Ek het 'n vraag wat al so lank met my woel: As ek 'n vers aanhaal soos bv. Jer.29:11. In hierdie tipe tekste praat die Here met 'n spesifieke gehoor of persoon in daardie tyd.
Hoe kan ek dan dit op my van toepassing maak? Ek verstaan 'n teks soos bv. Heb. 13: 5. In die geval word daar gepraat van die gelowiges (waarvan ek glo ek een is).
ANTWOORD:Jy vra 'n baie goeie vraag en ek is so bly jy doen dit, want dis die meeste van ons Bybellesers se fout om sommer onmiddellik elke teksvers sonder te blik of te bloos op hulleself van toepassing te maak. Dit is nie reg om so met die Woord om te gaan nie. Dit grief my dat mense sommer enige woord of frase uit die Bybel uithaal en dit dan sommer direk op hulle van toepassing maak. By nadere ondersoek dan sien jy, dit het niks met die persoon se situasie te doen nie.
Mens moet die teks of gedeelte altyd eers plaas in sy historiese en kultuur agtergrond. M.a.w. mens moet vra:- Tot wie spreek die teks hier?
- Hoe is dit van toepassing op daardie mense of volk of individu? M.a.w. kry die volle prentjie van wat daar gebeur.
- Hoe raak dit my?
- Het dit ook iets met my te doen?
- Sê dit iets vir my vir vandag?
- Deel ek ook in daardie belofte, ens.?
As ons só te werk gaan, sal ons nie sommer beloftes vir ons self toe-eien wat nie vir ons bedoel is nie, en sal ons ook geen fout maak om baie van die beloftes wat wél vir ons bedoel is op ons van toepassing te maak nie.
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



