• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Hierdie Boodskap.....

02-god-van-baie-kanse

HIERDIE BOODSKAP ...
Lyk my hierdie boodskap kan ons nie genoeg hoor nie. Ons moet dit oor en oor hoor en onsself elke dag daaraan herinner.
Die ander Saterdag het ek deelgeneem aan die PPC se jaarlikse half marathon.

Vir die oningeligtes oor padwedlope mag dit dalk klink asof ek iets weet, maar ek is eintlik maar nog ‘n groentjie as dit by hierdie dinge kom. Ek is geensins ‘n top atleet nie - ek haal darem die einde met groot inspanning. Maar die les het my net weer laat besef hoe belangrik dit is ...

Wel, ek het goed begin. Nie te vinnig, my mooi ingehou. Elke km die sommetjies in my kop gemaak: 4,25 min. per km en ek kan die droom verwesenlik om die 21,1 km onder 1 uur 30 min. te hardloop. Alles het mooi volgens beplanning geloop en dit het regtig gelyk ek gaan my persoonlike beste (1:31:13) oortref.

So by die 14 km merk wil ek ‘n lekkertjie uit my agtersak met die een hand uithaal om te suig vir ‘n bietjie ekstra energie. Maar hoe ek ook al sukkel, ek kry dit net nie uit nie. Met die een arm wat ek nie meer beweeg nie, het ek klaar effens spoed verloor. Uit pure desperaatheid sit ek toe ook die ander hand by. Daar dop toe alles uit, ook die toilet papier. Dié probeer ek toe weer terug druk. In die tussentyd was ek besig om ‘n bult te klim en het my spoed drasties afgeneem. My ritme was versteur, my fokus was weg en ‘n vreeslike moegheid het oor my gekom. Dit was asof ek net nie weer op spoed kon kom nie. Dit het my letterlik 4 minute gekos.

DIE GEESTELIKE TOEPASSING

Die ou, ou boodskap in die geestelik lewe, maar so belangrik:

  • Hou jou oë op die Here Jesus (Heb. 12:2).
  • Bly die hele tyd gefokus op Hóm.
  • Die oomblik as jy jou fokus van Hom afhaal, gaan dieselfde met jou gebeur as wat met Petrus gebeur het toe hy sy oë van Jesus afgehaal het en na die branders gekyk het. Jy sink!

Daarom moet jy die hele tyd jouself herinner en motiveer en aanspoor:

  • Wat sou Jesus doen onder hierdie omstandighede?
  • Hoe sou Hy dit hanteer het?
  • Wat sou Jesus nou geantwoord het?

Dis die goue reël vir die kind van God wat hy of sy altyd en oral in elke situasie moet toepas! Moenie jou fokus verloor nie! Bly voortdurend gefokus op Jesus!

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: News Church Hierdie Boodskap.....