• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 21 Jan 2010

01-hoerskool-swartland-graad8-kappies
01-hoerskool-swartland-graad8-kappies
01-hoerskool-swartland-graad8-ek-wil-man-he
01-hoerskool-swartland-graad8-army-manne
  • Prev
  • 1 of 4
  • Next

1.   Uit die hoof se kantoor

Interkleure-atletiek

Soos u reeds weet vind ons skool se Interkleure-atletiek

byeenkoms op die volgende tye plaas :

Donderdag 21 Januarie vanaf 15:00 tot ongeveer 20:00

Vrydag 22 Januarie vanaf 07:15 tot 13:30

Let asseblief daarop dat Vrydag, 22 Januarie ‘n verpligte skooldag is.  Leerders wat aan die atletiek deelneem moet in atletiekdrag geklee wees.  Leerders wat NIE deelneem NIE, mag in skoolklere of ons korrekte sport- of atletiekdrag geklee wees, maar leerders mag nie sonder rede afwesig wees nie.  Dit is ‘n belangrike gebeurtenis op ons skool se kalender wat deur elke leerder van ons skool bygewoon moet word.

Baie dankie byvoorbaat vir elke gewillige ouer wat bereid is om op die baan, sowel as by die Snoepie en in die kombuis behulpsaam te wees.  Sonder u hulp is ons hande afgekap en ons waardeer elkeen se kosbare tyd en opoffering.

Dankie vir u goeie samewerking om van hierdie twee dae ‘n sukses te maak.  Geniet die atletiek!

DJ MARAIS

SKOOLHOOF

2.  Voorligting

Neem asseblief kennis van vakveranderinge : Alle vakveranderinge vir gr 10 en 11 moet teen 28 Februarie gefinaliseer wees.  Vakveranderinge vir graad 12 word slegs in uitsonderlike gevalle toegelaat en die sluitingsdatum is 25 Januarie.  Enige navrae hieroor kan by juffrou Greeff by die skool gerig word.

3.  Skoolfonds

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam of rekeningnommer as u dit het.

Let wel:  Indien u voor 28 Februarie 2010 die volle skoolfonds vir die jaar wil betaal, betaal u slegs R6100,00 eenmalig.

Ons plaas weer hierdie berig omdat daar steeds baie navrae in hierdie verband was:

Die beheerliggaam het besluit om diegene wat nog nie verlede jaar se skoolfonds ten volle vereffen het nie, aan die prokureurs te oorhandig vir verdere invordering.  Dit beteken dat die skool nie 2009 se skoolfonds in 2010 mag ontvang nie.  Sulke gevalle moet direk aan die prokureurs rapporteer.  Dit is dus belangrik dat u vroegtydig begin om u kind se skoolfonds te betaal, want ons kan nie kwaliteit onderrig verskaf indien daar nie voldoende fondse beskikbaar is nie.  Moet liefs nie agterstallig raak met betalings nie, want dan raak die las al swaarder.

4.   Leerderprestasies

Tweekamp

Die volgende atlete is in die Bolandspan opgeneem :

Bennie Fourie, Heleen Malan, Daniël Malan, Annereen Malan en Aneen van Staden.  Hulle sal op 5 Februarie aan ‘n interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn deelneem.  Baie geluk met hierdie pragtige prestasie en baie sterkte vir die volgende byeenkoms.  Ons is werklik trots op julle!

Perdry

Alethia Matthysen het op 16 Januarie aan die ERASA uithourit byeenkoms te Riebeek-Kasteel deelgeneem.  Daar was 65 ruiters en sy het die 2de plek verower deurdat sy (en haar perd!) die 83km in 5 uur voltooi het.  Goed gedoen, Alethia.  Baie geluk!

WEEKPROGRAM

Maandag 25 Januarie (Dag 6)

Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00 in die skoolsaal

Graad 8 baadjieseremonie om 19:00 in die skoolsaal

Dinsdag 26 Januarie (Dag 7)

Beheerliggaam vergader om 18:00

Woensdag 27 Januarie (Dag 8)

Detensie : 13:30 – 15:30

Donderdag 28 Januarie (Dag 1)

Worcester Jeugskou

Vrydag 29 Januarie (Dag 2)

Tennis vs Hopefield 1ste seuns en dogters (tuis)

Saterdag 30 Januarie

Toutrek te Paarl

Swem Boland kampioenskappe (tuis)

Krieket O/19A vs New Orleans (tuis); O/17A vs Strand (weg)

Maandag 1 Februarie (Dag 3)

Graad 12 oueraand om 19:00

Graad 8’s se pret :

Lede van die kappie-kommando arriveer by die skool.

Lisa wag vir Orpa om te sing van “Mamma, ek wil ‘n man hê”, maar sy ken nie die liedjie nie!

Die Weermagmanne sneuwel –  en lag daaroor!

Dankie seniors – dit was vet pret!

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 21 Jan 2010