U sou seker by u kind gehoor het dat ek ‘n kursus by die Onderwysdepartement
bygewoon het oor die toepassing van Artikel 8A in die Skolewet. Volgens dié wet word skoolhoofde en personeel bemagtig om leerders te deursoek vir dwelms en enige gevaarlike wapens. Skoolhoofde is ook opgelei om leerders te toets vir die gebruik van dwelms. Die meeste dwelms neem 28 dae om uit ‘n mens se sisteem te kom, en daarom het ek die leerders gewaarsku dat die eerste toetse vanaf 22 Maart 2010
Netbalbane :
U sal opmerk dat daar hard aan die netbalbane gewerk word. Ons beheerliggaam het gevoel dat dit nodig is om hierdie fasiliteite op te gradeer voor die winterseisoen in aanvang neem.
Orde tydens klasonderrig :
Ons ondervind dat daar leerders is wat besig is om nie gehoor te gee aan die versoek om stil te bly in klasse terwyl onderwysers klas gee nie. Die leerders wat hul skuldig maak om nie op te hou met praat as onderwysers praat nie, ontneem ander leerders van die geleentheid om onderrig te ontvang. Ons is nou genoodsaak om leerders wat hul hieraan skuldig maak uit die klasse te onttrek. As die tendens voortgaan sal daar baie strenger aksie geneem moet word. Die saak geniet my aandag. Ek versoek ouers om ons by te staan deur toe te sien dat u kind u nie onderbreek as u besig is met ‘n gesprek met iemand nie. Dit is baie frustrerend as dit met u in ‘n een tot een situasie gebeur – soveel te meer as dit met ‘n onderwyser gebeur waar daar by tye tot 38 kinders in ‘n klas is.
Afwesigheid :
Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat daar navraag gedoen gaan word as leerders langer as 3 dae aaneen afwesig is. Indien ‘n leerder enigsins ‘n toets mis, moet daar ‘n mediese sertifikaat by die leerder se terugkeer ingehandig word. Die gereelde bywoon van klasse, doen van tuiswerk en inhandiging van take bly vir ons van kardinale belang.
DANKIE!DJ MARAIS
SMS WebU het die afgelope week weer elkeen ‘n SMS van die skool ontvang (een van die ouers). Ons gebruik hierdie fasiliteit om u in kennis te stel van baie belangrike gebeure by die skool, asook om u in te lig as u kind op detensie geplaas is, of enige ander inligting rakende u kind wat van belang mag wees. Indien u nie op die sisteem is nie, of onseker is, vra ons u vriendelik dat u mev D de Klerk by die skool sal skakel vir regstellings of enige navrae.
Sportuitslae
Krieket
O/19A vs Paul Roos op Woensdag 17 Februarie (Pro 20 wedstryd) :
Paul Roos kolf eerste en teken 102 vir 9 aan in hul 20 boulbeurte. Ons beste boulers was Chris Steyn met 3 paaltjies vir 29 lopies, Erhardt Muth met 3 paaltjies vir 8 lopies en Jeremy van Wyk met 2 paaltjies vir 4 lopies. Swartland word uitgehaal vir 67 lopies na 19 boulbeurte en verloor dus met 36 lopies.
O/17 vs Curro Privaatskool :
Swartland kolf eerste en teken 87 lopies in 20 beurte aan met 5 kolwers uit. Ons beste kolwers was Werner van Wyk met 29 nie uit nie en Michael Garisch met 19. Curro antwoord met 91 in 19 beurte met 5 persone uit. Ons beste bouler was ook Werner van Wyk met 2 paaltjies vir 15 lopies. Curro wen met 5 paaltjies.
O/19A vs HTS Drostdy op 20 Februarie :
HTS kolf eerste en word uitgehaal vir 134 lopies. Ons beste boulers was Johan Zwiegelaar met 4 paaltjies vir 24 lopies en Chris Steyn met 3 paaltjies vir 38 lopies. Swartland teken 130 lopies aan. Ons beste kolwer was Erhardt Muth met 32 lopies. Swartland verloor met 4 lopies.
O/15 vs HTS Drostdy :
Drostdy kolf eerste en teken 171 lopies aan. Ons beste bouler was Ivan Louw met 6 paaltjies vir 22 in 6 beurte. Swartland teken 51 lopies aan en verloor dus die wedstryd.
Tennis
Teen Hoërskool Hopefield : Die eerste seuns wen 14–2. Roelof van Tonder en D’Niel Rossouw wen beide 6-0, 6-0; Graeme Cupido wen 6-0, 6-3. Ons wen ook beide die dubbels.
Die eerste dogters verloor 4-13. Elzaan Zwiegelaar wen haar enkelwedstryd en dubbels saam met Marzahn de Beer.
Teen HS Piketberg : Die eerste seuns wen 15-2. Roelof wen 6-1, 6-1; Graeme wen 6-1, 6-3, D’Niel Rossouw wen 6-2, 6-1. Ons wen ook beide die twee dubbelwedstryde.
Die eerste dogterspan verloor 2-14. Slegs Marzahn wen haar enkels 6-1, 6-2. Die tweede dogterspan wen 14-4. Elzaan Zwiegelaar, Magdel Spangenberg en Johanna Eksteen wen al drie hul enkels met 11 potte teen 2.
Die tweede seunspan wen 12-7. Benco Kemp en Joubert Spies het hul enkel- en dubbelwedstryde gewen.
Baie geluk aan die spanne wat 4 uit die 6 wedstryde gewen het
Toutrek
Uitslae na die byeenkoms te Goudini op 20 Februarie :
Seuns : 440kg gewig – Afdeling B – 5de plek
480kg gewig – Afdeling A – 4de plek
600kg gewig – Afdeling A – 2de plek en in die finaal, ‘n 4de plek!
Dogters : 520kg gewig – 6de plek
Baie geluk aan al die leerders wat so pragtig presteer. Dit is Saterdag 27 Februarie ons eerste plaaslike toutrekbyeenkoms. Ons wil graag alle Rockies, sowel as al ons getroue ondersteuners hartlik uitnooi om ons te kom ondersteun.
LeerderprestasiesAtletiek
Wes-Boland uitslae : Ons skool behaal die volgende medaljes :
Goud 25, Silwer 13, brons 9.
As gevolg van te min plek in ons nuusbrief,
Tweekamp
Bennie Fourie (O/17), Heleen Malan (O/17) en Annereen Malan (O/15) is tot die Boland Tweekampspan verkies wat op 3 April in
Krieket
Die volgende spelers is vir die Wes-Boland spanne verkies :
O/15 : Grant McCarthy; O/17 : Johan Zwiegelaar
O/19 : Erhardt Muth (as kaptein aangewys), Jan Prinsloo, Chris Steyn, Ethan Swartz en John-William Dürr. Baie geluk aan hierdie krieketspelers!
Sporttoekenning
By die 2009 Weskus Sporttoekennings geleentheid het Jolene Slabbert erkenning ontvang vir haar afgelope netbalprestasies, veral as kaptein van die O/19A span. Sy is ook gekies vir die Wes-Kaap se O/18A span. Baie geluk, Jolene!
Swemverslag
Interskole teen Hugenote :
Die volgende swemmers behaal 1ste plekke : Jessika Steyn, Annalet van Heerden, Christiaan du Plessis, Tiaan Petersen, Karla Smit, Lisa Geldenhuys, Niel Steyn, Zandré van Heerden, Deandi van de Vyver, Hanru du Plessis. Ons wen ook 6 aflosse, wat beteken dat HSS 26 van die 48 items gewen het. Die finale uitslag van die gala was :
Swartland : Dogters 322, seuns 292
Hugenote : Dogters 243, seuns 292
Totaal : Swartland 614 en Hugenote 536
Wes-Kaap proewe :
7 leerders het aan die proewe deelgeneem as lede van die Boland swemspan : Jessika Steyn, Christiaan du Plessis, Tiaan Petersen, Heleen Malan, Deandi van de Vyver, Annalet van Heerden en Karla Smit. Na afloop van die gala word Jessika, Christiaan en Tiaan opgeneem in die Wes-Kaapswemspan wat 5/6 Maart in Bloemfontein aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.
Seshoekige uitnodigingsgala te Paarl :
Swartland, Hugenote, Worcester Gim, Hermanus, Helderberg (Strand en HHH) en Robertson het hierdie jaar deelgeneem. Die volgende leerders het 1ste plekke behaal : Jessika Steyn, Niel van Zyl, Tiaan Petersen, Annalet van Heerden, Hanru du Plessis, Christiaan du Plessis en Deandi van de Vyver. Die top drie skole se uitslae is as volg :
|
|
Swartland |
Worcester Gim |
Hugenote |
|
Dogters |
296 |
310 |
148 |
|
Seuns |
276 |
226 |
177 |
|
Totaal |
572 |
536 |
325 |
Toetsreeks rooster vir die volgende paar dae
|
|
Gr 8 |
Gr 9 |
Gr 10 |
Gr 11 |
Gr 12 |
|
Di 2/3 Dag 8 |
Afrikaans |
LO |
Geografie CAT Prakties |
Fisiese wetenskap Besigheidstudies |
Engels Vraestel 2 |
|
Do 4/3 Dag 2 |
Kuns en Kultuur |
EBW |
Fisiese wetenskap Besigheidstudies |
Geografie CAT Teorie |
Drama GP Wiskunde |
|
Di 9/3 Dag 5 |
SW |
Kuns en Kultuur |
Geskiedenis Siviele Tegnologie |
Wiskunde Wisk Geletterdheid |
Landbouwetenskap Ingenieursgrafika |
WEEKPROGRAM
Saterdag 27 Februarie
Uitnaweek
Toutrek SA Kampioenskappe en tuiskompetisie (tuis)
Krieket streekwedstryde
Atletiek : Boland kampioenskappe te Dal Josaphat
Maandag 1 Maart (Dag 7)
Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00
in die skoolsaal
Gholf vs Schoonspruit
Dinsdag 2 Maart (Dag 8)
Beheerliggaam vergader om 18:00
Krieket O/19A vs Weston (tuis)
Woensdag 3 Maart (Dag 1)
Detensie : 13:30 – 15:30
Beheerligg. subkom. Finansies vergader om 18:00
Donderdag 4 Maart (Dag 2)
-
Vrydag 5 Maart (Dag 3)
Tennis vs Tulbagh 1ste en 2de S en 2de D
Netbal O/19A&B oefengroep kursus
Saterdag 6 Maart
Toutrek te Jan Kriel
Swem SA skole
Krieket O/19A vs Charlie Hofmeyr (weg);
O/17A vs Paarl Vallei (tuis)
Netbal O/19A&B oefengroep kursus
Maandag 8 Maart (Dag 4)
OOV bestuur vergader om 18:00



