• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

NG Gemeente Swartland 12 Sept 2010

swartland-ng-kerk

Program van die week
Sondag 12 Sept
09:30 Oggenddiens– Ds Johan O’Kennedy
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum
Modkats direk na erediens tot 11:15
Sin. Deurkollekte: Teologiese Kweekskool
18:00 Diens by Aandskemering: Ds Johan O’Kennedy
Opbrengs – Inst. vir Dowes: R1961.50

Volgende Sondag 19 September 2010

09:30 Kinderdiens–Ds Friedrich Claassen

Geen Kinderkerk

Modkats direk na erediens tot 11:15

Spes Deurkollekte: Jan Kriel Skool

18:30 Bybelskool – Dr Ben du Toit

Tema: Die Belydenis van Belhar

Maandag 13 September

Kooroefening om 19:00

Woensdag 15 Sept- Wykbidure

Suid 10/11

Mnr en Mev Flip Gerber, Victoriastraat 29 om 18:30

Oos 12a, 12b, 13

Johan en Hetta Steyn, Cinsautstr 7 om 19:00

19:00 - JB-Groep

WOEKERPROJEK - 2010

Ons loods weer ‘n Woekerprojek met koeverte (terug op aanvraag van vorige deelnemers). Fondse gaan t.b.v die oortrokke bankrekening.

Ons soek 120 deelnemers (verlede jaar het 99 gemeentelede deelgeneem en was ons poging baie suksesvol).

Ons het R27 696 ingesamel. Alles is inbetaal om ons oortrokke bankrekening te verminder. Kom neem asb. deel en geniet dit. Deelnemers het verlede jaar baie verhale vertel hoe hulle gewoeker het. Deelnemers het kreatief gedink en gedoen. Hulle het hul talente ontdek en tot eer van die Here gebruik. Ons loof en prys die Here, want Hy seën ons met ontelbare seëninge.

Koeverte is na elke kerkdiens by die moederskamer beskikbaar, tot 31 Okt 2010. Ook voortdurend beskikbaar by die kerkkantoor.

Vrydag 17 September 2010

Gebedsgroep om 09:00

Tema:  Uitstappie vir bejaardes van Aandskemering

Ps 104

PROJEKTE

Die gesamentlike finalejaar katkisasiekamp van Swartland en Swartland-Noord gemeentes vind plaas DV 15-17Okt 2010 te Bridgetown, naby Moorreesburg. Indien daar enigiemand is wat ons kan help met kos soos vleis, vrugte, melk, groente, beskuit, lekkernye, plaatkoek ens. sal dit baie waardeer word. Skakel asb met ds Johan O’Kennedy.

A.g.v die wykraadsvergadering van 2 Sept. verskuif die inligtingsessie van 9 Sept na 16 Sept om 19:00

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas en ook by

Malmesbury SPAR

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

Almanak kommissie vergadering – 13 September om 18:00 in Kerksentrum

Besoekers

Welkom aan alle besoekers.

Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Tekste vir die week: 12 Sept tot 18 Sept

Fokusteks: Luk 15:1-10

Ander tekste: Jer 4:11-12, 22-28;  Ps 14

Fokusteks vir 19 Sept: 1Tim 2:1-7

GEBEDSBLAD

Ons dink aan die wêreld

 Ons dink aan Suid-Afrika

  • Voorbidding vir bestuurders op ons land se paaie.

Ons dink aan ons gemeenskap

  • Voorbidding vir die Avontuurkamp, wat plaasvind 23-27 September

Ons dink aan ons gemeente

  • Mnr Henry O’Callaghan, Cinsautstr 45, sterk tuis aan na operasie

  • Mev Elsa van Wyk, Amandelrug, se skoonseun is oorlede.

  • Mev Comien Smit, voorheen Reservoirstr en Aandskemering – Dinsdag oorlede.

  • Mnr Kalla Bester, Oranjefontein, is Woensdag oorlede.

  • Mev Rienie Nieuwoudt, Aandskemering, is Woensdag oorlede

Ons innige meegevoel aan al die families.

 Beroepingsproses

Die Kerkraad het goedkeuring gegee dat ‘n Pre-Advieskommissie saamgestel word vir die beroep van ‘n nuwe leraar in Ds Hattingh se plek. Ons wil die gemeente in die proses ken en betrek deur aan u die geleentheid te gee om name te nomineer. Nominasie vorms is by die kerkkantoor en sal ook in die nuusbrief en Boodskapper beskikbaar gestel word. Daar is ook ‘n vraelys by die kerkkantoor beskikbaar indien u insette sou wou lewer wat betref die profiel samestelling van die leraarspos. Ons hoor graag van u, want as gemeente is u deel van die beroepingsproses. Ons vra u voorbidding vir dié proses.

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Grace Lambrechts en Mnr Louis van Aarde, Aandsk, 12 September

Mev Sue Fryer, Jacominehof, 13 Sept

Me Stiena Groenewald, Aandsk, 14 September

Mevv Rina Jordaan en Beatrix Woeke, Aandsk, 15 September

Mev Irene van Wyk, Omegaw/s, 15 September

Mev Maria Kitshoff, Hofstr 19, 15 September

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

 Borgskappe vir kalender van 2011: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R800,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring.   Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde van September by die kerkkantoor ingedien word.

Lidmaatskap ontvang:

Ohna Burger (nou Strümpher), Rainierstr 46, voorheen van Lourensrivier-Strand

Baie welkom in ons gemeente!!

Kovsie Kerk fondsinsameling

Studente hou die September vakansie ‘n fondsinsamelingsmarathon deur die land en besoek Malmesbury op Vrydag 1 Oktober 2010. Ons beplan om die 70 studente van middagete te voorsien en nooi alle oud Kovsies en gemeentelede wat n bydrae wil maak om Gielie du Toit 0837752523 te kontak.

Die jaarlikse Christusfees in Porterville is vanjaar 8-10 Oktober. Indien u enige verdere inligting wil bekom, besoek www.christusfees.co.za of kontak Willie Opperman – 083 650 1640

 

You are here: News Church NG Gemeente Swartland 12 Sept 2010