SAAMBLY VOOR DIE HUWELIK (1)
Meer en meer paartjies bly deesdae saam en gaan deur baie liefdes verhoudinge voordat hulle trou. Dit mag die moderne tendens wees, maar dit is beslis nie beter as die Bybelse model nie.
Volgens ‘n program op die Hope TV kanaal, is daar volgens opnames bevind dat paartjies wat saamgebly het voor die huwelik, makliker skei en in groter getalle skei, terwyl daar bevind is dat diegene wat volgens Bybelse standaarde, rein die huwelik ingaan, nie so maklik skei nie
GENIET NIE DIE INTIEME LEWE
Verder is dit bevind dat paartjies wat saam geslaap het voor die huwelik, ook nie die intieme liefdeslewe so geniet soos die wat rein die huwelik ingaan. Dit wil skyn asof eersgenoemdes met skuld gevoelens sukkel. Iemand het by geleentheid gesê: “As jy God se wette breek, breek daardie selfde wette later vir jou.”
HEGTINGS MOEG
(Hier bedoel ek paartjies wat deur baie verhoudings is.) Elke keer wat ‘n verhouding opbreek, gaan daar ietsie verlore van jou “hegtings materiaal.” Gevolglik word dit al moeiliker om weer te vertrou, jou hart oop te maak en weer te heg met ‘n ander maat.
Die ideaal is dus dat jongmense biddend moet soek na die pasmaat wat die Here vir hom of haar in gedagte het (Gen. 24:14; Ps. 47:5a). En eers dan kan hofmakery begin en uiteindelik gaan hierdie twee mense saam die huwelik in. Ek wil glo dat dit ‘n huwelik is wat in die hemel gemaak is en wat op aarde sal uitwerk.
VERGELYK VOORTDUREND
Hoe moet dit voel om getroud te wees met iemand wat jou vergelyk met die klomp ander bedmaats wat die persoon vantevore gehad het!?
Iets in teenstelling met die Bybel, kan nooit beter wees nie. Daarom wil ek glo dat paartjies wat mekaar vind soos die Woord leer “in heiligheid en eer” (1 Thess. 4:4) en “hulle onthou van hoerery” (1 Thess. 4:3) is baie gelukkiger, meer gesond, leef langer en het die seën van die Here op hulle verhouding (Spr. 10:22)!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
SAAMBLY VOOR DIE HUWELIK (2)
VRAAG VAN ‘N PASTOOR (geplaas met toestemming)Wanneer is ‘n paartjie getroud? Isak het Rebekka in sy ma se tent geneem, gemeenskap gehad en is as getroud beskou. Wanneer ‘n Boesman in die Kalahari ‘n vroutjie sien wie hy van hou, stem hulle saam hulle “like” mekaar, het seks en is getroud. Ek verstaan dat die registrasie van huwelike in SA maar omtrent 150 jaar oud is.
Ek praat saambly verseker nie goed nie. In my bediening spesialiseer ek in die trou van mense wie kerklos en kerkloos is. Kan op my 1 hand die paartjies tel wie nog nie saamgebly het nie. Ek wil net graag mense trou en los kry van die verdoemende veroordeling van mense en die kerk, en ook hulle in lyn kry met God se wil.Ons sê saambly is nie God se wil nie, en ek stem saam, maar watter Skrif gebruik jy dan om dit te verduidelik?
ANTWOORD:Ek glo dat ons moet die staat gehoorsaam (Rom 13). Dus, is ek verplig om as huweliksbevestiger die huwelik te doen volgens die voorgeskrewe manier. Dit bots ook nie met die Skrif en die kerk se manier van dinge doen nie.
150 jaar is lank! Sodra ‘n nuwe wet op die boeke is, moet ek maar onmiddellik buig anders sal al my verduidelikings niks beteken nie.1 Thess. 4:3 – “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;”
1 Thess. 4:4 – “dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,”
1 Thess. 4:5 – “nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;”
Kyk weer na die woorde: “nie … soos die heidene.” As gelowiges het ons ‘n ander manier van doen. Die ongelowiges en nie-Christene, hulle bly saam sonder om ‘n oog te knip. Moet ons dan nie anders wees en in heiligheid en in die vrese van God wandel wat hierdie sake betref nie?Sedert Isak en Rebekka se dae het dinge ook baie meer struktuur gekry en het die kerk sy manier van doen begin ontwikkel en so het die moderne huwelik sy beslag gekry. Hulle seremonie was goed vir hulle en hulle tyd en die hele gemeenskap het dit aanvaar. Toe was daar ook nog nie ‘n staat waar die inskrywing bygehou moes word in die volksregister nie. Moet ons nou vir elke dingetjie terug gryp na 4 000 jaar gelede se kultuur gebruike net omdat dit in die Bybel voorkom? Dan moet ons ook nie meer met motors ry en van vliegtuie gebruik maak nie. Dan moet ons ook Oosterse klere dra en nie meer op horlosies kyk nie, maar praat van die 1ste, 2de, 3de en 4de nagwaak! Of hoe!?
In S.A. word die huwelike vanaf Jan van Riebeeck se dae ordelik deur die kerk gedoen en kan alle huwelike selfs vandag nog in die Kaap se argief nagespeur word.Om die huwelik soos ons dit vandag ken en deur die kerk bedryf word sommer weg te gooi, dink ek gooi ons ‘n groot stuk inspraak van die Heilige Gees weg wat ons tog geleer en gelei het in die ontwikkeling van baie aspekte van praktiese dinge (Joh. 16:13).
Ek is van oortuiging dat as ons die huwelik soos wat ons dit tans in die kerk het, gaan verander, soek ons vir groot chaos en ongekende morele verval.Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



