• Create an account
    *
    *
    *
    *
    *
    Fields marked with an asterisk (*) are required.
01-swartland-technical-sercvices-air-con-banner-01

Die God van baie kanse 3

02-god-van-baie-kanse

Jona 3:1 – “En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom

 

Die God wat baie kanse vir die mens bied se boodskap, loop soos ‘n goue draad deur die Bybel. Hier kry ons dit weer in die bekende verhaal van Jona. Die man wat God geroep het om te gaan preek teen die sondes van die groot stad Nineve. Maar in plaas dat hy soos ‘n gehoorsame kind van God dadelik gaan, vlug hy weg in die teenoorgestelde rigting. Hy neem ‘n skip na Tarsis, “van die aangesig van die Here af weg.” (Jona 1:3d).

Vraag: Is daar ‘n verskil tussen die derduisende wat elke dag genooi word na een of ander geestelike byeenkoms om dit dan te weier, en die vlugtende Jona na Tarsis?:

  • “Ons het Sondag ‘n spesiale prediker. Wil jy nie kom nie?”
  • “Sondagaand tree die gospel sanger Danie Botha daar by ons op, wil jy nie kom luister nie?”
  • “Woensdagaand het ons ‘n selbyeenkoms by my aan huis. Hoe lyk dit, wil jy nie saam kom nie?”
  • “Ek nooi jou vir ons Tieners, Vrydagaand om 7 uur by die kerk. Kom saam man dis baie oulik?”

En dan vlug hulle met een of ander verskoning of hulle sal selfs belowe om te kom, maar hulle daag net nie op nie.

Maar die Here het ‘n sterk wind op die see gewerp sodat ‘n groot storm ontstaan het. So erg dat die seeliede bevrees was om te vergaan. Uiteindelik kom hulle tot die gevolgtrekking dat dit weens Jona se teenwoordigheid is dat die storm woed. So word Jona oorboord gegooi. Terwyl die storm op die boot bedaar, kom die groot vis deur God gestuur en sluk vir Jona in.

Vreeslik hoedat ‘n mens eers in benoudheid gebring moet word voordat hy luister na God. Ja, die prys van ongehoorsaamheid is ‘n duisend keer groter as die prys van gehoorsaamheid! Maar daar tussen die seegras om sy hoof en die maagsure van die groot vis in die donker dieptes van die see het Jona berou, want hy besef hy het verbrou en roep hy tot sy God. Johan 2:7 – “Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.”

Vlug jy ook vanaf die Here weg in jou ongehoorsaamheid aan die stem van die Here? So lank dit nog goed gaan plae dit jou nie veel nie. Maar miskien, net miskien … is dit jý met wie die Here deur hierdie boodskappie praat. Jou toestand is so benard, dit verskil weinig van die van Jona onder in die dieptes in die ingewande van die vis.

Dis toe Jona berou getoon het dat die Here die vis beveel het om Jona op die droë grond uit te spoeg en dat ons lees (Joh. 3:1): “En die woord van die Here het vir die tweede maal tot Jona gekom en …”

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
You are here: News Church Die God van baie kanse 3