• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Kinders grootmaak

02-god-van-baie-kanse
Wanneer daar gepraat word met jong ouers oor die opvoeding van hul kinders, word daar baie voorskrifte gegee oor hoe daar met die kinders gehandel moet word. Nou, voorwaar om vandag kinders groot te maak en deur die skool te sit, is ‘n enorme taak en eis van ouers alles. Dit tap jou energie, geld en uithouvermoë en baie keer jou geduld tot die uiterste ...

Ek wil glo dat die meeste ouers wanneer hulle later terugkyk, ook wonder: “Hoe het ons dit reg gekry?” Gelukkig dat mens dit in jou jonger jare moet doen (Klaag. 3:27), wanneer die energie vlakke nog hoog is.

Ek en vroutjie het vier woelwaters grootgemaak. Hulle ouderdomme wissel nie veel nie en dit het beteken: Vier is so gelyktydig in die bad. Vier is op pad kerk toe. Vier moet onder bedwang gehou word in die kerk. Tog was dit alles wonderlik en die moeite werd, want wat ons ingesit het, het ons dubbel en dwars teruggekry. Deur die Here se genade, dien hulle almal vandag die Here.

DIE VOORSKRIF

Die verhaal van Simson se geboorte bly wonderlik. Die moeder was onvrugbaar, maar dan kom die Engel van die Here en kom kondig aan dat sy gaan swanger word en ‘n seun baar. Hieroor was sy so opgewonde en het dadelik vir haar man hierdie wonderlik nuus gaan oorvertel. Haar man Manoag het in geloof gewaag om tot God te bid en iets kosbaars gevra wat elke ouer nog steeds moet vra (Rig. 13:8): “Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog ‘n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.”

Manoag en sy vrou het seker verwag dat die resep van kinders grootmaak baie voorskrifte sal hê wat die toekomstige seun betref - al die moets en moenies en die wanneers ens. Toe die Here so wonderbaarlik is en sy gebed verhoor en die Engel van die Here weer verskyn, herhaal hy sy vraag (Rig. 13:12: “Wat moet die leefwyse en die werk van die seun

wees?”

En dit is wat my tref: Toe die voorskrif gegee word, word daar niks van die eise vir die seun gestel nie, maar nét oor die voorbeeld van die ouers (Rig. 13:13, 14)! (Lees weer die vorige sin asb.)

Kinders is nabootsers – “monkey see, monkey do.” Niks ontgaan hulle ogies nie. Alles wat jy doen en sê en jou hele leefwyse gaan net so oor “gecopy” word en gaan in hulle lewens “gepaste” word.

Die boodskap uit die Bybel, in geen omhaal van vreeslike ingewikkelde terminologie; nét jou voorbeeld! Jong ouers, my beste raad: Jou voorbeeld – nét jou voorbeeld!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: News Church Kinders grootmaak