• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 30 Apr 2010

hoerskool-swartland

Uit die hoof se kantoor

Baie van ons mense voel dalk soms soos hieronder beskryf word.  Ek gee graag vir u hierdie skrywe as ‘n woord van bemoediging.

U HARDLOOP MOS SAAM MET MY

Dit is oggend, Here Jesus,

En my eerste gedagte wanneer ek wakker word,

is nie noodwendig dat ek vir U wil dankie sê

vir ‘n rustige, veilige nag nie.

Om eerlik te wees –

Al waaraan ek dink, is : Ek móét opstaan,

badkamer toe gaan, ‘n happie eet, oefen, en dan gaan werk.

Maar ek wil liewer terugklim in die bed,

‘n kussing op my kop sit, en verder slaap.

Want dit gaan nie net oor die vroegoggend-oefening nie, Here.

U weet dat die hele res van my dag

ook net ‘n gehardloop, ‘n gejaag, ‘n altyd-vinniger-en-beter-geskarrel is.

Ek is so moeg, Here.  Ek wil tot rus kom.

Waarheen hardloop ek?  En waarom?

Ag, Here, natuurlik is daar nie ‘n maklike antwoord nie...

En natuurlik kan ek nie sommer stop en die baan verlaat nie.

Vandag lyk die wêreld mos maar oral só.

Ek kan dit nie sommer eiehandig verander nie :

Ek moet tog werk...

En daar is vir ons wat wel werk het, te min hande vir te veel take.

En daarby moet ek tog ook oefen om fiks te bly

Om my beste te kan gee.

Nou ja, daar is dus nie die opsie van sommer weer in die bed klim nie.

Maar dankie dat ek met U kon praat oor so ‘n doodgewone ding.

Dankie vir die perspektief wat U my altyd gee wanneer ek dinge voor U uitpraat.

En dankie dat U my weer ‘n sprankie sin gee in dié dolle gejaag.

Hier gaan ek dan nou maar weer, Here.

Hou my bewus van U, wat deur die dag se gehardloop by my bly, want Here, U hardloop mos saam met my!

(My liewe vriend, kom ons kyk dat ons genoeg tyd met ons God spandeer – as dit nie vir Hom was nie, sou ons nie eers vanmôre ons kop van die kussing kon lig nie.)

GROETNIS

DJ MARAIS

INTERESSANTE PITKOS!

Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

Your parenting toolkit”

Wisdom for the week.....

I’ve learned...that the best classroom in the world is at the feet of an elderly person.

I’ve learned...that when you’re in love, it shows.

I’ve learned...that just one person saying to me, ‘You’ve made my day’, makes my day.

I’ve learned...that having a child fall asleep in your arms is one of the most peaceful feelings in the world.

I’ve learned...that being kind is more important than being right.

I’ve learned....that you should never say no to a gift from a child.

I’ve learned...that I can always pray for someone when I don’t have the strength to help him.

I’ve learned...that sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand.

I’ve learned...that simple walks with my father around the block on summer nights when I was a child did wonders for me as an adult.

I’ve learned...that life is like a roll of toilet paper. The closer it gets to the end, the faster it goes.

(to be continued)

Onthou asseblief :

Vanaf Maandag 3 Mei - Winterskooldrag

Groepfoto’s

Ons skool se groepfoto’s word op Vrydag 7 Mei geneem.  Leerders het self die verantwoordelikheid om te sorg dat hulle die regte sportklere saambring.  Indien enige twyfel bestaan, vra asseblief vooraf vir die afrigters wat die kleredrag behels.  Hier is die pryse van die foto’s :

-           Gewone foto :                                       R25

-           Vergroting :                                           R45

-           Eerste span foto’s met name :            R55

-           Matriekfoto met name :                        R60

Die sperdatum vir bestellings en betalings is 14 Mei.  Let daarop dat die betaling die bestelling moet vergesel.

Sportuitslae

Rugby


HSS

HTS Drostdy

O/14B

0

36

O/14A

5

19

O/15B

0

64

O/15A

12

24

O/16B

0

20

O/16A

0

24

O/19D

0

37

O/19C

0

10

O/19B

12

31

O/19A

3

17

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

REVUE NUUS!

Oefentye vir die week :

Individue soos afgespreek oefen Maandag in saaltyd EN moet afsprake maak met mev M Kreuiter om apart te oefen.

Junie-vakansie : Almal oefen met kostuums die week van 5 – 9 Julie.

Leerderprestasies

Terugvoering van gholftoernooi

Tien van ons gholfspelers het die voorreg gehad om aan ‘n gholftoer na George te gaan.  Hulle het oor drie dae by asemrowende bane gespeel.  Fancourt – Outeniqua, Kingswood en Mosselbaai gholfbaan, waar Springbokke so tussen die spelers in troppe beweeg.

Die weer was idilies en die uitsig ongelooflik mooi.  Die spelers het die toer vreeslik geniet.  Die wenners van die toer was as volg :

Eerste : Chris Steyn; Tweede : Joubert Spies;  Derde : Alwyn Zaayman

Baie dankie aan Christoff en Corlia Spies vir die reëlings en verblyf, dit was puik.  Dankie aan Alwyn Zaayman senior vir die puntebepalings en pryse uitdeel.  Dankie aan Ters, Alwyn, Christoff en Neels vir die vervoer, en al die ouers wat pryse geborg en op een of ander wyse betrokke was.  Ons waardeer elkeen se aandeel opreg.

Dankie!

B DE BEER

Atletiek

Lorenzo Adams is opgeneem in die SA Skolespan wat tydens die naweek van 24/25 April aan die COSSASA-byeenkoms te Botswana deelgeneem het.  Hy het puik presteer deur ‘n eerste plek te verower in die 400m en die 4 X 400m.   Mnr B du Plessis was die Algemene bestuurder van die span.  Baie geluk met hierdie besondere prestasies!

Pluimbal terugvoering

Andries Malan het die afgelope twee weke in Mexiko aan die O/19 pluimbal Wêreldkampioenskappe deelgeneem.  Dit was vir hulle ‘n baie groot geleentheid, veral toe hulle hul groen Protea baadjies ontvang het!  Die reistyd na Mexiko en terug was baie lank.  Na Mexiko was dit 36 ure en terug 45 ure.  Soos hulle verwag het, was die kompetisie baie straf.  In die span afdeling het die span 23ste geëindig.  Andries het hier darem twee van sy gemengde dubbelwedstryde gewen.

In die individuele afdeling het al vier seuns hul eerste rondte wedstryde in die seuns enkels gewen.  Dit alleen is ‘n baie groot prestasie.  Andries het sy eerste wedstryd teen ‘n seun van Amerika gewen en het toe in die tweede rondte net-net verloor teen ‘n seun van Engeland.

In die gemengde dubbels het hy verloor teen ‘n span van Denemarke en in die seuns dubbels teen ‘n span van Nederland.  Hy het wel nie sleg verloor nie!  Hierdie lande se spelers neem maandeliks aan internasionale toernooie deel.  Baie geluk, Andries, dis voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!

Hokkie fondsinsameling

Ons hokkiespelers beplan ‘n six-a-side hokkie-aand op Woensdag 12 Mei van 16:30 – 20:30 op ons skool se die boonste hokkieveld.  Enige persoon is welkom om deel te neem.  Die kostes is R120 per span, m.a.w. R20 per speler.  Wat kleredrag aanbetref, hoef die spelers net te sorg dat hulle sover moontlik probeer om dieselfde te lyk! In verband met die reëls:

-       Spanne bestaan uit 6 spelers waarvan 3 spelers meisies en 3 spelers seuns is. Wedstryde word oor die breedte van die veld gespeel.  Die hokkiebal mag net gestoot word en nie geslaan word nie.  Elke span sal +-4 wedstryde speel wat versprei is tussen 17:00-20:00 en elke wedstryd sal 10 minute duur met ‘n 5 minute wisseltyd tussenin.  Lekker pryse te wen!

Inskrywings kan by Louise Coetzee gedoen word.  Haar kontaknommer is 083 662 8186 en sy is ook elke Dinsdag en Donderdag van 14:00-17:00 by die hokkievelde te sien.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Mei.  Ons wil graag op u staatmaak om ons te ondersteun.

WEEKPROGRAM

Saterdag 1 Mei

Werkersdag

Skaak : Wes-Boland proewe

Rugby en O/14 & O/16 seunshokkie vs Milnerton (tuis)

Program : Rugby                                                                                     Hokkie seuns A-veld:

 

A-veld

 

B-veld

 

C-veld

08:30

19C

08:30

14B

08:30

15A

09:45

16A

09:30

14A

09:45

19D

10:55

19B

10:30

15B

10:55

16B

12:05

19A

 

 

 

 

               09:00 O/14

               09:50 O/16

Maandag 3 Mei (Dag 6)

Alle leerders winterskooldrag

Kooroefening 14:00 – 15:30 Verpligtend vir almal!

Dinsdag 4 Mei (Dag 7)

Matriekafskeid vergadering om 17:30 vir alle graad 11 ouers - Personeelkamer

Beheerliggaam vergader om 18:00

Woensdag 5 Mei (Dag 8)

Detensie : 14:00 – 16:00

Rugby & netbal vs Schoonspruit (tuis)

Skoolhoofdevergadering te HS Smuts Malan

Skaak vs Paarl Gim en Labori – by Gimnasium

Donderdag 6 Mei (Dag 1)

Engels derde vraestel gr 10 – 12

Vrydag 7 Mei

Groepfoto’s hele oggend

Skoolhoofdetensie

Hokkie O/16 en O/18 dogters proewe te Stellenbosch

Saterdag 8 Mei

Rugby, hokkie, netbal vs De Kuilen (tuis)

Maandag 10 Mei (Dag 2)

Erekleuretoekenning in saal

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:30 – 14:30

Woensdag : 09:30 – 14:30

Vrydag :       09:30 – 14:30

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

Toegewyde Rockies wat hulself ‘n guns wil bewys, het nou al met hersiening begin.  Onthou, jy doen dit vir jouself.  Nie om jou ouers of onderwysers tevrede te stel nie!

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 30 Apr 2010