Program van die week
Sondag 2 Mei
09:30 Ogg.diens – Ds Friedrich Claassen
09:30 Kinderkerk.
Modkats direk na erediens
Spes. Deurkollekte: Kinderhuise
Opbrengs: Zimbabwe, Malawi en Mosambiek – R982.75
Arbeidssondag en Sinodale Bid en Dankdag
Volgende Sondag 9 Mei 2010
09:30 Oggenddiens– Ds Gert Hattingh
09:30 Kinderkerk.
Modkats direk na erediens
Spes Deurkollekte: Ramot
18:30 Lofprysingsaand: Alwena v.d Vyver
Maandag 3 Mei 2010
19:00 - Kooroefening
Woensdag 5 Mei 2010
Plaaswyksbidure
Kalbaskraalwyk: Mnr en Mev Charles Hamman, Uitspan om 19:30
Suidwyk 6/7: Mnr Derick Binneman, Houtstr 16 om 15:30
Vlakfonteinwyk: Mnr en Mev Johan Conradie, Wolwedans om 20:00
Babylonstorenwyk: Soos gereël in die wyk
JB-Groep in Jeuglokaal om 19:00
BesoekersWelkom aan alle besoekers.
Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Ons is gewone mense wat streef om ons buitengewone God baie plesier te gee. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!
Nuwe IntrekkersBaie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.
Gebedsgroep-Mev Sus Hagen7 Mei om 09:00.
Tema: Die Smeekgebed deur Tertia O’Kennedy Jer 17:7 en Tit 2:7
Projekte
Kommissie-vergaderingsVergaderings vind soos volg plaas:
3 Mei - 18:00: Leer & Toerusting
Versorging
19:00: Eiendomme
4 Mei - 18:00: Getuienis19:00: Erediens & Sang
6 Mei - 18:00: Finansiële Komm.
10 Mei - 19 :00 :Jeug en Gesin
Let wel: Die Jeug en Gesin kommissie vergadering geskuif na Maandag 10 Mei om 19:00. Baie dankie.
Byeenkoms Mighty Men en Daniël Konferensie. Woensdag, 12 Mei om 19:00 in die SaalSwartland-Noord gemeente wil graag ‘n byeenkoms reël waar die manne van die Mighty Men en die Daniël Konferensie terugvoer gee oor hul belewenis daar. Almal is welkom om saam te kom luister. Enige belangstellendes - kontak asb. Swl-Noord Kerkkantoor by 022 482 1407 voor 10 Mei.
Tekste vir die week 2 Mei – 8 Mei
Fokusteks: Joh 13:31-35
Ander tekste: Handl 11:1-18; Ps 148; Openb 21:1-6
Fokusteks vir 9 Mei: Joh 14:23-29, 5:1-9
ACVVOnbederfbare produkte vir behoeftiges
U kan steeds bydra tot hierdie projek. Plaas asb die aankope in die koshouers by Pick & Pay en Raimondi’s.
Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:Suid: Tuna en/of Spaghetti
Oos: Rys en/of Tamatievis
Wes: Macaroni en/of Blikkiesvleis
Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk
Baie dankie vir u ondersteuning!
HOUTKRUIS-MUSIEKSPELMet die mooiste gospeltreffers in Afrikaans. Hierdie Kind – Via Dolorosa - Gebed – Houtkruis
10-13 Mei in HJS Skoolsaal, Paarl. Kaartjies vanaf 12 April. Kontak 021-872 2875. R60 volw – R40 skoliere.
Daar was ‘n houtkruis… en daarom SAL EK SING!!!
Pinkster Biduur
Ons wil almal uitnooi om die week van 16 Mei tot 23 Mei Pinkster Biduur by te woon. Die biduur word gelei deur Ds Johan O’Kennedy en begin met voorafsang om 18:45.
GEBEDSBLADOns dink aan die wêreld
- Ons doen voorbidding vir Frankryk en Noord-Korea . Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.
- Ons dink aan al die siekes reg oor Suid-Afrika.
- Ons bid vir mense wat finansieël swaarkry.
- Ons bid vir volharding en deursettingsvermoë
- Ons bid vir die funksionering van die Nagskuiling en dat ons mense, wat by ons deure aanklop, reg sal behandel.
Ons dink aan ons gemeenskap
- Mev Keulder, Aandskemering, is verlede Sondag oorlede.
- Voorbidding vir Carika Theron, voorheen van Malmesbury, wat opgeneem is in die hospitaal.
- Mev Mariëtte Malan in Panorama Medi Kliniek na operasie
- Mev Anita Thiart is ongesteld en sterk tuis aan
Volgende Sondagaand om 18:30 lei Alwena van der Vyver ons in ‘n aanbidding en lofprysingsaand. Dit is ook ons Bid en dankdag vir oeste en ons wil ook op hierdie wyse vir die Here dankie sê vir die afgelope seisoen se oeste, maar ons ook verootmoedig en bid vir die volgende seisoen wat op hande is. Alwena bedien volwassenes sowel as kinders. Offergawes by die deure gaan om die onkoste te dek. Almal is welkom! Bring gerus u vriende saam!
Iets oor Alwena van der Vyver ...
Alwena is een van weinig Gospelkunstenaars met ‘n volwasse-, sowel as ‘n kinderbediening. Sy tree gereeld op tydens eredienste, gesins- en kinder-dienste, feeste, damesoggende en -kampe, gemeentekampe en ander geleenthede. Met meer as 26 jaar se betrokkenheid in gemeentes as musiekleier/orrelis/pianis, word sy gereeld genooi om Praise- en Worship-kursusse vir gemeentes aan te bied.
Baie dankie vir almal wat betrokke was en almal wat help kos maak het met die Wegneem-ete van Vrydag 23 April. Dankie ook vir almal wat die ete ondersteun het, ons het ‘n wins van R4 472.00 gemaak t.b.v die oortrokke bankrekening.
Sokkerwêreldbeker
Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:
Frankryk: Populasie: 64,057,792
Persentasie gelowiges: Rooms-Katoliek 83-88%, Protestant 2%, Jode 1%, Moslem 5-10%, ander 4%
Drie gebedsversoeke:
1. Prys God vir die groei in die evangelie oor die afgelope 40 jaar
2. Islam is tans die 2de grootste geloof in Frankryk – daar is 100 Christen werkers wat uitreik na hulle.
3. Bid vir meer werkers en dat Moslems tot geloof sal kom in Jesus Christus as hul Verlosser
Noord-Korea: Populasie: 22,665,345Persentasie Christen: Die Boeddhiste geloof is al wat vrylik toegelaat word
Drie gebedsversoeke:
1. Loof God dat die Noord Koreaanse sokker span toegelaat is om in Suid-Afrika deel te neem.
2. Bid dat die spelers in aanraking mag kom met Christene in Suid-Afrika en
dat dit ’n geleentheid mag wees om die Evangelie van Christus teruggeneem mag word na hul land.
3. Bid dat die huidige leier Kim Jong II ‘n gelowige word
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:Mev Joey Louw, Annahof, verjaar 2 Mei
Mev Anna Swanepoel, Aandskemering, verjaar ook 2 Mei
Mev Neelsie Huysamen, Aandskemering, verjaar 4 Mei
Mevv Ria Bester en Alida Lombard, albei van Aandsk, verjaar 6 Mei
Mnr Andries Strydom, Loedolfstraat, verjaar 8 Mei
Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.
Saamsing by Gawie en Sus Hagen, Skoolstr 36‘n Behoefte het ontstaan deur gemeentelede om weer, soos in die verlede, saam te sing. Ons sing uit die Liedboek, Halleluja ens. Die eerste byeenkoms is 23 Mei om 19:00. Klavierbegeleiding is Sunette Botha. Ander instrumente kan ook saam gebring word. Kom en geniet ‘n heerlike saamsing aand!!!



