Uit die hoof se kantoor
Leerderafwesighede
Die Onderwysdepartement het ‘n nuwe beleid ten opsigte van leerderafwesigheid. Leerders wat drie dae aaneenlopend afwesig is sal deur die skoolhoof gekontak word vir intervensie. Leerders wat tien dae sonder wettige verskoning afwesig is, gaan gederegistreer word van die Onderwysdepartement se sentrale sisteem af, en sal dan weer deur die hele proses van heraansoek moet gaan om weer by die WKOD op die sisteem te kom. Hierdie reëling is dan ook natuurlik op ons skool van toepassing en ons beklemtoon net die erns van die saak.
Swartland vir Jesus kamp
Die beheerliggaam het ‘n besluit goedgekeur dat die CSV as ons voertuig sal dien om enige geestelike aktiwiteite by die skool te bedryf. Alle denominasies sal op die komitee dien om toe te sien dat ons leerders ook op geestelike gebied die geleentheid gebied word om te groei.
Die kamp vind plaas tydens die naweek van 15 Oktober. Die tema van die kamp is “God is lief vir Sy kinders”. Ds Johannes Nortier van Windmeul is een van die sprekers by die kamp en dit beloof om baie goed te wees. Die volledige kampprogram sal Maandag aan die leerders bekend gestel word.
Gholfdag 14 Oktober
Ons sê baie, baie dankie aan die ouers wat pryse geskenk het. Ons benodig egter nog heelwat. As u u weg sou oopsien om te speel of te borg, vra ons vriendelik dat u die kantoor skakel.
Gholf “driving range”
Ons opregte dank aan mnre Janus le Roux, Jaco Bester, Freek Stander en Johan van Conradie besproeiing vir al die harde werk aan ons ‘driving range’. Baie dankie ook aan mnr Jaco Basson wat vir ons die pype en “draglines” geskenk het. Ons waardeer u betrokkenheid en insette om hierdie projek vir ons moontlik te maak.
Individuele foto’s
Voorbeelde van die leerders se individuele foto’s is vandag aan hulle uitgereik. Dit beloop R55 per pakket. Die pakket bestaan uit 1 X A5 foto, 2 X poskaartgrootte foto’s en 4 X paspoort foto’s. Indien u belangstel om dit te bekom,
“School communicator”
Elke leerder het ‘n tydjie terug ‘n CD ontvang met die “School communicator” program daarop. Die idee is dat u as ouer die program op u rekenaar laai en daarvan gebruik maak. Dit is ‘n sisteem waar vars nuus, datums, foto’s en belangrike inligting oor ons skool daagliks beskikbaar is. Dit word gereeld nagesien en op datum gehou en as u u rekenaar aanskakel, word u bedien met al hierdie inligting. Ons wil net u aandag daarop vestig dat daar ‘n opsie op die program is waar u moet registreer deur u persoonlike besonderhede in te vul. Hierdie besonderhede is net vir die skool beskikbaar sodat ons ons eie rekords
Finansies
Ons wil graag u aandag daarop vestig dat skoolfonds, koshuislosies en busgeld in vier verskillende rekenings inbetaal moet word. Ons gee vir u die verskillende rekeningbesonderhede. Hou dit op ‘n veilige plek vir toekomstige verwysing asseblief :
Vir skoolfonds, klerebankgeld, skenkings, borge, of iets anders soos met mev Van der Westhuijzen gereël - NIE koshuis- en busgeld NIE.
Naam : Hoërskool SwartlandABSA Malmesbury
Rekeningno. 0380 390 124 Takkode : 334 307
Verwysing : Kind se naam of rekeningnommer (as u dit het)
Vir navrae : Mev P van der Westhuijzen by die skool.
Vir busgeld (slegs ons eie skoolbus)
Naam : Busdiens Hoërskool
ABSA Malmesbury
Rekeningno. 0380 220 245
Takkode : 334 307
Verwysing : Kind se naam
Vir navrae : Mev D de Klerk by die skool.
Vir seuns koshuisgeld
Naam : Huis van Imhoff
ABSA Malmesbury
Rekeningno. 0380 145 790
Takkode : 334 307
Verwysing : Kind se naam
Vir navrae : Mev D de Klerk by die skool.
Vir dogters koshuisgeld
Naam : Huis van ZylABSA Malmesbury
Rekeningno. 0380 145 782
Takkode : 334 307
Verwysing : Kind se naam
Vir navrae : Mev D de Klerk by die skool.
BoomplantdagOp 6 September het ons boomplantdag gevier. Dis belangrik dat ons kinders waardering vir die natuur aanleer en die gewoonte aankweek om op te bou en aan te plant eerder as afbreek en vernietig. Ons graad 10 Landbouleerders saam met mev Z Koen, en van ons graad 8 Natuurwetenskap leerders saam met mnr B du Plessis, het voorgevat en ‘n paar rooibessiebome by die netbalbane geplant. Die bome is geskenk deur mnr George Retief van Malmesbury kwekerye. Ons het groot waardering vir hierdie gebaar. Baie dankie aan hierdie leerkragte en leerders vir hul inisiatief en voorbeeld vir die res van ons.
Hokkie Inligtingsaand
Daar word ‘n hokkie inligtingsaand beplan vir 14 September in die OLOK-saal van 19:00 tot ongeveer 21:00 vir alle huidige en toekomstige hokkie-ouers. Terugvoering oor 2010 se hokkieseisoen en fondsinsamelings, asook beplanning en inligting oor toekomstige fondsinsamelings sal deurgegee word. ‘n Koppie tee of koffie sal na die tyd saam geniet word.
Uitruilstudent
Ons is dringend op soek na ‘n gasgesin vir ‘n Duitse uitruilstudent. Sy land in Kaapstad op 22 September en sal by ons skool skoolgaan tot 11 Desember. Sy is 16 jaar oud, haar naam is Jessica Sauer en sy’s in graad 11. Daar is ongelukkig geen vergoeding beskikbaar nie. Die gesin wat haar sou huisves
Eisteddfod
Tygerberg Eisteddfod : Poësie, prosa en lees – voorbereid en onvoorbereid :
Cum Laude - Lize Spies (3); Megan Sedeman (2)
Lof - Mej Heila Grundlingh, Megan Sedeman, Lauren-Lee Mentoor (2), Marieta Basson
Wes-Boland Eisteddfod :
Martilene en Chrismé Nel – Sangduet Cum Laude
Chrismé – 1 Cum Laude en 1 Goud vir sang
Martilene – ook 1 Cum Laude en 1 Goud vir sang. Baie geluk aan al hierdie presteerders!
Landlope
Uitslae na afloop van die Wes-Kaap Landloop kampioenskappe te Pentech Bellville op 4 September :
- Annereen Malan Dogters 15 – 7de
- Heleen Malan Dogters 19 – 6de- Sulette Kotze Dogters 16 – 3de
Heleen Malan en Sulette Kotze is gekies vir die Wes-Kaapspan vir deelname aan die SA Landloop kampioenskappe te Rustenburg op 24 en 25 September.
Tydens die Riebeeck 21km padwedloop op 4 September het Helgard Moolman ‘n 4de plek behaal vir Seuns O/19. Baie geluk aan al hierdie atlete met jul pragtige prestasies!
Ander padwedlope prestasies : Matthew van Riet het stil-stil pragtige prestasies behaal :
- In Meimaand by die APL Herfsprag 10km padwedloop te De Doorns – Junior (15-19) afdeling 56ste plek, tyd 52:21
- In Juniemaand by die Patatfees in Napier oor 6km – 9de plek en goue medalje (tyd nie gerekordeer nie)
- In Juliemaand by die Worcester Hospice 10km – Juniors – 36ste plek,silwer medalje, tyd 46:52
- Ook in Juliemaand by die PPC 10km wedloop in Riebeek-Wes – Juniors – 39ste plek en silwer medalje, tyd 49:17
- Op 4 September by die Riebeek-Kasteel Lentefees oor 10km – Juniors – 52ste plek en silwer medalje, tyd 52 min. Baie geluk, Matthew, met jou besondere uitslae!
Swem
Hier is ‘n swemprestasie wat ons nagelaat het om te plaas : Annelet van Heerden het op Saterdag 14 Augustus aan die Manata Uitdagingswemgala deelgeneem. Sy het derde geëindig in die 50m vryslag en vyfde in die 100m vryslag vir dogters 14 jaar. Hulle aflosspan het ook ‘n derde plek verower. Goed gedoen, Annelet!
Modeparade 2010
Op Maandag 20 September hou ons weer ons jaarlikse matriekmodeparade in die Stadsaal om 19:00. Kaartjies beloop R40 elk en sal vanaf Maandag 13 September by mev P van der Westhuijzen (finanskantoor), asook by die graad 10 leerders beskikbaar wees. Ondersteun asseblief ons graad 10 leerders, want daar is ‘n verrassing vir die 10 leerders wat die meeste kaartjies verkoop. Dit beloof, om soos altyd, ‘n baie interessante aand te wees wat u nie moet misloop nie!
TOETS- en EKSAMENROOSTER VIR DIE VOLGENDE PAAR DAE
| Datum | Graad 8 | Graad 9 | Graad 10 | Graad 11 | Graad 12 Eksamen |
| Toetse | Toetse | Toetse | Toetse | ||
| 13 Sept. | - | - | - | - | Wiskunde en Wisk. Geletterdheid 2 |
| 14 Sept. | Natuurwetenskap | Sosiale wetenskap | GP Wiskunde | Geskiedenis | Engels 1 |
| 15 Sept. | - | - | - | - | Landbouwetenskap 2 |
| Ingenieursgrafika 2 | |||||
| 16 Sept. | Wiskunde 2 | Wiskunde 2 | Drama | GP Wiskunde | Wiskunde 3 |
| 17 Sept. | - | - | - | - | GP Wiskunde |
| Drama |
WEEKPROGRAM
Maandag 13 September (Dag 3)
- Dinsdag 14 September (Dag 4)
Formele toetse
Hokkie Inligtingsaand vir ouers in OLOK-saal om 19:00
OLOK bestuur vergader om 19:00
Woensdag 15 September (Dag 5)
Detensie 14:00 – 16:00
Donderdag 16 September (Dag 6)
Formele toetse
Vrydag 17 September (Dag 7)
Graad 12 eksamen eindig
Saterdag 18 September
Matriekafskeid 19:00
Maandag 20 September (Dag 8)
Modeparade om 19:00
Sport buite skoolverband :
Indien enige leerders deur die loop van die jaar enige besondere prestasies in sport buite skoolverband behaal het, moet u asb. vrymoedigheid neem en mnr B du Plessis daarvan in kennis stel – met die oog op die prysuitdelingsfunksie van 7 Oktober. Dankie!
Klerebanktye vir die week:
Maandag : 09:30 – 14:30
Woensdag : 09:30 – 14:30
Vrydag : 09:30 – 14:30
Daar is nog 2009 Jaarblaaie by mev Hamman by ons skool se Ontvangs te koop teen R30 elk.
FOTO’S BESKIKBAAR - Interskole foto’s wat deur die courant / freegig geneem is, is beskikbaar om te bestel by :
- Kabaretfoto’s wat deur mnr Peter Hardcastle van Superfoto geneem is, is beskikbaar om te bestel by :
www.studio4.co.za (gaan kyk by die eerste opsie op die webtuiste)
BAIE DANKIE!
Ons wil graag vir mev Elize Zwiegelaar hartlik bedank vir die keurige en professionele versorging van die Wêreldkennis-Olimpiade sertifikate. U diens word opreg waardeer!



