Die Universiteit van Stellenbosch
se Ingenieurswese opedag is op 17 April vanaf 10:00 tot 15:00. Ouers is welkom om dit saam met hul kinders by te woon.
Gespreksaand vir matrieks
Ons herinner u net weer aan die gespreksaand by die NG Kerk Swartland Noord op Sondag 14 Maart om 18:30. Matrieks en hul ouers is welkom om hierdie gesprek rondom ‘saambly buite die huwelik’ by te woon.
SportuitslaeKrieket
O/19A vs Charlie Hofmeyr op Saterdag 6 Maart :
Swartland kolf eerste en teken 215/9 aan in 50 boulbeurte. Ons beste kolwers was Jan Prinsloo met 48 en Erhardt Muth met 34. Charlie Hofmeyr word uitgehaal vir 128 lopies. Ons beste boulers was weer Erhardt met 3 paaltjies vir 7 lopies en Jan met 3 paaltjies vir 38 lopies. Ons wen die wedstryd met 87 lopies.
O/17 vs Paarl Vallei :
Paarl Vallei teken 78 lopies aan. Ons beste boulers was Hanno Kriel met 2 paaltjies vir 15 lopies in 5 beurte en Jordan van Wyk met 4 paaltjies vir 9 lopies in 5 beurte. Swartland teken 80 lopies aan met 4 kolwers uit. Ons beste kolwer was Wehan Dreyer met 33 lopies. Swartland wen dus met 6 paaltjies.
Tennis
Teen HS Tulbagh op Vrydag 5 Maart :
Die eerste seunspan wen 14-2. Graeme Cupido wen sy enkels 6-0, 6-0. Graeme en Wehan Dreyer wen hul dubbels 6-1, 6-0.
Die tweede seunspan wen 14-6. Joubert Spies wen 10-3, Alno Carstens wen 12-1 en Johan du Toit wen 8-5.
Ons het ook twee bykomende spelers saamgeneem. Devonne Pharaoh wen 13-0 en Hannes Myburgh wen 10-3. Hul het ook hul dubbels gewen met 9-4.
Die tweede dogterspan wen 12-6. Elzaan Zwiegelaar wen 10-3, Magdel Spangenberg wen 8-5 en Jana Eksteen wen 11-2. Baie geluk aan al die spelers met hul puik oorwinnings!
LeerderprestasiesToutrek
Op Saterdag 6 Maart het ons 440kg gewig A-span die derde plek verower in die WP/ Boland kampioenskappe. Sodoende is hulle tweede in die Boland. Hulle het ‘n brons sertifikaat verower. Hierdie span bestaan uit FC Louw, Tertius Koen, Jessika Vermaak, Francois Opperman, Luan du Randt, Sanele Mthembu, Karlo van Blerk en Jan-Hendrik Burger (HS Dirkie Uys). Hul afrigter is Juan Schreuder van Malmesbury. Baie geluk aan hierdie span!
Swem
Die volgende swemmers het gekwalifiseer om op die Vlak 2 ouderdomsgroep aan die swemkampioenskappe in
Nuwe tydskrif op die dorp!
‘n Nuwe weeklikse tydskrif met die naam “Vars geslag” is tans op die dorp in wording. Die regisseur is Lizette Smit. Daar sal 2 X A4 bladsye in die tydskrif toegestaan word aan leerdertalent. Bydraes soos gedigte, skryfwerk, sketse, of enige iets wat jou talent ten toon stel, is welkom om aangebied te word. Die besluite oor die plasing daarvan berus totaal by Lizette. Leerders
Meisies wat wil aansoek doen om op die voorblad te verskyn en nog onder 18 jaar is, kan dit doen met skriftelike toestemming van hul ouers en ‘n afskrif van hul ID dokument.
Fondsinsamelingsprojekte
Ter wille van nuwe ouers van ons skool, net weer die volgende brokkie inligting :
MAKRO en MY SCHOOL
Ons wil vriendelik vra dat u tog uself toerus met ‘n MAKRO en MY SCHOOL kaart. In albei gevalle kry die skool ‘n gedeelte van die wins sonder enige moeite. Indien u u kaart toon by enige aankope, word die gedeelte wins wat bereken word op ‘n maandelikse basis in ons skool se rekening oorbetaal. Ons sien nie wat u gekoop het, enige van u details of die bedrag nie! Ons sien slegs die totale wins van al ons skool se gebruikers op die staat. Wat ‘n maklike manier en ondersteuning wat ons van dié maatskappye kry om ons skool se fondse aan te vul. Op hierdie stadium maak ons heeltemal te min gebruik van hierdie maklike fasiliteit om fondse te in.
Die MY SCHOOL kaart
Vir ‘n MAKRO kaart kan u vir Tracy Vianello skakel by MAKRO Milnerton 021-550 6463 of 071 674 9188 of aanlyn aansoek doen by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of www.makro.co.za Indien u reeds oor ‘n MAKRO kaart beskik is dit belangrik om by Tracy navraag te doen of dit aan ons skool gekoppel is. Verskaf bloot die nommer op die kaart aan haar en sy sal die nodige doen. As u dit reeds ‘n vorige jaar gekoppel het, is dit nie weer nodig nie!
Kom ons werk saam om regtig met min moeite ‘n fonds vir ons skool te genereer. Al wat u moet doen is om die kaarte in u beursie saam te dra, en by die betaalpunte te toon. Aansoekvorms vir beide hierdie kaarte is ook by mev D de Klerk by die skool beskikbaar.
Master Maths Wiskunde hulp
Master Maths Wiskunde is ontwerp om alle leerders toe te laat om Wiskunde teen hul eie tempo te leer. Hetsy jou kind met Wiskunde sukkel, of wil uitblink daarin, help Master Maths met sy innoverende sisteem leerders om hul Wiskunde vaardighede te ontwikkel, in oorleg met die skool kurrikulum. Hulle vier vanjaar hul 32ste bestaansjaar en het sentrums landwyd wat deur 3000+ leerders in 140 sentrums gebruik word. Leerders kry die hoogste standaard van onderrig deur ‘n program wat deur top wiskundiges geskep en ontwikkel is. Hulle werk baie nou saam met die Onderwysdepartement sodat die leermateriaal in lyn met die nuutste kurrikulum is. Tutors word ook gereeld opgelei in die nuwe leeruitkomste wat by die grade gevoeg of verwyder word.
Master Maths is offering extra maths tuition for grade 4 – 12 at 5 Raven street, Malmesbury. The owner, manager of the branch and senior tutor are all qualified Math teachers with many years of teaching experience under the belt and has a long standing and good relationship with all our local schools. We would like all learners to be geared and confident about their Maths in 2010.
Vir meer inligting, besoek die webwerf www.mastermaths.co.za of skakel Petro de Haast by 022-4822481.
Toetsreeks rooster vir die laaste week
|
|
Gr 8 |
Gr 9 |
Gr 10 |
Gr 11 |
Gr 12 |
|
Di 16/3 Dag 2 |
Wiskunde |
Tegnologie |
Lewenswetenskap Ekonomie CAT Teorie |
Drama GP Wiskunde |
Geografie CAT Prakties |
|
Wo 24/3 Dag 7 |
Afrikaans Vraestel 3 |
Afrikaans Vraestel 3 |
Afrikaans Vraestel 3 |
Afrikaans Vraestel 3 |
Afrikaans Vraestel 3 |
WEEKPROGRAM
Saterdag 13 Maart
Atletiek : Wes-Kaap kampioenskappe
Rugby, netbal, hokkie vs Durbanville (tuis)
Let wel : Toegang – R5 per persoon, R10 per voertuig binne-parkering
Program :
RUGBY
|
TYD |
A-VELD |
TYD |
B-VELD |
TYD |
C-VELD |
|
08:15 |
14A |
08:15 |
15B |
08:15 |
19C |
|
09:15 |
16A |
09:25 |
14B |
09:30 |
15A |
|
10:35 |
19B |
|
|
10:45 |
16B |
|
11:55 |
19A |
|
|
|
|
HOKKIE (velde voor die skool)
|
TYD |
A-VELD |
|
TYD |
B-VELD |
|
08:15 |
|
|
08:15 |
14A (S) |
|
09:00 |
19A (D) |
|
09:00 |
14A (D) |
|
10:00 |
19A (S) |
|
09:45 |
16A (D) |
|
11:00 |
16A (S) |
|
10:30 |
16B (D) |
NETBAL
|
TYD |
A-baan |
B-baan |
C-baan |
D-baan |
|
08:30 |
16A |
19C |
16D |
14C |
|
09:15 |
19B |
19D |
16B |
14A |
|
10:00 |
19A |
16C |
|
14B |
Sondag 14 Maart
Gespreksaand NG kerk Swartland-Noord 18:30
Maandag 15 Maart (Dag 1)
Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00
Dinsdag 16 Maart (Dag 2)
US besoek graad 12’s
Woensdag 17 Maart (Dag 3)
Detensie : 13:30 – 15:30
Donderdag 18 Maart (Dag 4)Gr 9 psigometriese toetse
Vrydag 19 Maart (Dag 5)
Die skool se finansieskantoor sluit vandag om 11:00
Toutrek SA’s te Drostdy
Saterdag 20 Maart
Sportdag te Brackenfell (weg)
Toutrek SA’s te Drostdy
Maandag 22 Maart
Publieke vakansiedag



