• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Die God van baie kanse (6)

02-god-van-baie-kanse
Niemand van ons hou van die Naam Judas nie. Niemand sal sommer sy kind of selfs sy hond se naam Judas gee nie, want ons verbind dit met die verraaier in die Bybel.

Maar selfs vir ‘n verraaier soos Judas het die Here baie kanse gegee. Judas was nie ‘n verraaier van die begin af nie. Ons lees in Luk 6:16 – “Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.” Hy was dus ‘n lojale dissipel van Jesus net soos die ander elf. Hy het al die wonders en tekens gesien en self ook gedoen en duiwels uitgedryf (Luk. 10:17) en al die prediking van Jesus gehoor. Maar langs die pad moes sy hart afvallig van Jesus geword het. Ons kan spekuleer en sê miskien het hy aspirasies gekoester dat Jesus ‘n politieke leier moes wees wat Israel sou bevry van die Romeinse heerskappy om weer die Koninkryk van Dawid te herstel soos wat dit eeue tevore was. Maar toe hy aanhoudend moes aanhoor hoedat Jesus daarna verwys dat Sy Koninkryk nie van benede was nie maar van bo, het hy nie langer belanggestel nie.

Wat ‘n belangrike pos het Judas nie beklee onder die twaalf dissipels van Jesus nie. Hy het tog die beurs met die geld gedra en hanteer. So, hy was ‘n ampsdraer onder die uitverkorenes van Jesus se binnekring.

Kyk net hoe lank het Jesus hom geduld en verdra:

  • Jesus moes tog geweet het dat hy van die geld gesteel het. Die geld wat o.a. deur die arm weduwees gegee is en bedoel was vir Koninkrykswerk het hy vir eie gewin wederregtelik geneem (Joh. 12:6).
  • Jesus het geweet dat sy hart afvallig geraak het (1 Sam. 16:7).
  • Toe Jesus, Judas se voete saam met die van die ander dissipels gewas het, het Hy geweet, dis daardie selfde voete wat sou loop om Hom te verraai by die Joodse Owerstes (Joh. 13).
  • Toe Jesus gesê het: “een van julle sal my verraai” (Mat. 26:21), was dit ‘n waarskuwing aan Judas gerig: Bekeer jou van jou voorneme. Jy kan nog omdraai. Hier is vir jou nóg ‘n kans – jy hoef nie die pad van die Satan te loop nie.

Uiteindelik het Judas die menigte gelei om Jesus gevange te neem in die tuin van Getsémané. Hy soen vir Jesus, as die ooreengekome teken vir die menigte, dat dít die Een is wat hulle moet gevange neem. Maar hoor nou wat sê die Here Jesus (Mat. 26:50): Vriend, waarvoor is jy hier?”

“Vriend” beteken hier: Tot by die allerlaaste oomblikke gee Jesus hom nog ‘n kans. Wil Jesus eintlik vir hom daardeur sê: “Ek het nét goeie bedoeling met jou. Bekeer jou – daar is selfs nóú nog kans!

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: News Church Die God van baie kanse (6)