Ons wil begin met ‘n groot herwinningsprojek as fondsinsamelingspoging. Maar ons wil graag ons gemeenskap betrek in die sin dat ons herwinningsmateriaal wil versamel sover as wat ons
Dit sluit in : koerante, tydskrifte, boeke, kantoorpapier, u kind se ou skryfboeke, ens. U moet net vir ons help om alle krammetjies en plastiek te verwyder voordat u dit inhandig. Ons dink dis nou ‘n goeie tyd om hiermee te begin omdat baie mense oor die Kersvakansie groot skoonmaaksessies aanpak! Die dames wat aan die stuur van hierdie projek staan het hul huiswerk gedoen, ‘n volledige beplanning en voorlegging gedoen en dit lyk of dit haalbaar is. Die projek sal later uitgebrei word na ander soorte materiaal, maar ons sal u weer later hieroor inlig.
U
Baie dankie vir u geduld met die foto’s. Die groepfoto’s met die name by het gearriveer. Dit sal van Maandag af by die registeronderwysers beskikbaar wees om afgehaal te word.
3. Klerebank
Tye wat die klerebank oop is tot die einde van die jaar :
Tot Woensdag 9 Desember - Maandae, Woensdae en Vrydae : 09:00 - 13:30
Vrydag 11 Desember : 08:30 – 11:00
Ons vestig u aandag daarop dat geen klere meer op krediet geneem mag word nie. Klere verkope sal voortaan op ‘n ‘betaal by ontvangs’ stelsel bedryf word. Alle uitstaande skuld vir die klerebank moet asseblief teen 30 November 2009 vereffen wees.
Alle ou en voornemende leerders mag nou al (in 2009) klere aankoop vir 2010 – dit vergemaklik die druk op ons klerebank aan die begin van die nuwe jaar.
4. Handboeke
Inhandiging van departementele boeke
Leerders moet asseblief departementele boeke as volg by hul registeronderwysers inhandig :
Gr 8 : Vrydag 4 Desember : Wiskunde boeke, en alle ander departementele boeke wat nog uitstaande is.
Gr 9 : Moes alreeds alle departementele boeke ingehandig het – stuur asseblief voor 4 Desember skool toe indien daar nog enige uitstaande is.
Gr 10 : Alle boeke terug op 1 Desember – meer detail oor tydgleuwe sal aan leerders gegee word.
Gr 11 : Alle boeke terug op 30 November - meer detail oor tydgleuwe sal aan leerders gegee word.
Tweedehandse handboeke
Ons plaas vir ‘n laaste keer hierdie versoek van ‘n ouer met ‘n tweeling. Ons het nog geen reaksie gekry nie en sy soek nog steeds die volgende graad 10 boeke om tweedehands te koop :
- English First additional language (2 boeke)
- Fisiese wetenskap (1 boek)
- Ingenieursgrafika en ontwerp (1 boek)
- Geografie (2 boeke)
- Lewensoriëntering (2 boeke)
- Verbruikerstudie (1 boek)
- Siviele Tegnologie (1 boek)
Indien u kan help, kan u mev D de Klerk by die skool skakel (022-482 1469).
5. LeerderprestasiesMusiek
Pauline Hardcastle het haar UNISA graad 2 teorie-eksamen met ‘n uitstekende 94% geslaag. Baie geluk, Pauline! Doen so voort!
Skaak
Philanie du Toit is gister 26 November deur Boland aangewys as Sportvrou van die Jaar vir Hoërskole Skaak. Sy het tydens dié glansgeleentheid in Stellenbosch se stadsaal ‘n medalje ontvang. Dis die derde agtereenvolgende jaar dat sy hierdie toekenning kry. Baie geluk, Philanie! Ons is trots op jou!
HULP AAN HUIS VAN IMHOFF
Baie, baie dankie aan die ouers wat gereageer het op ons versoek vir hulp met gordyne. Ons kon alreeds ‘n verskil maak en dit lyk pragtig.
Terwyl u die herwinning in gedagte het en besig is met skoonmaaksessies, wil ons ‘n verdere beroep op u doen om te kyk of u enige gordyne het wat u wil uitgooi. Mev Marlene Jooste by Huis van Imhoff is bereid om te knip en stik aan die opknapping indien nodig – selfs al is dit net een lengte – sy sal dit
6. Skoolfonds
Baie dankie vir die goeie reaksie en hulp wat ons van u kry rakende die inbetalings sonder verwysings. Ons het egter nog u hulp nodig met onderstaande inbetalings wat in ons skool se rekening gedoen is wat ons nie aan leerders se rekeninge kan allokeer nie weens die verwysing wat onduidelik is.
03/04 “School fees” R500
05/05 Kontant deposito Malmesbury R1000
01/07 Kontant deposito Malmesbury R500
30/07 Oorplasing vanaf kaart Sanbel R555
22/09 Kontant deposito Trade R Ma R1500
U is welkom om ook u kind se naam as ‘n verwysing te gebruik – ons het gevind dat dit soms makliker is. Skakel asseblief vir mev P van der Westhuijzen by die skool indien u van bogenoemde inbetalings herken en tot hulp
|
Datum |
Graad 8 |
Graad 9 |
Graad 10 |
Graad 11 |
|
30 November
|
Tegnologie |
- |
Geografie 2 / Lewenswetenskap 2 |
Wiskunde & Wisk Geletterdheid 2 |
|
1 Desember |
- |
- |
Engels 2 |
Verbruikerstudie prakties |
|
2 Desember |
Sosiale wetenskappe |
- |
Besigheidstudies / Siviele Tegnologie |
Geografie 2 / Lewenswetenskap 2 |
|
3 Desember |
- |
- |
IT Teorie |
Wiskunde 3
|
|
4 Desember |
Wiskunde 2 |
- |
Dramatiese kunste |
Dramatiese kunste
|
WAT SKRYF ONS MATRIEKS?
30/11 : 09:00 – 11:30 Landbouwetenskap 1
14:00 – 16:30 Engels 3
01/12 : 09:00 – 11:30 Landbouwetenskap 2
02/12 : 09:00 – 12:00 Ingenieursgrafika en ontwerp 1
03/12 : 09:00 – 11:00 Wiskunde 3
04/12 : 09:00 – 12:00 Ingenieursgrafika en ontwerp 2
WEEKPROGRAM
Die aktiwiteite is nog steeds redelik beperk!
Maandag 30 NovemberPersoneelvergadering 13:00
Dinsdag 1 Desember
Woensdag 2 DesemberBeheerliggaam Finansiële komitee vergader om 17:15
Donderdag 3 Desember
Vrydag 4 DesemberSKOOLFONDS VIR 2009
R 5 550,00 eenmalig
OF
R 555 x 10 maande
Hoërskool Swartland
ABSA Malmesbury
Tak 334-307
Rekeningnommer 0380 390124
Verwysing : Leerdernaam & rek. no.
Let wel : Die sluitingsdatum vir skoolfonds, koshuislosies en busgeld vir 2009 betalings is : 30 November 2009.
Baie dankie aan getroue Rockies wat volhard tot die einde toe!



