• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 20 Aug 2010

hoerskool-swartland
Uit die Hoof se kantoor
Interskole 2010
Ek wil graag al ons deelnemers en toeskouers byvoorbaat bedank vir hulle kosbare bydraes tot ons Interskole naweek.  Onthou, julle is ambassadeurs vir ons skool.  Laat almal se drag en gedrag onberispelik wees. Kom ons gaan leef dit wat ons elke Maandagoggend sê, met oorgawe uit : WORK HARD, PLAY HARD, PRAY HARD.  As ons dit gaan doen, sal dit goed gaan met ons as ‘n skool.

Ek wil ook graag ons ouers, oudleerders en ander toeskouers versoek om gehoor te gee aan die reëls ten opsigte van ondersteuning langs die velde.  Kom ons werk saam om hierdie ‘n onvergeetlike naweek te maak.  My gebed is dat die Here elke aktiwiteit wat sal plaasvind ryklik sal seën.

DJ MARAIS

Finansies

Ons is reeds verby die helfte van die skooljaar en die einde van die finansiële jaar kom vinnig nader.  ‘n Groot dankie aan baie ouers wat so gereeld hul verpligting teenoor die skool nakom betreffende skoolgeld.  Ons is op u bydrae aangewese om onder andere bestuursliggaamposte te betaal, uitdeelstukke te fotostateer, munisipale rekeninge te betaal, asook sportuitgawes.  Ons versoek daarom ouers wat om een of ander rede nagelaat het om te betaal, of agter geraak het, om asseblief die skool te skakel en reëlings te tref.  Die laaste datum van inbetaling is 30 November waarna alle uitstaande skoolgeld volgens die skolewet aan prokureurs oorhandig moet word.  Die skool wil hierdie laaste uitweg ten alle koste vermy

Ons het die afgelope week die Julie-rekeninge uitgestuur.  Gaan asseblief u rekening sorgvuldig na en skakel vir mev Van der Westhuijzen as u nie met die balans saamstem nie.  Hier is ‘n paar deposito’s soos hieronder wat nie geallokeer kon word nie en dus nie op u kind se rekening sal verskyn nie :

-       April :           R50 Kontantdeposito Malmesbury

-       Junie :         R1000 Kontantdeposito Riebeek-Wes

-       Julie :          R640 Kontantdeposito Wes Fleur

-       Julie :          R150 Kontantdeposito Malmesbury

Ons vra vriendelik dat u onthou om u kind se naam (bv. Jan Groentjie 8A) as verwysing by elke deposito te voeg.

Foto’s

Ons groepfoto’s sal volgende week aan leerders uitgegee word volgens bestellings wat ontvang is.  Let asseblief daarop dat bestellings vir KLASFOTO’S by die registeronderwysers gedoen moet word.  Dit beloop R25 elk en die bestelling moet vergesel word met die korrekte betalingsbedrag.  Die sluitingsdatum vir hierdie bestellings is Maandag 23 Augustus.

Graad 9 oueraand

Die graad 9 vakkeuse inligtingsaand vind plaas op 25 Augustus 2010 om 19:00 stiptelik in die skoolsaal.  By dié geleentheid word vakkeuse ondersteuning aangebied asook die bekendmaking van die resultate van die beroepsbelangstellings psigometriese toetse wat die graad 9 leerders tydens die Junie-eksamen geskryf het.  Die vakkeuse inligtingsaand is verpligtend vir alle graad 9 leerders, geklee in skooldrag, asook hul ouers.  U word versoek om asseblief ‘n pen saam te bring.  Dit is ‘n uiters belangrike oueraand vir ons graad 9 ouers.  Dankie vir u samewerking.

Leerderprestasies

Netbal

Jolene Slabbert en Andria Pieters, lede van ons O/19A netbalspan, is gekies vir die Wes-Kaap O/18 “Cedars” netbalspan wat aan die SA Skole nasionale kampioenskappe in Boksburg gaan deelneem het.  Daar het hulle met ‘n 1ste plek en goue medaljes as kampioene geseëvier.   Hulle het 9 wedstryde gespeel en gewen en dus die 2010 O/18 Nasionale kampioene geword.  Baie geluk aan hierdie twee dogters met ‘n besondere prestasie!

Atletiek

Na afloop van die 2010 Lotto SA 10km kampioenskappe op 14 Augustus, het ons die volgende puik uitslae om met u te deel :

Daar was bykans 900 atlete wat deelgeneem het!  Bennie en Heleen het vir Boland verteenwoordig by die byeenkoms.

 

Bennie Fourie Seuns17

Heleen Malan Dogters19

Posisie van junior atlete :

39ste

20ste

Posisie van Boland juniors :

5de

5de

Posisie van alle 16/17 jariges :

16de

9de

Posisie van Boland 16/17 jariges :

1ste

3de

Op dieselfde dag, die middag, het hulle weer saam met ander atlete deelgeneem aan die Boland Landloop kampioenskappe en hier is die uitslae :

Dogters 14 – 4km : Petro Bower 9de, Carla Bower 15de, Janke Calitz 19de.

Dogters 15 – 4km : Annereen Malan 2de.

Dogters 19 – 6km : Heleen Malan 2de

Seuns 16 – 6km   : Henfre Brand 27ste

Seuns 17 – 6km   : Bennie Fourie 2de

Seuns 19 – 6km   : Daniel Malan 9de, Helgard Moolman 12de.

Baie geluk aan ons atlete met hierdie pragtige uitslae.  Ons is saam met julle ouers trots op julle prestasies!

Pluimbal

Andries Malan het die naweek van 14 Augustus aan die KZN O/17 Ope Pluimbalkampioenskappe deelgeneem.  Hy het die seuns enkel, seuns dubbel en die gemengde dubbel titels verower.  Baie geluk met ‘n puik prestasie, Andries!  Ons is trots op jou.

Karate

Die volgende leerders het op 14 Augustus aan die SA Goju Ryu kampioenskappe deelgeneem en die volgende prestasies behaal :

-       Zanie Scholtz (Goud), Jessika Steyn (Goud) en Christiaan Gerber (Goud), is in die SA span opgeneem.

-       Chrislene Stassen (Brons) is in die Wes-Kaapspan opgeneem.

Hierdie leerders sal almal aan die Wêreld kampioenskappe op 30 Oktober deelneem.  Baie geluk en baie sterkte vir die volgende uitdaging!

Sportuitslae

Rugby :

14/08

HSS

Hermanus

O/14A

15

7

O/15B

41

0

O/15A

17

12

O/16A

34

5

O/19C

55

7

O/19B

15

15

O/19A

38

13

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Teen Curro Privaatskool : O/16B rugby wen 12 – 5

Netbal :

14/08

HSS

Hermanus

Bloemhof

O/14B

19

6

 

O/14A

20

9

 

O/16D

20

10

 

O/16C

12

20

 

O/16B

30

3

 

O/16A

21

9

 

O/19B

23

7

 

O/19A

36

11

 

O/19A

24

 

21

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie :

Dogters:

HSS

Hermanus

O/14A

2

1

O/16C

1

4

O/16B

2

0

O/16A

1

0

O/18B

0

1

O/18A

0

2

Seuns:

 

 

O/16B

1

0

O/16A

2

2

O/18B

1

1

O/18A

0

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie vir “Old Boys / Girls”

Daar word tans ‘n “Old Boys / Girls” hokkiewedstryd beplan vir 27 Augustus.  Ons oudleerders sal teen ons huidige hokkie eerstespanne ‘n wedstryd speel.  Die dames / meisies speel om 18:00 en die mans / seuns om 19:00.  Inskrywingsgeld beloop R50 per speler en daar is ‘n maaltyd hierby ingesluit.  Spelers word net versoek om hul eie drinkgoed te bring.

Toeskouers is natuurlik baie welkom!  Vir meer inligting kan die volgende persone gekontak word :

-       Louise Coetzee 083 662 8186;  Esje Koen 082 824 8020;  Nico Kotze 082 472 2676

TOETS- en EKSAMENROOSTER VIR DIE VOLGENDE PAAR DAE

Datum

Graad 8

Graad 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

25 Aug.

Kuns & Kultuur

Engels

Ingenieursgrafika

Verbruikerstudie

CAT-teorie

Lewens-wetenskappe

Wiskunde

Wiskundige

Geletterdheid

26 Aug.

EBW

Tegnologie

Wiskunde

Wiskundige

Geletterdheid

Engels

Eksamen :

Engels 2

27 Aug.

-

-

-

-

Eksamen :

Lewenswet. 1

Geografie 1

Ekonomie

CAT-Teorie

30 Aug.

-

-

-

-

Eksamen :

Lewenswet. 2

Geografie 2

WEEKPROGRAM

Vrydag 20 Augustus

Oudleerders : By AT’s en by gholfklub (braai / piekniekmandjie) Slegs kontantkroeg

Saterdag 21 Augustus

INTERSKOLE Rugby, netbal, hokkie (weg)

Program :

RUGBY

TYD

Murray-

veld

TYD

MacCrone A

TYD

MacCrone B

TYD

Boland stadion

08:30

O/14A

08:30

O/16B

08:30

O/15B

10:30

O/16A

09:30

O/15A

09:40

O/19C

09:40

O/14B

11:40

O/19B

 

 

 

 

 

 

12:55

Voorstelling van spanne

 

 

 

 

 

 

13:15

O/19A

 

 

 

 

 

 

 

 

 

NETBAL

TYD

A-baan

B-baan

C-baan

D-baan

E-baan

F-baan

G-baan

08:30

O/19B

O/16B

O/14A

O/16E

O/14D

O/19D

 

09:10

O/16A

O/16C

O/14B

O/19E

O/16F

O/19C

O/14C

10:00

Voorstelling van spanne en O/19A

 

 

 

 

 

 

11:10

O/16D

O/19F en O/16G

O/14E

 

 

 

 

 

TYD

Bliss A-veld

TYD

Bliss B-veld

TYD

C-veld

08:00

O/18B(D)

08:00

O/14A(D)

08:00

O/18B(S)

08:50

 

08:50

Voorstelling van spanne

08:50

O/16C(D)

09:40

O/14A(S) vs O/16B(S)

09:00

O/18A(D)

09:40

O/18C(D)

10:30

O/16A(S)

10:05

O/16B(D)

 

 

11:20

O/16A(D)

10:50

Voorstelling van spanne

 

 

 

 

11:00

O/18A(S)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOKKIE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Baie sterkte aan al ons deelnemers.  Ons is daar vir julle!  Verseker!

Maandag 23 Augustus (Dag 4)

Koor sing Eisteddfod in Vredenburg om 17:45, maar busse vertrek reeds om 15:00 vanaf die skool om betyds te wees vir geskeduleerde oefentyd.  Sal ongeveer 20:00 terug wees.

Dinsdag 24 Augustus (Dag 5)

Beheerliggaam subkom. Personalia vergader 18:00

OLOK bestuur vergader om 19:00

Woensdag 25 Augustus (Dag 6)

Formele toetse

Detensie 14:00 – 16:00

Gr 9 Oueraand oor vakkeuses 19:00

Donderdag 26 Augustus (Dag 7)

Formele toetse

Graad 12 eksamen begin

Beheerliggaam subkom. Vaste bates vergader 18:00

Vrydag 27 Augustus (Dag 8)

Uitnaweek

Maandag 30 Augustus (Dag 1)

Koshuiskomitee vergader om 08:15

OOV bestuur vergader om 18:00

Beheerliggaam subkom. Finansies vergader 18:00

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:30 – 14:30

Woensdag : 09:30 – 14:30

Vrydag :       09:30 – 14:30

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF

R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 20 Aug 2010