• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

NG Gemeente Swartland 14 Maart 2010

swartland-ng-kerk

1. EREDIENSTE:
09:30    :  Oggenddiens : Ds Gert Hattingh
09:30    :  Kinderkerk (Kerksentrum)
              :  Modkats direk ná die erediens (geen modkats vir Gr 7)
09:00    : Diens by LSS deur Ds Friedrich Claassen

Huiskerk: soos gereël in die wyke

Leiersklas vir aanbieders van Huiskerk (na erediens) : Ds Gert Hattingh

2.  Spesiale Deurkollekte vanoggend vir die Murray Kinderhuis, Wellington.

Aanstaande Sondag ‘n Sinodale deurkollekte vir Gemeente-ontwikkeling

Die Raad vir Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking is ‘n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede, maar ook gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie alleen die kapasiteit het om hierdie uitdaging te hanteer nie.  Dit wil die missionêre uitdagings wat ‘n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ‘n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks.

Opbrengs van kollekte vir Canzibe, Transkei verlede Sondag:  R3291.85.  Baie dankie hiervoor

3.  Kleingroepfasiliteerders (Kategete):

Het u dalk die gawe van onderrig en ‘n passie vir jongmense? – sal u dit nie asb oorweeg om by die Modkats (Kategese) betrokke te raak nie?  Kontak asb vir Ds Friedrich Claassen – 082 521 4211.

4.  Geletterdheidskursus:   Vier gewillige persone word nog benodig om die kursus aan persone wat nie kan lees of skryf nie, aan te bied.   U hoef nie ‘n onderwyseres te wees nie – volledige kursusse word aan u voorsien.

Kontakpersoon:  Tertia O`Kennedy – Tel:  022/48-21231

5.  Nuwe tye vir “Rond-om-Talie” Tweedehandse Klerewinkel – (in die vertrek regoor die kerkkantoor (Tesourierskantoor):

Maandagmiddae  :  14:00 – 16:00

Woensdag-oggende  :  10:00 – 12:00

6.  PROGRAM VIR DIE WEEK:

Maandag         15 Mrt:             19:00 Kooroefening

PLAASBIDURE

 Woensdag 17 Mrt:                                           

Weswyk 19:30 Preekstoelwyk (Diak Dürr) by Mnr en Mev Tienie Dürr, Preekstoel

Suidwyk 19:30 Doornfonteinwyk (Oudl Basson) by Mnr&Mev Stephan Basson,Doornfontein

Ooswyk 19:30 Riebeeksrivierwyk (Oudl Walters) by Mnr en Mev Jan Walters, Leliefontein

JB-Groep 19:00

Donderdag 18 Mrt: 18:30 VCSV-kringe

Vrydag 19 Mrt: 09:00 Gebedsgroep (Skoolstraat 35)

18:30 Koffiekroeg – Kerksaal Swartland-Noord

7.  LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:

Mev Ella Moller, Aandskemering,  18 Maart

Ons wens u van harte geluk en die Heer se ryke seën toe.

Voorbidding:

Mnr Johnny Mouton (Reservoirstr) is Dinsdag oorlede.  Ons dink in besonder aan Nicoleen, die kinders en die familie. Mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.

Leraar wat aanstaande Sondagoggend die erediens waarneem:  Ds Friedrich Claassen

8.  Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 14 – 20 Maart 2010:

Fokusteks: Ps 32

Ander Tekste: Jos 5:9-12;  2Kor 5:16-21;  Luk 15:1-3, 11b-32

Fokusteks vir 21 Maart: Joh 12:1-8

9.  Aandskemering – Besoek van CLF

Donderdag 18 Maart om 09:30 besoek die Christelike Lektuurfonds Aandskemering. ‘n Motiveringspraatjie en uitstalling word gehou.  Almal is welkom om die geleentheid by te woon. Kontak Aandskemering vir meer besonderhede 022 48-21466

10.  ACVV:  Skenking van onbederfbare produkte vir behoeftiges:

U kan steeds u bydraes hiervoor gee.   ‘n Vriendelike versoek dat u dit asb in die koshouers by Pick&Pay of Raimondi`s sal plaas.   Baie dankie vir u ondersteuning.  Die nodige voedselsoorte is onder die 4 leraarswyke ingedeel waarvolgens u asb u bydraes kan gee.

Suidwyk: Tuna en/of Spaghetti

Ooswyk: Rys en/of Tamatievis

Weswyk: Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraalwyk: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk

11.  Die kwessie van saamwoon – Dr Chris Jones praat oor hierdie aangeleentheid vanaand om 18:30 by Swartland-Noord (kerkgebou).    Sou lidmate dit wil bywoon, kan ouderlinge die tyd vir hul Huiskerk-byeenkoms verander.

12. Die volgende Lidmate is by die Kerkraadsvergadering van 25 Februarie 2010 gekies om op die Kerkraad te dien.

Suidwyk

Suid 5     Marilize van Deventer (Dienswerker-diaken)

Suid 12  Janet Visagie (Dienswerker-diaken)

Suid 16  Tania Smit (Dienswerker-diaken)

Suid 21  Anna Lesch (Dienswerker-diaken)

13.    Lidmaatskap ontvang

Tania Swart, nou Snyman, voorheen vanaf Hazyview

Pieter Cornelius Venter en Sandra Smit, nou Venter, voorheen vanaf Die Parke Gemeente Kraaifontein

Stephanus Jacobus Gouws en Jean-Pierre Gouws, voorheen vanaf Die Parke Gemeente Kraaifontein

Aan almal wil ons baie welkom heet by ons gemeente.

 14.   Daniël Konferensie

Datum: 30 April tot 1 Mei 2010 (Sluitingsdatum is 16 April 2010)

Plek  :    De Bron Teater, Malmesbury (oorkant De Bron inkopiesentrum)

Koste  : R200

Registrasie:  ‘n Registrasievorm moet voltooi word

Vir meer inligting:     

Frans Meintjes               082 460 7593

Pieter Malherbe             082 494 2132

Dirk vd Linde                 083 460 2112

LEEF AS MAN VAN GOD.

Verhoudinge met God

Jou Huwelik 

Jou gesin

Jou werk en jou omgewing.

Kom hoor wat is op God se hart vir jou....

WORLD CUP MOMENT

Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die wêreldbeker deelneem:

SUID-AFRIKA

Gebeds versoeke:

Populasie:  49,052,489 (Bykans die helfte van die bevolking is jonger as 20)

Ongeveer  79.7% dui aan dat hulle die Christelike geloof ondersteun

Drie gebedsversoeke:

1 Bid vir vrede en veiligheid in die tyd van die Wêreldbeker

2 Bid vir eenheid, krag en visie van alle Christelike kerke in die land

om met hierdie geleentheid die liefde van die Here te deel

3 Bid dat God ’n verandering sal bring aan die armoede en  geweld in ons land

’n Vigs epidemie veroorsaak dat bykans 1200 persone daagliks sterf, wat ’n half miljoen kinders wees laat.

Geweld is 7 keer so erg in Suid-Afrika as in Amerika.

ITALIË

Gebedsversoeke:

Populasie: Meer as 60 miljoen waarvan 87.7%  die (baie net in naam)

Drie gebedsversoeke:

1.  Bid dat die baie Italianers wat aan betekenislose tradisies vashou ’n
lewensveranderende verhouding met Jesus Christus sal hê.

2 . Vir  leiers wat met nederigheid ’n voorbeeld kan wees vir mense om
na te volg.

3 . Bid dat die Italiane bevry sal word van die mag van die mafia

You are here: News Church NG Gemeente Swartland 14 Maart 2010