• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

NG Gemeente Swartland 22 Aug 2010

swartland-ng-kerk
Program van die week
Sondag 22 Augustus
09:30 Nagmaal – Ds Friedrich Claassen
09:30 Nagmaal: Aandsk – Ds Johan O’Kennedy
Geen Kinderkerk
Modkats direk na erediens tot 11:15
Aand: Huiskerk -soos gereël in wyke

Spes. Deurkollekte: Straatwerk

Opbrengs Bediening aan Dowes: R2119.10

Volgende Sondag 29 Augustus 2010

09:30 Dankdiens– Ds Johan O’Kennedy

09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Modkats direk na erediens tot 11:15

Spes. Deurkollekte: VCSV

Lofprysingsaand is gekanselleer a.g.v koor saamtrek by NG Parke Gemeente, Kraaifontein

Dinsdag 24 Augustus

Kooroefening om 19:00

Woensdag 25 Aug - Plaaswykbidure

Droëvleiwyk:

Lothar & Alta Buhr, Helderfontein om 19:30

Grasrugwyk:

Truter & Maralize de Kock, De Grendel om 19:00

19:00 – JB-Groep

Jeuglokaal

Huiskerk- Leiersklas vir aanbieders van Huiskerk word aangebied na die erediens deur Ds Friedrich Claassen

Besoekers

Welkom aan alle besoekers.  Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Vrydag 27 Augustus 2010

GEEN GEBEDSGROEP BYEENKOMS NIE.

PROJEKTE

Avontuurkamp 23–27 Sept. Enige Gr 10 en 11 leerder wat kamp wil bywoon, kontak Ds Friedrich Claassen by 082 521 4211.

AMOS PLAASWERKERSKAMP 17–19 September 2010

Vanjaar se Amoskamp by  Kultuursentrum, Melkbosstrand.  Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar.  Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase. Plek vir 100 persone. Kontak Ds Gert Hattingh by 022-48 71539 vir verdere navrae.

Komende produksies deur Teaterwerksgroep aangebied in De Bron Teater op 11 September 2010

10h00So 'n bek moet jêm kry

(Kinderteater met tema: idiome)

R30 per persoon

19h00: Die Naaimasjien met Sandra Prinsloo

R100 per persoon

Kaartjies is by Kerkkantoor beskikbaar

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas en ook by

Malmesbury SPAR

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

‘n Wykraadsvergadering vind plaas op 2 Sept om 19:00. Die inligtingsessie van 9 Sept verskuif dan na 16 Sept om 19:00

Jan Kriel Instituut is opsoek na bemarkings-items vir 1 800 x "goody bags" vir die Medihelp Tekkie Challenge 2010 sportontwikkeling op Saterdag, 11 September by Jan Krielskool aangebied word.  As u kan help skakel Suzette by 021 903 0434. wat ten bate van

Die Kerkbode van 20 Aug is in die vakkies by die deure beskikbaar

GEBEDSBLAD

Ons dink aan die wêreld
  • Ons bid vir ons gemeente kinders wat regoor die wêreld werk. Dat hulle staande sal bly in die geloof en Getuies vir God sal wees.
Ons dink aan Suid-Afrika
  • Daar is steeds dele in die land wat droogte beleef.

Ons dink aan ons gemeenskap

  • Ons doen voorbidding vir ons families in die dorp. Daar word groot uitdagings aan families gestel. Ons bid dat God sentraal binne die familie struktuur sal wees.

Ons dink aan ons gemeente

  • Charlotte Scheepers wat steeds in Panorama in die hospitaal is.
  • Abie Kriel in Aandskemering
  • Mev Hannah Bester, Aandskemering se skoonsuster is oorlede – ons innige simpatie
  • Dries Keyser, Piet Retiefstraat - gesondheid
  • Johan Cilliers, Auctionstraat - operasie in Panorama Hospitaal

Tekste vir die week 22 Aug tot 28 Aug

Fokusteks: Jes 58:9b-14

Ander tekste: Ps 103:1-8;  Hebr 12:18-19;  Luk 13:10-17

Fokusteks vir 29 Augustus: Luk 14:1, 7-14

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mnr Frank Venter, Hofstr 3,  24 Aug

Mnr Japie Smit, Auctionstr 29,  26 Aug

Me Maria Grobbelaar, Omega w/s, 28 Aug

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

Lidmaatskap ontvang:

Huibrecht Johanna Elizabeth Schreuder, Aandskemering, voorheen van Swartland-Noord gemeente.

Baie welkom in ons gemeente!!

Lidmaatskap ontvang:

Gert Andries Johannes Schreuder en Huibrecht Johanna Elizabeth Gagiano (nou Schreuder) Rainierstr 13, vanaf Swartland-Noord gemeente.

Baie welkom in ons gemeente!!

Het u meubels wat rondstaan en onnodig is? Die Nagskuiling benodig dringend sitbanke vir die sitkamer. Benodig ook nog gordynrelings. Indien enige iemand kan help, skakel die kerkkantoor. Baie dankie.

GEMEENTE BASAAR – 28 Aug

 Dis weer die tyd om lekker basaar te hou.  Ons spring weg met Vrydagaand se “steak”-braai om 19:00.

Die vure gaan al vanaf 18:00 brand. Die kaartjies is nou beskikbaar by die kerkkantoor. R80 per volwassene en R50 per laerskool kind. ‘n Beperkte aantal beskikbaar

BASAARKOMMISSIE:

Konvenors:

Sameroepers: Charles en Alet Hamman                          083-698-3405

Vleis: Kobus Smit                                                                48-22053 / 082-740-6848

Groente: Louw Benade                                                      083-298-0951

Koeke en Terte: Anneli Botha                                          48-22187 / 082-806-9966

Brood en Beskuit: Mariaan Du Plessis                          083-457-8456

Klein koekies: Ousus Baard                                            48-22412

Poeding: Wilma Rossouw                                                48-65831

Allerlei: Marianna Barnard                                               48-24298

Pasteie: Selma Swart                                                       48-21947

Elma Punt                                                                           48-22428

Mollie Louw                                                                        48-22438

Handwerk: Annette Frank                                              48-22592

Mirna Barnard                                                                  48-21793

Wit Olifant: Marí Roux                                                    48-22676 / 083-230-5022

Pannekoek: Mariëtte Malan                                         48-21207

Tee/Koffie Kafee: Mia de Beer                                   082-325-9330

Speelgoed: Paula Basson                                           084-734-5107

Veeveiling: Du Toit Dürr                                              082-454-6801

Verwerkte produkte: Desireé Dürr                          48-22802 / 082-856-7773

Wegneem-etes: Verskillende persone -

Swartland-Noord Gemeente – NG Vrouediens se algemene byeenkoms 7 September om 19:00 by Swl-Noord Kerksaal.  Die gasspreker is Ds Marius Falck.

Toegang R20 p/p en sluit tee en verversings in.  Mans ook welkom!!!

Neem kennis:

Die koster, Huibrecht Moolman se selnommer het verander. Haar nuwe nommer is 084 771 3524

You are here: News Church NG Gemeente Swartland 22 Aug 2010