Uit die Hoof se kantoor
Interskole 2010
Dit is vir ons almal ‘n groot voorreg om weer aan ‘n Interskole geleentheid te kan deelneem. Ons glo en vertrou dat dit vir spelers en toeskouers ‘n onvergeetlike gebeurtenis sal wees.
Volgende week is ‘n redelike bedrywige week op ons kalender en ek wil elke ouer en leerder aanmoedig om betrokke te raak by ons aktiwiteite. Ons vertrou dat ons leerders alreeds die positiewe gees van Interskole ervaar en dat ons pragtige resultate en uitslae kan verwag!
Op hierdie stadium net ‘n opregte dank aan almal wat reeds op een of ander wyse by die reëlings betrokke is. Ons borge is vir ons van onskatbare waarde en ons waardeer werklik elke inset en bydrae opreg. Dankie aan ons personeel, afrigters, ouers en leerders wat alles insit om van hierdie interskole weer eens ‘n groot sukses te maak.Baie sterkte aan al ons deelnemers – op kultuur- asook sportgebied. Mag elkeen die gesonde kompetisie geniet en ons Hemelse Vader vereer vir die wonderlike voorreg om te kan deelneem.
DJ MARAISFoto’s
Ons groepfoto’s het gearriveer. Ons is tans besig om dit te kontroleer en die nodige administratiewe take af te handel. Dit sal mettertyd aan die leerders uitgegee word volgens die bestellings wat geplaas is. Bestellings vir KLASFOTO’S moet asseblief by die registeronderwysers gedoen word. Die klasfoto’s is R25 elk en die bestelling moet asseblief vergesel word met die korrekte betalingsbedrag. Die sluitingsdatum vir hierdie bestellings is 23 Augustus.Graad 9 oueraand
Die graad 9 vakkeuse inligtingsaand vind plaas op 25 Augustus 2010 om 19:00 stiptelik in die skoolsaal. By dié geleentheid word vakkeuse ondersteuning aangebied asook die bekendmaking van die resultate van die beroepsbelangstellings psigometriese toetse wat die graad 9 leerders tydens die Junie-eksamen geskryf het. Die vakkeuse inligtingsaand is verpligtend vir alle graad 9 leerders, geklee in skooldrag, asook hul ouers. U word versoek om asseblief ‘n pen saam te bring. Dankie vir u samewerking.
Finansies- Junie : R1000 Kontantdeposito Riebeek-Wes
- Julie : R640 Kontantdeposito Wes Fleur
- Julie : R150 Kontantdeposito Malmesbury
ULeerderprestasies
Atletiek
Heleen Malan en Bennie Fourie is gekies om Boland te verteenwoordig by die 2010 Lotto SA 10km kampioenskappe wat môre, 14 Augustus by die Dal Josaphat stadion in die Paarl gehou sal word. Baie geluk aan hierdie twee top-atlete van ons, en baie sterkte vir die uitdaging! Sterkte aan al ons ander veldloopatlete wat môre aan die Boland veldloopkampioenskappe gaan deelneem – ook by Dal Josaphat.
Gholfdag
U word herinner aan die Hoërskool Swartland gholfdag op 14 Oktober 2010 by die Malmesbury Gholfklub. U kan inskryf vir ‘n 4-bal teen R1400 (ete ingesluit) of R350 vir individuele inskrywings. Die fondse wat tydens hierdie gholfdag ingesamel word, gaan vir die opknapping van ons koshuise en die ontwikkeling van gholf by die skool. Baie pryse sal dié dag uitgegee word. Kom wees gerus deel daarvan! Indien u op een of ander wyse betrokke wil raak of enige navrae het, kan u die kantoor by die skool skakel.
Hokkie vir “Old Boys / Girls”
Daar word tans ‘n “Old Boys / Girls” hokkiewedstryd beplan vir 27 Augustus. Ons oudleerders sal teen ons huidige hokkie eerstespanne ‘n wedstryd speel. Die dames / meisies speel om 18:00 en die mans / seuns om 19:00. Inskrywingsgeld beloop R50 per speler en daar is ‘n maaltyd hierby ingesluit. Spelers word net versoek om hul eie drinkgoed te bring.
Toeskouers is natuurlik baie welkom! Vir meer inligting kan die volgende persone gekontak word :- Louise Coetzee 083 662 8186
- Esje Koen 082 824 8020
- Nico Kotze 082 472 2676
TOETS- en EKSAMENROOSTER VIR DIE VOLGENDE PAAR DAE
|
Datum |
Graad 8 |
Graad 9 |
Graad 10 |
Graad 11 |
Graad 12 |
|
25 Aug. |
Kuns & Kultuur |
Engels |
Ingenieursgrafika Verbruikerstudie |
CAT-teorie Lewens-wetenskappe |
Wiskunde Wiskundige Geletterdheid |
|
26 Aug. |
EBW |
Tegnologie |
Wiskunde Wiskundige Geletterdheid |
Engels |
Eksamen : Engels 2 |
|
27 Aug. |
- |
- |
- |
- |
Eksamen : Lewenswet. 1 Geografie 1 Ekonomie CAT-Teorie |
Onthou : Interskole
Spieëltjiesokkies @ R40 / R50, plakkers @ R2 / R3 by klerebank te koop, ASOOK môre by die sportdag
WEEKPROGRAM
Vrydag 13 Augustus
Interskole sokkie in skoolsaal 19:00 – 22:00Tema : Friday the 13th
Toegang : R10
Saterdag 14 Augustus
Rugby, netbal, hokkie vs HS Hermanus (tuis)Sondag 15 Augustus
Interskole kerkdiens verskuif na Maandagoggend waar Frikkie Welsch die leerders sal ek
Maandag 16 Augustus (Dag 8)
Interskole Saaldiens – Frikkie WelschErekleuretoekenning
Interskole gholf (weg)
Kooroefening 18:00 in die skoolsaal
Interskole personeelfunksie om 19:00
Dinsdag 17 Augustus (Dag 1)Interskole GEESVANG by OLOK-saal
Leerders : Alle deelnemers welkom
Sing-songs vanaf 18:00, braaivleisete @ R10
Alle ouers en oudleerders welkom vir bring-en-braai
Kontantkroeg.
Woensdag 18 Augustus (Dag 2)Detensie 14:00 – 16:00
Interskole skaak en landlope (weg)
Interskole kultuuraand om 18:30 (weg)
Donderdag 19 Augustus (Dag 3)
Eerste spanne aandVrydag 20 Augustus
Interskole Groot Brag in skoolsaal 09:00 – 13:30Spreker : Pietie de Villiers
Oudleerders : By AT’s en by gholfklub (braai / piekniekmandjie) Slegs kontantkroeg
Saterdag 21 AugustusWEN ONS INTERSKOLE op Wellington
Maandag 23 Augustus (Dag 4)Koor sing Eisteddfod in Vredenburg om 17:45, maar busse vertrek reeds om 15:00 vanaf die skool om betyds te wees vir geskeduleerde oefentyd. Sal ongeveer 20:00 terug wees by die skool.
Klerebanktye vir die week:Maandag : 09:30 – 14:30
Woensdag : 09:30 – 14:30
Vrydag : 09:30 – 14:30
SKOOLFONDS VIR 2010R 6 400,00 eenmalig per jaar OF
R 640 x 10 maande
Indien u per kwartaal wil betaal, moet die R1600 binne eerste twee weke van die kwartaal betaal word.
Hoërskool SwartlandABSA Malmesbury Tak 334-307
Rekeningnommer 0380 390124
Verwysing : Leerder se naam (verkieslik) of rekeningnommer as u dit het.



