder prestasie

Lucinda Burger (matriek 2009) is onder die Top 5 kandidate vir die Mej Varsity Cup (“rugby meisie”) van die Maties verkies.  Baie geluk, Lucinda.  Is daar nog prestasies onder ons oudleerders?  Laat ons gerus weet.

Gholf

Alwyn Zaayman, lid van Malmesbury Gholfklub, is gekies om die Boland O/14 span te verteenwoordig by die Fish River Sun Toernooi waar Boland teen WP, OP, Grens, Suid-Kaap en Vrystaat gaan meeding.  Die toernooi vind plaas vanaf 19-21 Maart vanjaar.  Boonop is sy pa, Alwyn senior gekies as die amptelike spanbestuurder van dié betrokke span.  Baie geluk aan pa en seun met hierdie besondere prestasie!

Joubert Spies het op 28 Februarie op Robertson in die Robertson Junior Ope gespeel.  Hy het ‘n baie goeie rondte van 75 (3 oor baansyfer) gespeel en ‘n 3de plek behaal.  Goed gedoen, Joubert!

Tweekamp

Ons plaas weer hierdie nuus, maar meer volledig hierdie keer :  Die Boland tweekamp kampioenskappe het op 24 Februarie in die Paarl plaasgevind.  Die uitslae was soos volg :

Bennie Fourie (O/17) – 1ste plek, Daniël Malan – 5de plek

Heleen Malan (O/17) – 1ste plek

Annereen Malan (O/15) – 4de plek, Aneen van Staden – 11de plek.

Bennie, Heleen en Annereen is in die Bolandspan opgeneem wat op 3 April aan die SA kampioenskappe in Bloemfontein sal gaan deelneem.  Baie geluk aan hierdie atlete met puik uitslae.

Atletiek

Tydens die Boland atletiekbyeenkoms te Dal Josafat in die Paarl op 27 Februarie het die volgende leerders 1ste, 2de en 3de plekke behaal :

Naam

Ouderdomsgroep

Item

Plek

Heleen Malan

Dogters O/19

800m

1ste

 

 

3000m hindernis

2de

 

 

Driesprong

2de

Marichen Groenewald

Dogters O/19

Diskus

3de

Pieter-Steph du Toit

Seuns O/19

Diskus

3de

 

Gewigstoot

1ste

Alrico Retief

Seuns O/19

Gewigstoot

2de

John-William Dürr

Seuns O/19

110m hekkies

2de

 

(400m hekkies)

(4de)

Marco van Huyssteen

Seuns O/17

Hoogspring

3de

Duncan Matthews

Seuns O/17

Verspring

1ste

 

400m hekkies

2de

Lorenzo Adams

Seuns O/17

400m

1ste

 

200m

3de

Bennie Fourie

Seuns O/17

3000m hindernis

2de

 

 

3000m

2de

 

 

1500m

2de

Nadia van Staden

Dogters O/15

Hoogspring

2de

Annereen Malan

Dogters O/15

800m

3de

 

1500m

3de

Rally Fredericks

Seuns O/15

400m

2de

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kyle Leukes het ‘n vierde plek in die 100m behaal en het toe ook, saam met hierdie leerders, gekwalifiseer vir die Bolandspan.  Hulle neem op 12 en 13 Maart aan die Wes-Kaap kampioenskappe te Dal Josaphat deel.

Perdry

Marazelle de Villers, graad 8, het die volgende uithouritte suksesvol voltooi en sertifikate daarvoor ontvang:

-       05/09/2009 : 81 km – Agter Paarl

-       13/02/2010 : 80.8 km – Worcester

-       27/02/2010 : 80 km – Saldanha

Tussendeur hierdie uithouritte het sy ook ‘n paar 30km en 60km ritte voltooi.  Die volgende vind plaas teen einde Maart en April.  Baie geluk, Marazelle, ons sien uit na die volgende goeie nuus!

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:00 -  14:00

Woensdag : 09:00 – 14:00

Vrydag :       09:00 – 14:00

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

Nuwe weeklikse tydskrif binnekort op die dorp met die naam “Vars geslag”.

Regisseur : Lizette Smit

(073 445 2259 of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

Daar sal 2 x A4 bladsy toegestaan word aan leerdertalent. Bydraes soos gedigte, skryfwerk, sketse, ens. kan ingehandig word by mev De Klerk se kantoor by die skool of direk aan Lizette.

Meisies wat wil aansoek doen as voorbladnooi en nog onder 18 is, kan dit doen met skriftelike toestemming van ouers en afskrif van ID dokument. Volgende week meer detail of navrae direk by  mev De Klerk.

WEEKPROGRAM

Saterdag 6 Maart

Toutrek te Jan Kriel;  Swem SA skole

Krieket O/19A vs Charlie Hofmeyr (weg);

O/17A vs Paarl Vallei (tuis)

Netbal O/19A&B oefengroep kursus

Maandag 8 Maart (Dag 4)

Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00

in die skoolsaal

OOV bestuur vergader om 18:00

Hokkie inligtingsaand om 19:00 in OLOK-saal

Dinsdag 9 Maart (Dag 5)

-

Woensdag 10 Maart (Dag 6)

Detensie : 13:30 – 15:30

Donderdag 11 Maart (Dag 7)

-

Vrydag 12 Maart (Dag 8)

Skoolhoofdetensie

Saterdag 13 Maart

Rugby, netbal, hokkie vs Durbanville (tuis)

Atletiek : Wes-Kaap kampioenskappe

Sondag 14 Maart

Gespreksaand by NG kerk Swartland-Noord

om 18:30 (matriekleerders)

Maandag 15 Maart (Dag 1)

-

Toetsreeks rooster vir die volgende paar dae

 

Gr 8

Gr 9

Gr 10

Gr 11

Gr 12

Di 9/3

Dag 5

SW

Kuns en Kultuur

Geskiedenis

Siviele Tegnologie

Wiskunde

Wisk Geletterdheid

Landbouwetenskap

Ingenieursgrafika

Do 11/3

Dag 7

EBW

Engels

Wiskunde

Wisk Geletterdheid

Rekeningkunde

Verbruikerstudie

Fisiese wetenskap

Besigheidstudies

Geskiedenis

Siviele Tegnologie

Di 16/3

Dag 2

Wiskunde

Tegnologie

Lewenswetenskap

Ekonomie

CAT Teorie

Drama

GP Wiskunde

Geografie

CAT Prakties

Wo 24/3

Dag 7

Afrikaans

Vraestel 3

Afrikaans

Vraestel 3

Afrikaans

Vraestel 3

Afrikaans

Vraestel 3

Afrikaans

Vraestel 3

Hierdie nuusbrief bevat baie belangrike inligting vir elke huisgesin.  Neem dit huis toe – moenie weggooi sonder om te lees nie.  Asseblief! Dis baie moeite om dit saam te stel.

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 5 Maart 2010