• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hoërskool Swartland 14 Mei 2010

hoerskool-swartland

Uit die Hoof se kantoor
Kleredrag
Ons wil net ‘n paar onduidelikhede uit die weg ruim rakende die winterskooldrag.  
Let asseblief daarop dat die skoolbaadjie (“blazer”) verpligtend is in die winter.
Slegs die skooltrui mag onder die baadjies gedra word.

Matrieks mag op Woensdae hul matriektruie onder die skoolbaadjies dra.  Die amptelike Rockiebaadjie kan vir warmte in die winter gedra word, maar slegs as die skoolbaadjie daaronder gedra word.  Die WPK baadjie is uitgefasseer.

Eksamen

Met die eksamen wat Maandag in aanvang neem wil ons tog ‘n beroep op ons ouers doen om ons hande te vat en ons leerders te motiveer en aan te moedig om hul kant te bring.  Die kwartaal was besonder kort en daar was baie leermateriaal om in ‘n kort tydjie te behandel.  Ons maak staat op elke leerder om sy/haar voorbereiding goed te doen, met die toepassing van korrekte studiemetodes.

Ons wil u aandag daarop vestig dat, indien ‘n leerder afwesig is tydens die eksamen, ‘n wettige mediese sertifikaat by mnr S Brand ingehandig moet word die dag met die kind se terugkeer na die skool.  Elke leerder is verplig om steeds elke dag skool by te woon.  Tyd kan nuttig in die skool gebruik word vir voorbereiding.  Leerkragte is beskikbaar vir vrae asook deurgaanse toesig.  Dankie dat u ons sal help om ook hierdie eksamen met ‘n positiewe ingesteldheid en samewerking ons leerders te begelei.

GROETNIS

DJ MARAIS

Finansies

Ons het steeds ‘n paar direkte inbetalings ontvang wat geen verwysing het nie.  Kyk asseblief of u hierdie onderstaande inbetalings herken en laat weet vir mev P van der Westhuijzen by ons finanskantoor :

- Op 26/04         Kontantdeposito       Malmesbury              R    50.00

- Op 04/05         Kontantdeposito       Malmesbury              R  200.00

Ons wil u vriendelik versoek om tog u inbetalingsbewyse aan ons te faks by 022-482 1177.  Dan is dit net makliker om u inbetalings op die bankstaat te identifiseer.  Baie dankie vir u samewerking!

Koor

Maandag 17 Mei : Kooroefening om 13:00 – direk na leerders eksamen geskryf het, slegs vir ‘n halfuur by Swartland-Noord kerk.  Maandagaand se pinksterdiens begin om 19:00, maar koorlede moet asseblief reeds om 18:30 voor die kerk bymekaar kom.

Donderdag 20 Mei : Kooroefening om 13:00 – direk na eksamen by Swartland Moedergemeente.  Donderdagaand se pinksterdiens by Moedergemeente begin ook om 19:00 en koorlede moet weer eens om 18:30 voor die kerk aanmeld.

Voorligting

Daar is beurse beskikbaar vir graad 12 leerders vir Besigheid / Ingenieurswese en Wetenskap (medies uitgesluit) by die volgende universiteite :

Universiteit Pretoria, Johannesburg, Witwatersrand, Rhodes, Nelson Mandela Metropolitan en Kaapstad.

Verpligte vak : 60% plus in Wiskunde in graad 11 en slaag graad 11 met 70% of meer.

Sluitingsdatum : 31 Mei 2010.  Meer inligting hieroor by juf C Greeff.

CSV

Uitreik by die sokker wêreldbeker :

As jy graag ‘n verskil wil maak en ‘n klomp nuwe mense wil ontmoet, word deel van hierdie uitreik-aksie.  The outreach events will vary from 5-a-side soccer tournaments, family games, street evangelism, big screen viewing, prayer hubs and worship events.

Opleiding sal plaasvind op 29 Mei om 09:00 by Stellenberg kerk, Bellville.  Ons beplan om ‘n lekker groot groep na Stellenbosch se uitreik te neem op 16 en 17 Junie.  Die ruimte is beperk in hierdie nuusbrief, maar skakel gerus vir Adri by 073 9630 961 vir meer inligting.

Leerderprestasies

Netbal

Baie geluk aan Jolene Slabbert en Andria Pieters wat in die twee O/18 Bolandspanne opgeneem is.

Skaak

Die volgende spelers is in die Wes-Bolandspan opgeneem :  O/16 : Riaan Theron; O/18 : Philanie du Toit;  O/20 : Griffith Lewis.  Baie geluk met hierdie prestasie en baie sterkte vir die volgende uitdaging!

Sportuitslae

Skaak

Ons het op Woensdag 5 Mei 3 wedstryde in die Paarl gespeel :

-       Ons het verloor teen Paarl Gimnasium 2 – 6.  Baie geluk aan Philanie du Toit en Zandré van Heerden wat hul wedstryde gewen het.

-       Ons het ook verloor teen Laborie 3 – 5.  Baie geluk aan Philanie du Toit, Pierre Meiring en Ruan Aucamp wat hul wedstryde gewen het.

-       Ons het gewen teen Weltevrede Sekondêr 4 – 0.  Baie geluk aan Philanie du Toit, Pierre Meiring, Antonette Walters en Liso Nkentsha.

Rugby                                                                                                               Netbal


HSS

De Kuilen

HSS

New Orleans

O/14B

17

8

 

 

O/14A

8

17

36

27

O/15B

7

36

 

 

O/15A

3

12

17

32

O/16B

20

23

 

 

O/16A

10

5

24

14

O/19C

22

0

29

12

O/19B

15

7

24

15

O/19A

50

10

14

10

 

HSS

De Kuilen

HSS

Schoonspruit

O/14B

8

8

 

 

O/14C

9

16

 

 

O/14D

5

3

 

 

O/14E

4

2

 

 

O/16A

 

 

12

11

O/16C

11

14

 

 

O/16D

11

14

 

 

O/16E

8

12

 

 

O/16F

7

23

 

 

O/19A

 

 

33

9

O/19B

16

7

 

 

O/19C

23

4

 

 

O/19D

16

5

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOËRSKOOL SWARTLAND JAGTERSGESINSAAND saam met HERMAN JONKER en ander kenners om die kampvuur!

Vrydag 28 Mei ’10

Tyd :     18:30 vir 19:00

Koste : R60 per persoon

(volwassenes & kinders)

Spyskaart :

- Tradisionele potjiekosgeregte

(vars en stomend uit die pot!)

- Interessante broodtafel

KINDERS OOK WELKOM.

MOET DIT BESLIS NIE MISLOOP NIE!!

Kaartjies by HS Swartland beskikbaar

– skakel 022-482 1469

REVUE NUUS!

Mev A Loubser herinner ouers daaraan om asseblief die dekorlyste in verband met die revue so volledig moontlik te voltooi en so spoedig moontlik terug te stuur skool toe.

Ons vra ook weer vir leerders wat aan die revue deelneem om te onthou om ‘n wit langmouhemp te bring sodat dit swart gekleur kan word.  Onthou ook jou hanger met jou naam op!

Oefentye :

In die eksamen : 13:10 tot 14:10.

Vrydag 21 Mei – Skateboarders & kosgeveg

Woensdag 26 Mei – Advertensies wat Lise aanval (bl. 6) & Resep van die dag (Toneel 5)

Vrydag 28 Mei – Gesinsete

Woensdag 2 Junie – Alle solo-sangers

Vrydag 4 Junie – Droogte, Trooskos, Anoreksia

7,8 Junie – heeldag in skooltyd.  Almal moet oefeninge bywoon – danse word aangeleer.

Hokkie six-a-side

Ons is jammer dat ons die hokkie six-a-side aktiwiteit moes uitstel tot 3 Junie.  As gevolg van die eksamen wat op Maandag 17 Mei begin, het ons besluit om nie ons kinders onnodig aan die koue nat weer en velde bloot te stel nie!

Baie dankie aan mev Mari Dürr wat die pragtige blomme vir die saalbyeenkoms verskaf het.  Ons waardeer u ondersteuning en moeite!

WEEKPROGRAM

Let wel : Geen koffiekroeg / CSV tydens die eksamen nie

Saterdag 15 Mei

Hokkie teen Parelvallei is gekanselleer weens die weer.

Maandag 17 Mei

Eksamen gr 8 – 12 begin

Kooroefening om 13:00 by Swartland Noord kerk;

Optrede by pinksterdiens om 19:00

OOV bestuur vergader om 18:00

Dinsdag 18 Mei

Beheerliggaam subkom. Personalia vergader om 18:00

Woensdag 19 Mei

Detensie : 14:00 – 16:00

Donderdag 20 Mei

Beheerliggaam subkom. Vaste Bates

vergader om 18:00

Kooroefening om 13:00 by Swartland Moederkerk;

Optrede by pinksterdiens om 19:00

Vrydag 21 Mei

-

Saterdag 22 Mei

Rugby, netbal, hokkie vs Charlie Hofmeyr (tuis)

Maandag 24 Mei

Koshuiskomitee vergader om 07:45

Beheerliggaam subkom. Finansies vergader om 18:00

EKSAMENROOSTER VIR DIE EERSTE PAAR DAE

 

Graad 8

Graad 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Ma 17/05

Sosiale wet.

Engels 2

Engels 2

Afrikaans 2

Lew wet. 1

Ekonomie

Geografie 1

CAT teorie

Di 18/05

Wiskunde

Tegnologie

Wiskunde & Wisk. Geletterdheid

Lew wet. 1, Ekonomie

Geografie 1, CAT teorie

Lewens-oriëntering

Wo 19/05

Kuns & Kultuur

Afrikaans 1

Verbruikerstudie teorie

Rek.kunde; Ingen. 1&2

Landbouwetenskap

IT

GP Wiskunde

Afrikaans 2

Do 20/05

Afrikaans 1

Wiskunde 1

Afrikaans 1

Fis wet. 1;Geskiedenis; Besigheidstudies

Wiskunde & Wisk Gelett.1

Vr 21/05

Engels 2

Natuurwet.

Lew. Wet; Ekonomie; Geografie 1; CAT teorie

Verbruikerstudie teorie

Landbouwetenskap

Rek. kunde; Ingenieurs 1&2

Engels 2

Ma 24/05

Wisk ondersoek 1

Engels 1

Geografie 2

CAT prakties

Wiskunde 1

Wisk Geletterdheid 1

Fis.wet 1

Besigh.studies

Gesk 1; Siv. tegn.

Klerebanktye vir die week:

Maandag :   09:30 – 14:30

Woensdag : 09:30 – 14:30

Vrydag :       09:30 – 14:30

Neem kennis asb :

Ons klerebank wag vir “pullovers” en langmoutruie a.g.v. ‘n oponthoud by die fabriek.  Jammer vir die tydelike ongerief!

SKOOLFONDS VIR 2010

R 6 400,00 eenmalig per jaar  OF R 640 x 10 maande

Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.

Hoërskool Swartland

ABSA Malmesbury  Tak 334-307

Rekeningnommer 0380 390124

Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.

 

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 14 Mei 2010