Naäman en Gehasi/ Die Here is El Shaddai (1)
(Roza Combrink)
(Roza Combrink)
VOLG HULLE VOORBEELD
Bevind jy jou in ‘n uiters benarde toestand? Dis al vir weke wat jy gebuk gaan onder hierdie las en jy weet nie herwaarts of derwaarts nie. Jy het al omtrent alles probeer om uit die ding te kom, maar voorwaar, daar kom nie beterskap nie. Vanuit ‘n menslike oogpunt is daar ook nie ‘n uitkoms nie.
WAT SAL DIE MENSE SÊ
Ons is in hierdie wêreld en kan ons nooit losmaak van mense of leef asof ander nie bestaan en asof ek en jy die enigste wesens op aarde is nie. Wat ons doen en wat ons sê, raak verseker andere om ons.
SOOS GOEIE VYE
Dit is vlak voordat die Suidelike Ryk van Israel (Juda) in ballingskap weggeneem sou word uit hul geliefde land deur die koning van Babilonië waar hulle vir 70 moes bly. In dié tyd gee die Here aan die profeet Jeremia ‘n gesig van twee mandjies vye. Die een mandjie bevat goeie vye en die ander mandjie is vol slegte vye. Die slegte vye word gesimboliseer deur diegene wat sou agterbly in Juda.