ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland - Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef - Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
VANDAG
09:30 Ogg.diens – Ds Friedrich Claassen
09:30 Kinderkerk. Modkats na die erediens
Sin. Deurkollekte: BADISA
Opbrengs: Hugenote Kollege-Ontwikkelingsfonds: R1 384.00
18:00 Diens Aandskemering- Ds G Hattingh
18:30 Tekkiediens – Swartland-Noord
Volgende Sondag 25 April 2010
09:30 Ogg.diens– Ds Johan O’Kennedy
Geen Kinderkerk en Modkats
Sin Deurkollekte: Zimbabwe, Malawi en Mosambiek
Woensdag 21 April 2010
Wyksbidure en Plaaswyksbidure
Oos 8/9/10: Mev Annette Frank, Loedolfstr 37A om 19:00
Suid 8/9: Mev Pearly Kotze, Victoriastr 24 om 18:00
Sen 1,2: Mnr & Mev Michiel Smuts, Walt Disney Slot nr 4, Johan Moller Landgoed om 19:00
Slotwyk: Mnr & Mev Riaan du Toit, Uitsig, om 20:00
JB-Groep om 19:00 Jeuglokaal
Donderdag 22 April 2010
Droëvleiwyk:Mnr & Mev Louis Bester, Helderfontein om 19:30
Besoekers
Welkom aan alle besoekers.
Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Ons is gewone mense wat streef om ons buitengewone God baie plesier te gee. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!
Nuwe IntrekkersBaie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.
Gebedsgroep-Mev Sus Hagen25 April om 09:00.
Tema: Doen alles deur gebed -
Ef 6:18. Die boekie van Radio Kansel – Die woord vir vandag, word gebruik.
Projekte
DANIËL KONFERENSIEDie konferensie word van 30 April – 1 Mei 2010 in die
De Bron Teater in Malmesbury aangebied.
Koste: R200
Vir meer inligting kontak Frans Meintjes by 082 460 7593.
Die Tema: Leef as man van God
Kom hoor wat is op God se hart vir jou.
By die deure is pamflette aangaande die Daniël Konferensie.Kommissie-vergaderings
Vergaderings vind soos volg plaas:
3 Mei - 18:00: Leer & Toerusting; Versorging
19:00: Eiendomme; Jeug & Gesin
4 Mei - 18:00: Getuienis19:00: Erediens & Sang
5 Mei - 18:00: Finansiële Komm.KLEINGROEPFASILITEERDERS (KATEGETE)
Het jy dalk ‘n passie vir jongmense?
Wil jy dit nie dalk oorweeg om by die Modkats program betrokke te raak nie?
Kontak vir Ds Friedrich Claassen by 082 521 4211
ACVVOnbederfbare produkte vir behoeftiges
U
Pick & Pay en Raimondi’s.
Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:Suid: Tuna en/of Spaghetti
Oos: Rys en/of Tamatievis
Wes: Macaroni en/of Blikkiesvleis
Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk
Baie dankie vir u ondersteuning!
WEGNEEM-ETES
Wegneem-etes is beskikbaar op 23 April tussen 12:00 en 13:30 by die NG Moedergemeente Kerksentrum.
2x Gevulde pannekoeke en slaai vir R25 p/p. Poeding is R5 p/p. Kaartjies by Kerkkantoor 022 482 2411
HOUTKRUIS-MUSIEKSPELMet die mooiste gospeltreffers in Afrikaans. Hierdie Kind – Via Dolorosa - Gebed – Houtkruis
10-13 Mei in HJS Skoolsaal, Paarl. Kaartjies vanaf 12 April. Kontak 021-872 2875. R60 volw – R40 skoliere.
Daar was ‘n houtkruis… en daarom SAL EK SING!!!
GEBEDSBLAD
Ons dink aan die wêreld
- Ons doen voorbidding vir New Zealand en Honduras . Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.
Ons dink aan Suid-Afrika
- Ons bid vir ds Wikus van der Walt en ander Sendelinge in God se Koninkryk. Hulle verhouding met die Here, om getrou te wees met Bybelstudie, gebedslewe en geestelik sal groei.
Ons dink aan ons omgewing
- Ons bid vir die onderhandelings en samewerking tussen die Munisipaliteit en die Unies.
- Bid vir die onmin in ons Skole.
Ons dink aan ons gemeenskap
- Mev Marna Coetsee, Loedolfstr 45, is in Panorama Hospitaal vir toetse.
- Mev Adri van Heerden, Rothmanstraat 13, is ernstig siek by die huis
- Mev Betsie Kellerman, Pleinstraat 8, sterk tuis aan na ‘n operasie
- Mnr Stephan Basson, Doornfontein, is in Durbanville Hospitaal vir ‘n operasie.
BEDANKING: Ons wil baie dankie sê aan die persoon wat vir ons bemesting gelewer het by die Kerk. Dit word opreg waardeer.
Tekste vir die week 18 April – 24 AprilFokusteks: Handl 9:1-6 (7-20)
Ander tekste: Ps 30; Openb 5:11-14; Joh 21:1-19
Fokusteks vir 25 April: Handl 9:36-43
Baie geluk aan Lize Spies. Sy is aangewys as Malmesbury se nuwe junior Burgemeester. Sterkte vir die toekoms en ook die projekte wat jy mag aanpak.Baie dankie aan ons Gholfdag komitee, helpers, borge en spelers wat meegewerk het om van ons gholfdag ‘n reuse sukses te maak. Dit was voorwaar ‘n geseënde dag!!
BEDANKING:
Nicoleen Mouton en haar kinders wil vir almal wat vir ons bygestaan het deur ons hartseer tyd, baie baie dankie sê! Elke vorm van ondersteuning word opreg waardeer! Ons loof en prys die Here vir so ‘n Omgee-Gemeente! Baie dankie!
SokkerwêreldbekerOns doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:
New Zealand: Populasie: 4,213,418
Net meer as 50% van die bevolking sien hulleself as Chrsitene
Drie gebedsversoeke:
1. Bid vir wysheid vir die kerk van
2. Bid vir die meer as 100,000 Polinesiërs wat veral in
3. Bid vir ’n nuwe generasie van sterk Christen Maori leiers
Persentasie Christene 97% Roomse Katoliek, 3% Protestant
Drie gebedsversoeke:
1.Bid dat die 2010 Sokker Wêreld beker vir hierdie land ’n positiewe ervaringsal wees wat help met eenheid.
2.Bid vir die tien duisende jongmense wat vasgevang is in bendes, sowel as vir
die mense wat deur hierdie misdaad geraak word.
3. Bid dat die geweld misdadigers in die bendes, bekend as “maras” wat in diearm woonbuurte werk, gevang sal word.
Die Kerkbodes van 16 April is in die vakkies by die deure beskikbaar.Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
Mev Margie Rust, Aandskemering, verjaar 23 April
Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.
‘n Huweliksbevestiging op 24 April: Deon Lerm, Overgaauw Slot 2, Zevendal Estate, Kuilsrivier (Kleinseun van mev Annie Ritter) en Jo-Mari Rossouw, Sultanweg 20, Die Boord, Stellenbosch. Sy is die dogter van Kees en Joey Rossouw van Wolwedans Baie geluk en seënwense vir die pad voorentoe.



