• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

NG Gemeente Swartland 25 Apr 2010

swartland-ng-kerk

Program van die week
Sondag 25 April
09:30 Ogg.diens – Ds Johan O’Kennedy
Geen Kinderkerk en Modkats
Sin. Deurkollekte: Zimbabwe, Malawi en Mosambiek
Opbrengs: BADISA – R1 541.15

 Volgende Sondag 2 Mei 2010

09:30 Doopdiens– Ds Friedrich Claassen

09:30 Kinderkerk. Modkats direk na erediens

Spes Deurkollekte: Kinderhuise

18:30 Tekkiediens

Maandag 26 April 2010

Geen Kooroefening

Woensdag 28 April 2010

Wyksbidure en Plaaswyksbidure

Oos 11: Mev Lucille Carstens, Rainierstr 15 om 18:00

Tierfonteinwyk: Mnr en Mev Jacques Oosthuizen, Twisfontein om 19:30

Suid 10/11: Mnr & Mev Flip Gerber, Auctionstr 29 om 18:30

Sen 3/4: Mnr & Mev Klasie Rust, Rainierstr 9 om 19:00

JB-Groep om 19:00 Jeuglokaal

Besoekers

Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Ons is gewone mense wat streef om ons buitengewone God baie plesier te gee. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.

 

Gebedsgroep-Mev Sus Hagen

30 April om 09:00.

Tema: Saamstem in gebed deur Janet van Zyl

Ef 6:18 en Mark 1:35

Projekte

DANIËL KONFERENSIE

Die konferensie word van 30 April – 1 Mei 2010 in die De Bron Teater in Malmesbury aangebied.

Koste: R200

Vir meer inligting kontak Frans Meintjes by  082 460 7593.

Die Tema: Leef as man van God

Kom hoor wat is op God se hart vir jou.

By die deure is pamflette aangaande die Daniël Konferensie.

 

KLEINGROEPFASILITEERDERS (KATEGETE)

Het jy dalk ‘n passie vir jongmense?

Wil jy dit nie dalk oorweeg om by die Modkats program betrokke te raak nie?

Kontak vir Ds Friedrich Claassen by 082 521 4211

BEDANKING: Mev Betsie Kellerman wil graag baie dankie sê vir die mooi blomme wat sy verlede Sondag ontvang het. Ook dankie aan Ds Gert Hattingh vir sy besoek. Dit word opreg waardeer.

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Plaas asb die aankope in die koshouers by Pick & Pay en Raimondi’s.

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

HOUTKRUIS-MUSIEKSPEL

Met die mooiste gospeltreffers in Afrikaans. Hierdie Kind – Via Dolorosa -  Gebed – Houtkruis

10-13 Mei in HJS Skoolsaal, Paarl. Kaartjies vanaf 12 April. Kontak  021-872 2875. R60 volw – R40 skoliere.

Daar was ‘n houtkruis… en daarom SAL EK SING!!!

Kommissie-vergaderings

Vergaderings vind soos volg plaas:

 

3 Mei -            18:00: Leer & Toerusting

                                     Versorging

                        19:00: Eiendomme

                                    Jeug & Gesin

4 Mei -            18:00: Getuienis

                        19:00: Erediens & Sang

 5 Mei -           18:00: Finansiële Komm.

GEBEDSBLAD
Ons dink aan die wêreld
  • Ons doen voorbidding vir New Zealand en Honduras . Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.
Ons dink aan Suid-Afrika
·         Ons bid vir goeie reën in gebiede waar dit nog geweldig droog is
·         Ons bid vir vrede in hierdie mooi land van ons
Ons dink aan ons omgewing
  • Daar is baie verskillende kerke in ons dorp, maar verskille moet gerespekteer word en nie vir ons kwaad maak nie.  Almal probeer tog om God se koninkryk uit te brei.
  • Ons bid vir wonderlike nuwe projekte wat nou ontwikkel word in ons dorp bv. die bou van die nuwe pad.

Ons dink aan ons gemeenskap

  • Voorbidding vir die Daniël Manne konferensie op 30 April en 1 Mei
Compassionate Friends

Myrtle Fleming, nasionale voorsitter van die organisasie besoek Malmesbury op 28 en 29 April. Die organisasie ondersteun ouers wat ‘n kind aan die dood afgestaan het.  Indien u ‘n afspraak met Myrtle wil maak kan u haar op 28 April kontak by 022-487 3115 en op 29 April kontak by 022-487 1142.

Lidmaatskap ontvang: Johannes Petrus Cornelius Mostert en Gertina Anna Catharina Crous (nou Mostert), Vredestraat 10, voorheen van Swartland-Noord

 

Baie welkom in ons gemeente!!!

Sokkerwêreldbeker

Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:

Argentinië: Populasie: 40,913,584

Ongeveer 94% van die bevolking is christene

 

Drie gebedsversoeke:

1.  Bid vir die voortgesette Bybel vertalings projek

2.  Bid vir die ongeveer half-miljoen Jode wat hier woon

3.  Bid dat Argentyne in hul feesvierings oor hul vryheid ook herinner sal word om te soek na opregte vryheid.

Ivoorkus:    Populasie: 20,617,068

Net minder as 32% van die land glo in Jesus die grootste godsdiens is Islam

 

Drie gebedsversoeke:

1.         Bid vir stabiliteit in die land, versoening tussen die twee verdeelde streke. Tot datum was daar nog nie ’n vrye verkiesing.

2.        Loof God vir die snel groei tussen evangelistiese kerke – gelowiges het verdubbel sedert 1990

3.       Bid vir die veiligheid van sendelinge in die land

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Louise Euvrard, Amandelrug nr 17, verjaar 29 April.

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

 Tekste vir die week 25 April – 1 Mei

Fokusteks:    Handl 9:36-43

Ander tekste: Ps 23;  Openb 7:9-17;  Joh 10:22-30

Fokusteks vir 2 Mei: Joh 13:31-35

You are here: News Church NG Gemeente Swartland 25 Apr 2010