• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 23 Apr 2010

hoerskool-swartland

Uit die hoof se kantoor

Gholftoer

Ons gholfspan vertrek vandag op ‘n toer na George.  Ons wil elkeen van ons spelers voorspoed toewens vir die geleentheid asook die afrigters en ouers hartlik bedank vir hul aandeel.

  Baie dankie dat julle dit vir ons kinders moontlik maak om so ‘n toer mee te maak.  Mag dit vir elkeen van u ‘n onvergeetlike en leersame toer wees!  Ons sien uit na die positiewe terugvoering op Woensdag 28 April.

Opedag

Ons wil alle voornemende HSS leerders, ouers en belangstellendes uitnooi na ons jaarlikse opedag op Woensdag 28 April.  Dit is een van die hoogtepunte op ons skoolkalender en u is welkom om dit saam met ons te kom geniet.  U sal genoeg tyd hê om vrae te vra en inskrywingsvorms sal beskikbaar wees.  Ons wil u vriendelik vra om hierdie boodskap aan voornemende leerders en hul ouers oor te dra.  Sien die detail oor die program van die dag elders in hierdie nuusbrief.

Ouerbetrokkenheid

Ons het verlede week ‘n briefie uitgestuur om te bepaal watter ouers betrokke kan raak by sekere funksies en sportgeleenthede.  Ek wil u aanmoedig om asseblief betrokke te raak, want sodoende sal u ook die onderwysers en ander ouers van ons skool beter leer ken.  Baie dankie vir almal wat reeds die afskeurstrokie voltooi en teruggestuur het.

Akademie

Die eksamenrooster is reeds aan die leerders uitgedeel en u sal sien dat ons ‘n druk program volg.  Motiveer nou al u kind om met hersiening te begin want daar gaan nie genoeg tyd wees om hersiening in die klas te doen nie.  Let asseblief nou al daarop dat ek geen kind toestemming mag gee om tuis te bly tydens die eksamen nie.  As u dit doen, doen u dit op u eie verantwoordelikheid.  Dankie vir u begrip.

Swartlandgroete

DJ MARAIS

ID-dokumente aansoeke

Die Departement van Binnelandse sake besoek ons skool op Woensdag 28 April om leerders wat nog nie oor identiteitsdokumente beskik nie, die kans te gee om daarvoor aansoek te doen.  Slegs leerders in graad 10, 11 en 12 (15 jaar en ouer) kwalifiseer hiervoor.  Indien ‘n leerder van hierdie kans gebruik wil maak, moet hy/sy 2 ID foto’s (swart en wit) asook ‘n afskrif van geboortesertifikaat saambring.

INTERESSANTE PITKOS!

Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

Your parenting toolkit”

Happy Homes = Happy Communities = Happy Nation!

“Courage is not absence of fear : Put your faith, and not your fears, in charge.  Courage isn’t the absence of fears but how you wrestle with them.  Discuss your fears with your partner and your family.  You are a team and you do not have to carry fears on your own.  Allow your family to help, even if it is just an listening ear.  Embrace the future :  If you’re busy hugging the past, you can’t embrace the future.  Don’t let the past kidnap your future.  Make a difference : Do what you can, but never forget that letting go is very different from giving up.  Of all the things you can make in life, remember you make all the difference in your life.  Tough times don’t require you to be tough on yourself. Find the courage to embrace happiness.”

Revue

Ons revue span is druk besig om te oefen aan hierdie grootse gebeurtenis op ons skoolkalender vanjaar.  Die optredes is op ons datumlys geskeduleer vir 20, 21 en 22 Julie.  Leerders en hul ouers moet asseblief let op die volgende belangrike oefentye.  Ons sal in elke nuusbrief die plan van aksie vir die komende week vir u deurgee.  Op Woensdag 28 April sal almal oefen.  Die solo-sangers van 14:45-15:15 en almal van 15:15-17:30.  Neem ook nou al kennis daarvan dat almal in die Junie-vakansie van 5-9 Julie elke dag vanaf 10:00 sal oefen.

Sportuitslae

Teen Worcester Gim op Saterdag 17 April asook netbal teen Tygerberg wat ons nog nie geplaas het nie :

Rugby                                                     Netbal

 

HSS

Worcester Gim

O/14B

3

31

O/14A

0

0

O/15A

0

8

O/16B

10

0

O/16A

15

18

O/19B

13

3

O/19A

30

11

 

HSS

Worcester Gim

HSS

Tyger-berg

O/14E

6

1

 

 

O/14D

13

2

2

8

O/14C

11

9

10

3

O/14B

11

6

13

11

O/14A

8

13

11

10

O/16F

 

 

5

9

O/16E

9

6

2

13

O/16D

9

14

5

20

O/16C

9

12

7

12

O/16B

8

18

10

6

O/16A

9

17

18

12

O/19E

17

6

19

5

O/19D

17

9

8

18

O/19C

13

24

8

25

O/19B

11

14

16

12

O/19A

27

15

21

21

Ons O/14A span het teen LS Swartland se O/13A span gespeel en 14-12 gewen.

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie

 

Dogters:

HSS

Worcester Gim

O/14A

1

5

O/16C

1

0

O/16B

0

0

O/16A

0

1

O/19C

0

1

O/19B

1

1

O/19A

0

2

Seuns:

 

 

O/16B

1

2

O/16A

1

2

O/18A

0

0

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leerderprestasies

Perdry

Marazelle de Villiers, een van ons graad 8 dogters, het op Saterdag 17 April aan die Wes-Kaap perdry uithourit (Western Cape Endurance) deelgeneem.  Sy het in hierdie 80 km rit 6de van die Junior ruiters geëindig.  Baie geluk, Marzanne!

Swem

Ons swemmers het deelgeneem aan die Level 2 swemkampioenskappe te Port Elizabeth van 19-22 Maart.  Hier is die uitslae :

Annelet van Heerder (13jr) : 50m vryslag goud; 100m vryslag goud; 200m vryslag brons; 100m vlinderslag silwer en aflosse – 2 goud en 1 silwer.

Karla Smit (13jr) : Aflosse – 2 goud en 1 silwer.

Deandi van de Vyver (14jr) : 100m vlinderslag brons; 100m vryslag brons; 50m vryslag brons; aflosse – 2 silwer.

Baie geluk aan hierdie swemmers met hul puik uitslae!

Hokkie fondsinsameling

Ons hokkiespelers beplan ‘n six-a-side hokkie-aand op Woensdag 12 Mei van 16:30 – 20:30 op ons skool se die boonste hokkieveld.  Enige persoon wat daarvan hou om lekker te lag en sport te beoefen is welkom om deel te neem.  Die kostes is R120 per span, m.a.w. R20 per speler.  Wat kleredrag aanbetref, hoef die spelers net te sorg dat hulle sover moontlik probeer om dieselfde te lyk! In verband met die reëls net die volgende :

-       Spanne bestaan uit 6 spelers waarvan 3 spelers meisies en 3 spelers seuns is. Wedstryde word oor die breedte van die veld gespeel.  Die hokkiebal mag net gestoot word en nie geslaan word nie.  Elke span sal +-4 wedstryde speel wat versprei is tussen 17:00-20:00 en elke wedstryd sal 10 minute duur met ‘n 5 minute wisseltyd tussenin.

Daar sal pryse oorhandig word aan die wenners, beste spangees, beste spandrag, beste voetwerk en tegniek.

Inskrywings kan by Louise Coetzee gedoen word.  Haar kontaknommer is 083 662 8186 en sy is ook elke Dinsdag en Donderdag van 14:00-17:00 by die hokkievelde te sien.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Mei.  Ons wil graag op u staatmaak om ons te ondersteun.

Wees op die uitkyk vir ons tweede hokkie nuusbriefie van vanjaar, “Overhead”, wat op 28 April sal verskyn.

Slegs R5 en beskikbaar by Gert, Zahn, Lize Nel, Heinrich en Andria.  Propvol tegnieke en ander interessante nuus!

WEEKPROGRAM

Maandag 26 April

Skoolvakansiedag

Dinsdag 27 April

Vryheidsdag

Woensdag 28 April (Dag 3)

Opedag

Aansoeke vir ID-dokumente

Koshuiskomitee vergader om 07:45

Detensie : 14:00 – 16:00

Skaak vs New Orleans en Noorder Paarl by Weltevrede

Beheerliggaam subkom. Finansies vergader om 18:00

OOV bestuur vergader om 18:00

OLOK bestuur vergader om 19:00

Donderdag 29 April (Dag 4)

-

Vrydag 30 April (Dag 5)

Saterdag 1 Mei

Werkersdag

Rugby en O/14 & O/16 seunshokkie vs Milnerton (tuis)

Skaak : Wes-Boland proewe

Maandag 3 Mei (Dag 6)

Graad 11 ouers : Onthou asb die volgende datum :

- Dinsdag 4 Mei om 17:30 – Matriekafskeidvergadering – volgende week meer detail.

Klerebanktye vir die week:

Woensdag : 09:30 – 14:30

Vrydag :       09:30 – 14:30

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 23 Apr 2010