• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 16 Apr 2010

hoerskool-swartland

Uit die hoof se kantoor

Akademie

Die tweede kwartaal het op ‘n hoë noot begin en ek wil die ouers wat die oueraande bygewoon het bedank vir hul bywoning.

  Dit is ‘n baie kort kwartaal en ons wil ‘n beroep doen op leerders om nou al te begin met hersiening.  Ons het u as ouers nodig om ons hierin te ondersteun.  Die eksamen begin reeds op 17 Mei.

Gholfdag

Die skool beplan ‘n gholfdag op Donderdag 7 Mei 2010.  So ‘n dag is egter nie moontlik as ons nie borge, pryse donateurs en spelers het nie.  Die gholfkomitee het gevoel dat dit ‘n ko-operatiewe gholfdag moet wees.  ‘n Vierbal gaan R1400 kos.  U kan my, die skoolhoof skakel as u wil borg, pryse verskaf of plek wil bespreek.  Die fondse gaan aangewend word om die koshuise in stand te hou, want die WKOD verskaf geen fondse vir hierdie doel nie.

Wintersport

Soos u weet het ons wintersport reeds begin en ons wil al ons ouers uitnooi om by ons tuiswedstryde na afloop van die rugby eerstespan wedstryd gesellig saam met ons in die OLOK-saal te kuier.

Ouerbetrokkenheid

Ons leerders het vandag elkeen ‘n skrywe rondom ouerbetrokkenheid ontvang.  Dit is bloot ‘n beroep wat ons op ons ouers doen om by skoolbedrywighede betrokke te raak.  Ons het ‘n paar gewillige hande waarvoor ons regtig dankbaar is, maar ons het meer hulp nodig by sportbyeenkomste en ander funksies en projekte wat aangepak word.  Op die lange duur is dit tog ons kinders wat daarby baat.

Ons wil vriendelik vra dat u die afskeurstrokie wat saam met die skrywe verskyn sal invul en terugstuur skool toe.  Leerders kan dit aan hul registeronderwysers terugbesorg.

Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

DJ MARAIS

Viool afrigting

Ons het ‘n oproep ontvang van ‘n persoon wat bereid is om vioollesse in Malmesbury aan te bied.  Indien u enigsins belangstel in so iets kan u vir Hendrik skakel.  Hy bly in Blouberg maar is bereid om middae of Saterdagoggende lesse aan te bied.  Hy kan gekontak word by 021-554 4370.

INTERESSANTE PITKOS!

Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

Your parenting toolkit”

Happy Homes = Happy Communities = Happy Nation!

“When you’re in a hurry, go slowly.  The faster you go in life the sooner it is a blur.  I hear parents say all the time that they regret not spending more time with their children when children wanted to spent more time with them.  They grow up too quickly and then it is too late to make up for that precious time, parents say.  Make a constant effort to start enjoying every moment and every new developmental phase of your child.  And remember – prayer creates a path where there is none and it turns your stumbling blocks into building blocks.”

Sportuitslae

Teen Durbanville verlede naweek :

Rugby

 

HSS

Durbanville

O/14B

19

36

O/14A

15

15

O/15B

0

22

O/15A

25

21

O/16B

27

0

O/16A

42

0

O/19C

32

0

O/19B

8

14

O/19A

16

6

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Netbal

 

HSS

Durbanville

O/14C

4

10

O/14B

10

8

O/14A

13

3

O/16D

8

15

O/16C

7

15

O/16B

10

11

O/16A

16

12

O/19D

16

6

O/19C

18

10

O/19B

14

10

O/19A

23

11

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie

Dogters:

HSS

Durbanville

O/14A

3

0

O/16B

0

0

O/16A

2

1

O/19A

3

0

Seuns:

 

 

O/14A

1

1

O/16A

2

0

O/19A

2

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leerderprestasies

Gholf

Die volgende leerders het puik presteer op die gholfbaan : Nicolaih en Pernell Burger, Joubert Spies en Alwyn Zaayman. Hier is die uitslae :

Op Sondag 28 Maart by die Bergrivier junior ope byeenkoms :  Alwyn het die A-afdeling gewen en was ook die Bergrivier junior ope kampioen op 72 (bruto houe).  Hy het ‘n trofee hiervoor verower.  Pernell het die B-afdeling (netto) gewen en ‘n goue medalje verower.

Op Maandag 29 Maart by die Langebaan junior ope byeenkoms :  Joubert Spies het die A-afdeling gewen en was ook die Langebaan junior ope kampioen op 72 (bruto houe). Hy het ook ‘n trofee verower.  Alwyn het die A-afdeling (netto) gewen en ‘n goue medalje verower.  Pernell het die B-afdeling (netto) gewen en ook ‘n goue medalje verower.

Op Dinsdag 30 Maart by die Stellenbosch junior ope byeenkoms :  Pernell verower ‘n brons medalje in die B-afdeling (netto).

Ons is baie trots op hierdie gholfspelers met hul puik prestasies.  Baie geluk!

Aksie-netbal :

Diané van Wyk het die afgelope vakansie aan die Interprovinsiale aksie-netbal toernooi deelgeneem en is na die toernooi gekies as lid van die SA O/16 Ontwikkelingspan met die oog op die 2012 Wêreldbekertoernooi.  Baie geluk met ‘n pragtige prestasie, Diané!

Atletiek :

Na afloop van die ASA Jeug en Junior kampioenskappe te Germiston op 10,11 April het ons die volgende uitslae ontvang Heleen Malan, Junior dogters O/20 item 800m – 3de plek

Duncan Matthews, Jeug seuns O/18 item verspring – 3de plek en die 4 X 100m aflosspan 2de.

Lorenzo Adams, Jeug seuns O/18 item 400m – 2de plek en die Medley span 1ste.

Na afloop van die SA Skole byeenkoms te Sasolburg op 27 Maart het ons die volgende uitslae ontvang :

Heleen Malan, Dogters O/19 item 800m – 4de plek en die 4 X 400m aflosspan 3de plek.

Lorenzo Adams Seuns O/17 item 400m – 2de plek en die Medley span 1ste plek.

Tweekamp :

Na afloop van die SA Tweekamp byeenkoms te Bloemfontein op 3 April het ons die volgende uitslae ontvang:

Heleen Malan Dogters O/17 -  4de plek – Deelgeneem vir die Bolandspan

Daniël Malan Seuns O/17 - 27ste plek – Deelgeneem vir die Ontwikkelingspan

Annereen Malan Dogters O/15 - 14de plek – Deelgeneem vir die Bolandspan

Bennie Fourie Seuns O/17 -  5de plek – Deelgeneem vir die Bolandspan

Baie geluk aan al ons atlete!

Pluimbal :

Andries Malan het verlede week aan die SA O/19 Pluimbalkampioenskappe deelgeneem.  Hy het die seuns enkel en die gemeng dubbels titels ingepalm.  Die seuns dubbels het hy egter in die finaal in drie stelle verloor.  Hy is ook eerste gegradeer aan die einde van die toernooi.  Komende Dinsdag vertrek hy na Mexiko om aan die O/19 Pluimbal Wêreldkampioenskappe deel te neem.  Ons is trots op jou, Andries!

Tygerberg Internasionale Kooreisteddfod

Ons skoolkoor neem op Dinsdagaand 4 Mei om 19:00 aan die Tygerberg Internasionale Kooreisteddfod deel.  Dit vind plaas te Hoërskool Parow in Tonerstraat, Parow.  Die Eisteddfod-komitee doen ‘n blokbespreking vir alle HSS belangstellendes.  Die kaartjies beloop R42 per kaartjie.  Indien u belangstel om hierdie aand by te woon moet u asseblief voor of op Maandag 26 April by mev F Hamman by Ontvangs by ons skool ‘n plek kom bespreek en u kaartjie betaal.

WEEKPROGRAM

Saterdag 17 April

Rugby, netbal en hokkie vs Worcester Gim (weg).  Die busse vertrek stiptelik om 06:45 vanaf die skool en behoort teen ongeveer 14:50 terug te wees by Huis van Zyl.

Program :  Rugby                                                 

Span

Veld

Tyd

19A

A

12:00

19B

A

10:50

16A

A

09:40

16B

B

08:30

15A

B

09:40

14A

A

08:30

14B

B

10:50


Netbal

Tyd

Baan1

2

3

4

08:30

14A

16B

19B

19C

09:05

14B

16A

19E

19D

09:40

14C

19A

16C

16E

10:15

14D

 

16D

14E

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie

Tyd

A-veld

B-veld

C-veld

08:30

19B(D)

16B(D)

16C(D)

09:20

19A(S)

14A(D)

 

10:20

19A(D)

19C(D)

14A(S)

11:20

16A(D)

 

16A(S)

 

 

 

 

 

 

 

 

Maandag 19 April (Dag 6)

Kooroefening : 14:00-15:30 Verpligtend asb. Eerste optrede reeds 28/04 by Opedag!

Rugby afrigtersvergadering om 16:00

Dinsdag 20 April (Dag 7)

UCT Wiskunde kompetisie

Beheerliggaam subkom. Personalia vergader om 18:00

Woensdag 21 April (Dag 8)

Detensie : 14:00 – 16:00

Rugby en seunshokkie vs HTS Drostdy (weg)

Donderdag 22 April (Dag 1)

Wêreldkennis Olimpiade 14:00 – 15:15

Beheerliggaam subkom. Vaste Bates vergader om 18:00

Vrydag 23 April (Dag 2)

Uitnaweek

Gholftoer na George

Hokkie O/18S proewe te Paarl Gim

Saterdag 24 April

Uitnaweek

Hokkie O/16S proewe te Paarl Gim

Maandag 26 April

Skoolvakansiedag

Dinsdag 27 April

Vryheidsdag

Woensdag 28 April (Dag 3)

Opedag

Koshuiskomitee vergader om 07:45

Detensie : 14:00 – 16:00

Beheerliggaam subkom. Finansies vergader om 18:00

OOV bestuur vergader om 18:00

OLOK bestuur vergader om 19:00

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:00 – 14:00

Woensdag : 09:00 – 14:00

Vrydag :       09:00 – 14:00

 

 

 

 

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 16 Apr 2010