• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 5 Feb 2010

hoerskool-swartland
Uit die hoof se kantoor

BEHEERLIGGAAM

Kennis geskied hiermee dat ‘n vergadering vir die nominasie van kandidate

vir die verkiesing van ouers as lede van die beheerliggaam vir Hoërskool Swartland, op 25 Februarie om 19:00 by die OLOK-saal (Sportsentrum) gehou sal word.  Daar sal om 19:15 op die aand van die nominasie- en verkiesingsvergadering bepaal word of ‘n kworum stemgeregtigde ouers teenwoordig is.  Ouers word versoek om voor 19:15 teenwoordig te wees.

‘n Kandidaat kan ook genomineer word deur ‘n nominasievorm, behoorlik voltooi deur die voorsteller, sekondant en kandidaat, nie meer nie as sewe dae, en nie minder as 24 uur voor die aanvang van bogenoemde vergadering by die kiesbeampte in te dien. Nominasies sal vir hierdie doel vanaf 18 Februarie tot 24 Februarie by die Hoërskool aanvaar word.  Nominasievorms is by die skoolhoof verkrygbaar.  Indien meer kandidate genomineer word as die getal lede wat verkies moet word, sal daar onmiddellik tot stemming oorgegaan word.

Mnr H Weideman sal as kiesbeampte by die geleentheid optree.

Akademie : Engels

On Monday 8 February 35 of our learners are going to Maynardville to enjoy “Antony and Cleopatra”.  We depart at 17:45 from the school and will return at approximately 24:00 (midnight).  The bus will stop at Huis van Zyl.  Mrs M Kreuiter is in charge of this great opportunity for our learners.

Voorligting

Beroepsvoorligting graad 11 en 12 leerders :

Talle leerders is nog onseker watter beroepsrigting hul moet volg.  Die sentrum vir voornemende studente van die Universiteit van Stellenbosch in samewerking met mev. Pieterse, ‘n opvoedkundige sielkundige, besoek ons skool op 23 Februarie vanaf 14:00-16:00 om toetsing in die verband te doen.  Kostes is R750,00 per leerder.  Enige graad 11 en 12 leerder wat belangstel moet nul name vir mej. Greeff bring.  Terugvoering aan ouers word ook geskeduleer.

Besoek :

Die Universiteit van Stellenbosch kom besoek ons op 16 Maart om die graad 12 leerders toe te spreek in die saal vir een periode, direk na die formele toets periode.  Alle graad 12’s moet dan in die saal aanmeld.

Huisvesting vir uitruilstudent :

Indien u belangstel om as ‘n gasgesin op te tree vir ‘n uitruilstudent van Duitsland, sal ons dit waardeer indien u vir mejuffrou Greeff by die skool sal kontak by 022-482 1469 vir meer inligting.

4.   Skoolfonds

Ons doen weer ‘n beroep op u om ons te help om die onderstaande skoolfonds inbetalings te identifiseer sodat ons kan weet aan watter leerders se rekeninge dit ge-allokkeer moet word :

-       16/01 : Niel Swart R6 400

-       21/01 : School fees R3 200

-       04/02 : E Els & Fanc Foundation R6 400

Indien enige van hierdie inbetalings deur u gedoen is, wil ons vriendelik vra dat u mev P van der Westhuijzen by ons finansieskantoor by die skool sal skakel.

5.  Herwinningsprojek - herinnering

Ons het reeds begin met ‘n groot herwinningsprojek as fondsinsamelingspoging.   Om mee te begin, wil ons eers soveel as moontlik papier bymekaar kry.  Dit sluit in : koerante, tydskrifte, boeke, kantoorpapier, u kind se ou skryfboeke, ens.  Die dames wat aan die stuur van hierdie projek staan het ‘n volledige voorlegging gedoen en dit lyk of dit haalbaar is.  Die projek sal later uitgebrei word na ander soorte materiaal, maar ons sal u weer later hieroor inlig.

U kan die ou papier skool toe stuur.  Die versamelpunt sal vir eers die kelder, aan die linkerkant van die seunstrappe wees.  Ons vra u ondersteuning met hierdie projek omdat ons besef dit sal bietjie moeite verg.  Byvoorbaat baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

Sportuitslae

Krieket

O/19A vs New Orleons op Saterdag 30 Januarie :  New Orleons kolf eerste en word uitgehaal vir 79 lopies na 20 boulbeurte.  Ons beste bouler was Jan Prinsloo met 5 paaltjies vir 26 lopies in 10 beurte.  Swartland behaal die vereiste 80 lopies na 22 beurte met 3 paaltjies plat.  Ons beste kolwer was John-William Dürr met 33 lopies.  Swartland wen dus met 7 paaltjies.

O/17 vs Strand :  Strand kolf eerste en teken 158 lopies aan.  Swartland antwoord met 79 lopies en verloor dus met 79 lopies.

Toutrek

Aangesien toutrek ‘n nuwe skolesport van 2010 is, is ons baie trots op hulle uitslae van die afgelope 2 byeenkomste.  Ons het al ‘n volwaardige meisiespan ook.  Hulle het baie goed gevaar in die byeenkomste by West Cliff en Paarl.   Die meisies het al ‘n vierde plek behaal en die 520A seunspan het ‘n tweede plek gedeel met Drostdy en die Paarl.  As daar nog leerders is wat wil toutrek, is hulle baie welkom om aan te sluit.  Ons eerste toutrek byeenkoms by Swartland sal gehou word op 27 Februarie 2010.

Leerderprestasies

Swem

Na afloop van die WP Jack Currie swemkampioenskappe het ons die volgende uitslae ontvang :

Zandré van Heerden :          1 X Goud (200 IM aflos); 2 X Brons (100 Free en 50 Fly)

Zanie Scholtz :                       1 X Brons (200 Free aflos)

Na afloop van die Boland swemgala wat op Saterdag 30 Januarie plaasgevind het, het ons die volgende uitslae ontvang :

Karla Smit :                              400m vryslag 2de ; 200m wisselslag 3de ; 100m rugslag 3de plek

Deandi van der Vyver :        50m vlinderslag 3de plek

Jessika Steyn :                       50m vlinderslag 1ste; 50m vryslag 1ste; 200m vryslag 1ste; 100m vryslag 1ste plek

Christiaan du Plessis :         50m vryslag 1ste; 200m vryslag 1ste; 100m vryslag 1ste plek

Baie geluk aan ons swemmers wat so pragtig presteer het!

Pluimbal

Andries Malan het aan die Suid Gauteng O/19 Ope Pluimbalkampioenskappe deelgeneem en hom baie goed van sy taak gekwyt.  Met die seuns dubbels het hy en sy dubbelsmaat van Suid Gauteng die derde plek behaal.  Hy het in die finaal van die seuns enkels verloor en het die Gemengde dubbels, saam met Jennie van den Berg van Noordwes Provinsie gewen.  Die afrigting wat hulle by die Universiteit van Pretoria se “High Performance Centre” gekry het was egter van hoogstaande gehalte en baie professioneel.  Andries het die toernooi en oefenkamp baie geniet en geweldig baie geleer.

Ons het sopas verneem dat Andries gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Junior Kampioenskappe wat van 16 tot 25 April vanjaar in Mexico gehou sal word.  Wat ‘n pragtige prestasie!  Baie geluk Andries!

Landbou jeugskou

Op 28 Januarie het ‘n klompie skole o.a. Boland Landbou, Augsburg, Clanwilliam en Worcester Gim aan die Landbou Jeugskou te Worcester deelgeneem en ons leerders het die volgende plekke in die melkbok-afdeling behaal :

Junior afdeling :  Rossouw Koen 4de plek

Senior afdeling : Tertius Koen 5de plek; Bianca Cahill 4de plek; Desni Mostert 3de plek; Alethia Matthysen 2de plek.  Baie geluk met jul prestasies.  Ons wens julle voorspoed toe met die volgende rondte wat in die tweede kwartaal sal plaasvind.

Toetsreeks rooster vir die eerste 2 dae

 

Gr 8

Gr 9

Gr 10

Gr 11

Gr 12

Do 11/2

Dag 3

NAW taak

NAW

Afrikaans

Afrikaans

Lewenswetenskap

Ekonomie; CAT teorie

Di 16/2

Dag 6

NAW

NAW taak

Drama

GP Wiskunde

Landbouwetenskap

Ingenieursgrafika

Afrikaans

 

WEEKPROGRAM

Maandag 8 Februarie (Dag 8)

Erekleuretoekenning in die saal

Gr 11 beroepsuitstalling (periodes 3 en 4)

Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00 in die skoolsaal

Interskole gholf (tuis)

Dinsdag 9 Februarie (Dag 1)

Atletiek Interskole (tuis)

Woensdag 10 Februarie (Dag 2)

Detensie : 13:30 – 15:30

Interskole swem (weg)

OLOK funksie vir gr 8 ouers 19:00 in OLOK- saal

Donderdag 11 Februarie (Dag 3)

Toetsreeks begin graad 8 - 12

Interskole tennis (tuis)

Beheerligg. Subkom. Bemarking en Beeld vergader om 18:00

Vrydag 12 Februarie (Dag 4)

Tennis vs Dirkie Uys 1ste en 2de D & 2de S (tuis)

Interskole krieket O/15A (tuis)

Saterdag 13 Februarie

Interskole krieket O/19A (tuis) en O/17 (weg)

Toutrek te Worcester

Atletiek : Swartlandsone (tuis)

Swem : Wes-Kaap te Bellville

Valentynsbal om 19:00

Maandag 15 Februarie (Dag 5)

Gr 10 oueraand om 19:00

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 5 Feb 2010