• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Gedigte van ROZA COMBRINK

02-god-van-baie-kanse

(Fryday Special)
GEDIGTE VAN ROZA COMBRINK
Moses
Moses sê: "Sjoe, maar my kop is seer.
Dis hierdie volk; ek kan nie meer."
God sê: "Met hul sonde maak Ek korte mette.
Klim op met die berg en kom kry twee tablette!"

Noag En Die Vloed

God sê vir Noag: "Ek het nou genoeg gehad
van al die onbeskoftigheid, baklei en haat.
Ek is besig om ‘n plan te maak
wat elke mens op hierdie aarde gaan raak."

"En wat van my en my familie vir wie my hart so bloei?"
"Noag, hoe ken jy My? Is Ek ‘n God wat die regverdige
saam met die goddelose uitroei?
A nee a, seun, skaam vir jou.
Ek is hier om te sê jy moet ‘n ark bou."
”’n Ark? Wat vir ‘n ding is dit? Ek is nou baie dom."

"Die ark gaan jul lewens red, terwyl al die ander omkom.
En Noag, dit gaan vreeslik reën, so maak jul nou maar klaar
om sommer vir baie lank in die ark, op die water te vaar."

Getrou gee God hom die hele plan,
en Noag luister so goed as hy kan.
"Dankie vir die plan, Heer," sê Noag met stemmetjie fyn.
"Maar wat gaan ek met die ding doen? Ons bly in die woestyn.
En dan's daar nog ‘n ding. Die ark is so groot dan.
Dis net ek, die vrou, skoondogters, Sem, Jafet en Gam."
Maar God sê; "Nee, daar gaan diere ook wees
want Ek gaan iets nuuts maak deur My Gees."
"En wat sê ek vir die mense as hul vra wat ek doen?"
"Sê hulle moet hul bekeer en met God versoen."

Noag en die seuns kry hout en begin bou.
En die mense lag dat hulle dubbeld vou.
"Haai, ou Noag, ons wil jou iets vra.
Moet ons solank water met emmers aandra?'
"Nee, lag maar," sê Noag. "Lag maar gerus.
Binnekort gaan julle wens jul was nie vlees nie maar vis."
Vir jare gaan die bouery voort.
En nog bedryf die mensdom elke sonde van sy soort.
Noag preek en vermaan dat hulle hul moet bekeer,
want een ding is seker; hier kom slegte weer!.
Maar hulle gaan voort om hom met minagting te bejeën.
Toe word God kwaad en sê...
"Reën!"

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: News Church Gedigte van ROZA COMBRINK